Klag van haatspraak teen Malema ingedien

julius-malema

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Klag van haatspraak is teen die leier van die EFF, Julius Malema, ingedien nadat hy gedreig het om die burgemeester van Nelson Mandelabaai, Athol Trollip, se keel af te sny.

Malema het gesê: “Ons gaan ʼn burgemeester van Port Elizabeth verwyder. Ons gaan jou kom kry, wit man. Ons gaan die keel afsny.”

Die DA, van wie Trollip die nasionale voorsitter is, het dus besluit om ʼn klag van haatspraak teen Malema in te dien by die gelykheidshof.

Volgens die DA se nasionale woordvoerder, Refiloe Nt’sekhe, is Malema se stellings niks anders as haatspraak en aanhitsing tot geweld nie.

Nt’sekhe het uitgewys dat Malema self toegegee het die verwydering van Trollip het niks te doen met enige onderprestasie as burgemeester nie.

“Die DA sal nie gyselaar gehou word deur die EFF se haas om met die ANC in die bed te spring nie,” het Nt’sekhe gesê.

Die EFF het nog nie op die klag gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Hy het verseker niks van hout gemaak nie…
Ek sal graag wil he dat ‘n blanke man eendag in die parlement ‘n spreekbeurt moet he, en alles wat Malema teen blankes se, omdraai en dit teen nie-blankes se. Dan wil ek graag sien wat die reaksie is.
Hy is absoluut vol haat. Ek sal graag wil weet wat aan hom gedoen is dat hy so kwaad is.

Griki ·

Hy’t ‘n honneursgraad in Afrika filosofie. Ongelukkig is sy ego groter as wat sy IK hoog is.

Schalk ·

Julias is so ñ haatvolle mens.. hy sal eendag moet rekenskap neem met sy haatvolle dade voor di Skepper..

GRAAD ·

Terwyl julle so opkom vir Malema met ‘n graad hy het dit eers ONLANGS behaal. ‘n BCom as ek dit reg het, en ek dink nie dit is die papier werd waarop dit geskryf is nie. .. ons weet almal dat meeste van die makkers met 30% slaagsyfer oral deurkom .. hoe kry iemand met een E en 5 F’s as matrieksimbole toelating tot ‘n graad en hoe verwerf hy ‘n graad met daardie simbole tensy die slaagsyfer vir die graad ook 30% was want hy het nog nooit enige persentasie bo dit behaal nie.

Casper Labuschagne ·

Malema het vroeër hierdie jaar sy BA-Honneurs by Unisa gekry met ‘n tesis wat handel oor Afrikaans wat wit heerskappy bevorder. Na berigte is hy tans besig met sy meestersgraad.

Lollie ·

Dan wil hulle so tekere gaan oor ONS vlag? ! Malema sal absoluut niks oorkom nie. Hy kan sê en doen wat hy wil en kom weg met moord! Wens iemand is mans genoeg om hom bietjie in die bek te ruk! Almal is blykbaar bang vir hom!

ontevrede leser ·

wat sou gebeur het as dit ‘n omgekeerde kommentaar was?, dan was wit lankal toegesluit en oor ‘n jaar eers voor die hof gekom , niks anders as wetgewing wat “KORRUP” is , jy kom nie na ‘n gunfight met ‘n tipa nie

HPV ·

Mens moet in gedagte hou dat Malema nie eers amper die skerpste potlood in die blikkie is nie, dit spreek boekdele van sy meelopers , volgelinge en die wat hom glo!

HU ·

Hoe is dit moontlik om ‘n mens se lewe te dreig maar daar word net ‘n klag van haat spraak gaan oop maak. Sit almal en slaap hier waar voor het ons enig wette in die land.

Fritz ·

Lyk my hy is Ramaposa se raadgewer.
Ramaposa doen niks teen hom nie – wat anders?

Michael ·

Ek wonder wat sal gebeur as n wit man sulke dreigemente teen hom moet maak ? Sal seker die grootste rasse hofsaak in die geskiedenis wees. Malema moet groot word en saam aan die land se toekoms werk. Anders gaan ons nog slegter as ZIM raak. Dit lyk vir my of alles nou net erger word van dat Zuma weg is.

Adam ·

Malema was al groot, maar toe verloor hy gewig en word weer klein. Ongelukkig het sy brein ook gekrimp tydens die proses.

toy ·

Se my net wat gaan met hom gebeur, gewaarsku word of net ‘n boete kry en dan doen hy maar weer so iets. Hy is regtig ‘n vrot appel.

Johan ·

Ek het genoeg van die mannetjie gehad. Tyd dat hy stil gemaak word.

Elize ·

Ek dink in alle geval hy sit agter al hierdie plaasmoorde.Glo hy reël dit agteraf.Kan dit nie ondersoek word nie

Bokka ·

En wie gaan dit nogal ondersoek,hulle is almal kop en een mis.

zoom zoom ·

En watter hof gaan hom skuldig vind. Die man is untouchable

Erick ·

Maar is hy buite bereik van die Here se hand. God ken van ver elke menslike gedagte.

Isabel ·

Wie dink hy is hy nou eintlik……. hy maak asof Suid Afrika aan hom alleen behoort. Sal eerder nie se wat ek op die hart het nie…

DS ·

Dié diktator moet leer dat almal nie sy dreigemente goedkeur nie. Wonder net waar is Afriforum elke keer as die grootbek my mond oopmaak? Hy sê en doen net wat hy wil en niemand doen niks. Solank as jy ‘n kind los om tantrums te gooi gaan hy – miskien moet iemand hom bietjie ‘n goeie loesing gee dat hy kan stilbly.

leser ·

ek nooi hom uit om een saterdag saam te kom na ‘n skatteJAG byeenkoms

Hannes ·

DA kla nou oor julle maatjies. Meng jou met die semels…..

Ray ·

En hy sien niks daarmee verkeerd nie.

Met sy mosie sien ek die ANC trap net so lekker klein. Sien Frikkie se hulle gaan “government land expropriate” Interessant as die regering hulle eie grond expropriate. Wonder van wie af hulle dit gaan expropriate.

Eddie ·

Ek dink Afrisake is die enigste wat suksesvol teen Malema sal kan optree , synde dat hulle reeds ‘n paar rondes teen hom gewen het !

rollie ·

Poging tot moord. ‘n Blote dreigement om te vermoor is voldoende (sien doodskis-saak). Hy moet strafregtelik aangekla word.

Janneman ·

Dis gn haatspraak nie, dis blatante rassisme.

Malema het n diepe vrees vir en n minderwaardigheids gevoel teenoor blankes, die dat as sy smoel oopgaan dit n aanval op blankes is.

Maar nou ja, dis politieke korrektheid vir jou. Die wiel is rond, wag maar….

Sarel swartbrand ·

Totale mors van tyd hy gaan soos gewoonlik niks oorkom nie wat n bespotting het sa nie geword nie.Ek dink ons bereik nou die laaste tye waar sa sal wees soos ons hom geken het net vandag sien ek hoe die polisie in n polisie voertuig hulle omkoop geld kom haal by n pakistaniese winkel wat bekend is vir dwelm verkope.

ferdi ·

Ek ken sy soort hy soek aandag en ons gee dit vir hom bid vir hom dat al sy dade ni waar word ni

Gert ·

En as sy keel afgesny sou word wat n groot moontlikheid is , sal daar nie n haan na kraai nie.

Rina ·

Hierdie man is uiters onverantwoordelik met sy uitsprake en alles grens aan haatspraak – hy se wat hy wil en kom skynbaar daarmee weg – ek hou niks van hom nie en kan nie vir iemand wat sulke uitsprake maak enige respek he nie! Hy wil he witmense moet ly en ly en ly en ly ondanks wat ookal! Met al sy fanatiese aanhangers kan hy groot moeilikheid veroorsaak en agterna met slim bekpraatjies terugsit en skade laggend aanskou – hy is super gevaarlik as sulks en moet deur die Howe gestuit word – boonop is hy mal oor die propaganda wat hy ontketen!

LR ·

Hierdie ou moet permanent uit die samelewing verwyderd word. Hy het in sy hele lewe nog nooit iets positiefs vir SA beteken nie.

Boland ·

Hy het nog nooit n werk gehad nie want hy weet nie wat dit behels nie.

Brakenjan ·

Gee P.E. metro vir EFF laat ons sien wat kan hul doen. Praat en dreig kan Malema.
Laat ons sien hoe regeer hy Port Elizabeth.

Eddie de Jager ·

Vriende ons sien hier ‘n “Animal Farm” geval van “All animals are equal, but some are more equal than others.” Die aanklag is ‘n klad op enige grondwet wat menseregte beskerm se naam, dit is ‘n klad op die menseregte kommissie se naam ook. Die aanklag moet lui rassistiese dreigement met die doel om te vermoor. “Call a spade a spade.” Mnr. Malema is niks anders as ‘n namaaksel van Hitler, Fidel Castro, Lenin en Stalin in een nie. Om een of ander rede glo hy dat ‘n sosialistiese of ‘n kommunistiese benadering die land kan red. Hulle weet nog self nie, lyk dit vir my. Gooi ‘n kwesbare minderheid in die mengsel en ons sit met radikale populistiese opsweping onder die massas. Geskiedenis het bewys dat kommunisme en sosialisme veel minder geslaagd is as federale en demokratiese stelsels. Wat Mnr. Trollip aanbetref en enige ander blanke persoon wat Mnr. Malema al gedreig het is dit duidelik die man nie sal rus voor hy bloed gesien het nie. Sy uitspraak teen een blanke is ‘n uitspraak teen alle blankes. Hy sidder vir die gedagte dat ‘n blanke in ‘n leiersposisie is. Dit gaan nie hier oor sy wil vir “the people” nie, dit gaan oor ‘n diep gewortelde haat vir alles wat blank is. Die man kan blankes nie uitstaan nie. Dit is beslis iets wat hy met homself moet uitsorteer. Die uitdaging is om hom te tem tot hy daardie punt bereik het.

Riouna Martin ·

Hoe is dit dat Malema mag se wat hy wil en weg kom met alles? By die optog by Overvaal het hulle EFF gesing kill the boer kill the farmer en ook gese alle wit mans moet doodgemaak word
Nou wat as ons blankes so iets se dan word ons toegesluit en gemoor . Dan word ons beskuldig ons is haat hulle.
Wat gaan Mnr Pres doen aan Malema?

Fourie ·

M moes lankal aangekla gewees het van rampokkery. Hy is ‘n aanhitser tot moord en sy blatante rassistiese uitsprake moet stipgesit word. As die wetstoepassers bang is en dit nie wil doen nie, gaan iemand anders dit doen. Hy skree in die parlement almal dood om verantwoording van ander politici te eis, maar niemand roep hom ooit tot verantwoording nie! Wat maak hom so onaantasbaar?

Pastoor ·

Fourie eks verbaas MM plaas jou berig. Hulle plaas myne nooit nie. Gee hom weer n opvolg onderhoud met ons land se groot gesinstydskrif. Ek wil niks van m hoor nie. Hy spot met God se genade

Oom Kalahari ·

Hoe bou mens nou ‘n toekoms en mense verhoudinge met die jong man. Weet nie of die kind ooit veel ‘n deel van sogenaamde “Apartheid” was nie. Hoop die jong seun kom tot sy sinne anders is hy ook eendag op die altaar soos Oom Mugabe.

rollie ·

Die beste ding om met so ‘n skoorsoeker te doen, is om in sy gesig te lag. Hy sal dit nie kan hanteer nie.

Marina ·

Ek wil net weet … was “kill die boer” nie ook haatspraak nie? Wat het toe gebeur? Meer boere is vermoor so hoe ver gaan hulle met hierdie saak teen hom kom … weer nerens

Wonder ·

Ek wonder nie meer hoekom hy maerder word nie! Ek weet! Hy’t verbal diaree

Elsa ·

malema sal moet draai na God, hy het reeds te ver gegaan met sy opstokery, “maak jou ore oop en bekeer” anders is jy in die moeilikheid ,nie by ons nie maar by ons Vader in die Hemel….malema se tyd van “paniek saai” gaan hom laat uitroep vir hulp….hy het nie eers vir Jan van Riebeeck geken nie, en laat uit dat hy ‘n “criminal was” laaste waarskuwing, malema knak jou knieg viir God… jou lewe is nie een van ‘n voorbeeld nie…AWAKE AWAKE AWAKE,

se iets ·

Wonder net hy het mos ook n plaas, wat as sy mense of dalk ander mense op sy plaas doen wat hy op ander mense se plase laat doen. Iemand sy familie dreig en seer maak. Hy sal dit nie aanvaar nie.
Almal se doen iets doen so of so. Niks sal help behalwe bid en dit in die Here se hande los

honourable member ·

Hierdie menere moet ook begin besef hulle kan nie se wat hulle wil nie. Die reel kan nie net vir sekeres geld nie.

Theresa ·

Mal ema het al meer as eenmaal met doodmaak gedreig. Ek sou dink die publiek in Suid-Afrika mag hierdie eis dat daar geregtigheid geskied en dat hy vir doodsdreigemente aangekla word. Sy haatlike haatsprake en die aanmoediging nie net van opstand en onstabiliteit nie, maar blatante aanmoediging van moord en doodslag moet nou en niks later nie, aangevat word. Hy is niks spesiaals nie – en al was hy – moet die gereg hom in hegtenis neem en die gereg moet sy gang gaan. Indien nie, behoort alle klagtes teen alle mense wat al so iets gedoen het en sit en wag vir ‘n vonnis of ‘n lang vonnis moet uitdien as gevolg daarvan vrygelaat word – summier!! Anders maak die gereg hulself skuldig aan onregverdigheid. Iets wat die mensdom raaksien en sal onthou. Help om hierdie man te laat vonnis – wie kan help?

Jan Duvenage ·

Dis al die hoeveelste keer dat dit gebeur. Wil voorkom of die wat hom aankla nie genoeg ruggraad het nie, en net dreig. Almal plaas artikels van Vlug en vra die buiteland om te help. Angus Bid net die hele dag en niks gebeur nie. Miskien moet 16 Desember se gebeure weereens aan die volk verduidelik word. Dat NET Bid nie alleen genoeg is nie, Maar dat dit ELKEEN se plig is om te Bid EN AKSIE te neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.