Klag van haatspraak teen Nelson Mandela-stigting

AfriForum het sy regspan opdrag gegee om ’n strafregtelike klag van aanhitsing tot geweld teen die Nelson Mandela-stigting (NMS) voor te berei ingevolge artikel 18 van die Wet op Oproerige Byeenkomste 17 van 1956, asook ’n klag van haatspraak ingevolge die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie 4 van 2000.

Dit volg op die NMS se mediaverklaring van 10 Junie 2020 oor die dood van George Floyd in die Verenigde State van Amerika en die betogings in dié verband. Die NMS sê in sy verklaring: “The use of violence can be rational and carefully targeted as part of a strategy to counter structural and other forms of violence against Black lives. And, of course, it ought always to be so.”

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, meen die NMS se “ontstellende uitspraak is ’n verheerliking van en aanhitsing tot geweld”. “Dit dui daarop dat die NMS glo dat dit geteikende gewelddadige optrede kan regverdig, afhangend van wie die teikens van dié gewelddadige optrede is, sonder dat enige gevolge hom in die gesig te staar.”

Roets voeg by dié tipe gewelddadige dreigemente het geen plek in enige gemeenskap nie. “Die feit dat ’n organisasie van die NMS se status ’n regverdiging van geweld op so ’n nonchalante wyse kan publiseer, is inderdaad kommerwekkend en spreek vanself.”

AfriForum het ook ’n klag van haatspraak teen die NMS by die Gelykheidshof aanhangig gemaak. Volgens Roets beskou AfriForum die regverdiging van en aanhitsing tot geweld deur die NMS as uiters gevaarlik en roekeloos.

“AfriForum sal daarom die nodige stappe doen om te verseker dat reg deur middel van die gepaste regskanale geskied. Ons versoek die owerheid dringend om dié geval van geweldaanhitsing deur die NMS met die erns te ondersoek wat dit verdien. Op dié wyse sal ’n sterk boodskap oor die onaanvaarbaarheid van geweldaanhitsing uitgestuur word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Kiewiet ·

Is die berigewing waar? is dit werlik wat NMS geskryf het?
Indien dit waar is, is daar n paar cenarios. 1) Die meerderheid van die volk sal dit lees en nie verstaan nie. 2) die anc en eff sal dit uit verband ruk. 3) Die NMS moet verban word. Kyk na die toestand van die land, Die wereld sien die eens trotse Suid Afrika onder blanke bestuur voor 1994, nou onder nie blanke bestuur, as “rubish”. Swak , niks werd nie, en dan braak die bewakers van die sogenaamde “Nelson Mandela Stigting” aasvoels, gal oor nonsens, oor iets wat nie eers in Suid Afrika gebeur het nie! Het hulle al gekyk hoeveel blanke boere deur swartes vermoor is, maar dis OK! Ek Vervolg.

Francois ·

Ek stem saam maar niks gaan daarvan kom. Kyk hoe gaan Malema tekere maar in Suid Afrika is 3 vroue in 3 dae deur hulle kerels vermoor en niemand se iets maar as daar n witte betrokke was was dit op al wat n voorblad van n koerant gewees en is Suid Afrika afgebrand. Praat van dubbele standaarde. Hoekom word daar nie so ophef gemaak as n 80 jaarige boer gemartel word en gebrand word met kook water terwyl sy vrou ook wreed aangerand word. Waarom kry dit net n klein berig iop die agter blad van die koerant

Pieter ·

Dieselfde werkswyse is tydens Apartheid gebruik, asook in vandag se betogings in Suid Afrika. Dit is ANC/SAKP doktrine. Deurdat die stelling so openlik gepubliseer word, is dit ‘n sterk moontlikheid dat hierdie organisasie by wêreldwye onrus en betogings betrokke is. Die vernietiging en verwydering van beelde is juis in Suid Afrika vervolmaak en steek nou kop uit in die VSA en VK. Die 16 Keniaanse burgers wat vermoor deur die Keniaanse polisie is tydens Covid-19 grendeltyd, asook die 69 Nigeriërs deur Boko Haram vind geen weerklank nie. Oppas, hier is ‘n bose ding aan ‘t broei.

dave ·

plaas hulle hulle neuse uit die ander lande se besighuit uit hou en proebeer die land reg kry maar nee kom ons neuk die land op en warrie oor ander lande se proebleeme tiepies

Jack ·

Ongelukkig is die meerderheid van die bevolking alreeds so gekondisioneer deur voorbeeld van die regering en die nie reaksie op geweld veral teen wit mense dat dit die norm geword het om hul doelstellings te bereik. So die uitspraak is niks vreemds nie maar baie gevaarlik. Is Julius deel van die groep?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.