Klag van huishoudelike geweld lei tot vuurwapenvonds

Foto: SAPD

ʼn Klag van huishoudelike geweld in Vanderbijlpark, Gauteng, het die polisie na ʼn klein arsenaal vuurwapens gelei.

Polisiebeamptes is Donderdagoggend na die huis gestuur om op ʼn klag van huishoudelike geweld te reageer, het brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, gesê.

“Terwyl die polisiebeamptes in die huis was, het hulle onraad gemerk wat gelei het tot die ontdekking van 43 vuurwapens en ongeveer 2 000 patrone. Van die vuurwapens en ammunisie was in houers versteek.”

Peters het bevestig ʼn 31-jarige man is sedertdien in hegtenis geneem nadat hy nie voldoende antwoorde of bewyse kon lewer in verband met die vonds nie.

“Daar is ook nie behoorlike dokumentasie gelewer om die berging van wapens te staaf nie.” Die vuurwapens sluit aanvalsgewere, haelgewere en pistole in.

Volgens Peters word daar reeds ondersoek ingestel om vas te stel waar die vuurwapens en ammunisie vandaan kom en of dit moontlik gebruik is in die uitvoering van misdaad.

Die verdagtes sal binnekort in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Frank ·

Ek stem. Maar terselftertyd wonder ek of die drie windbukse ook onder aanvalsgewere resorteer….

kobie ·

Daardie wapens gaan nou hulle weg vind na die kriminele daarbuite tensy hulle die wapens in veilige bewaring stoor by die apteek want ons almal ken die sa polisie.

Anoniem ·

Die wapens was klaar in die hande van n krimineel/misdadiger want wie hou soveel wapens aan as hy/sy nie massa moord wil saai. As ek moet se dan kom daardie wapens van die polisie self af. Dit is wapens wat ingegee is en dan verdwyn dit. Die waarheid sal wel uitkom.

Ralph ·

Ek wonder of die knaap dalk oppad was om sy wapens in te handig by die polisie?

Swanna ·

Sal interessant wees wie is die persoon wat die arsenaal op gebou het want op die oomblik is geen naam koppeling. Baie snaaks.

Voldoendeantwoorde ·

goeie genade, watter “voldoende antwoorde” kan gegee word vir hierdie hoeveelheid wapens wat gekry is. daai wapens word gebruik vir plaas moorde, roof ensv. WAT se antwoord gaan dit regverdig????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.