Klag van poging tot moord teen Len Cloete se skieter

Len Cloete is Saterdag deur polisie in die kop geskiet en is tans in ’n koma. (Foto: Facebook / Len Cloete)

ʼn Saak van poging tot moord is Dinsdag by die Muldersdrift-polisiestasie in Gauteng aanhangig gemaak in verband met die voorval Saterdagoggend waartydens Len Cloete (59) deur ʼn polisiebeampte by die Misty Hills-gastehuis in die kop geskiet is.

Cloete is sedertdien in ʼn koma en word in die Pinehaven-hospitaal in Krugersdorp behandel.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn onderonsie tussen Cloete en Misty Hills se personeel uitgebreek het, waarna die polisie ontbied is. ʼn Verdere woordewisseling, wat ook op video vasgevang is, het tussen Cloete, wat self twee vuurwapens by hom gehad het, en polisiebeamptes ontstaan waarna hy deur ʼn polisielid in die kop geskiet is.

Mike Bolhuis, private speurder, en sy span is aangestel om die saak namens die familie te ondersoek en het die klagte aan Maroela Media bevestig.

Hy beskryf dit as “normale prosedure” en sê dat hulle nou met die owerhede saamwerk.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek intussen “die afvuur van ʼn vuurwapen”.

Volgens Bolhuis is al die sake nou behoorlik geregistreer en het hulle reeds “ver gevorder in die ondersoek”.

Die saak wat Bolhuis se span by die polisie ingedien het, sal volgens hom ook met dié van Opod verenig word.

Bolhuis sê daar word onder meer gekyk na die gebeure wat die voorval voorafgegaan het, asook die presiese gebeure tydens en ná afloop van die voorval.

Cecil Benade, lid van Bolhuis se span wat die ondersoek lei, sê Cloete is steeds in ʼn koma, maar die bloeding op sy brein het volgens die beskikbare inligting nou bedaar.

“Sy toestand is in dié stadium bestendig, maar steeds kritiek.”

Bolhuis het ʼn beroep op mense gedoen om nie hulle ore aan die talle skinderstories op sosiale media uit te leen nie, maar te wag totdat die ondersoek in sy geheel afgehandel is.

Gun Free SA (GFSA) het intussen gesê die betrokkenheid van vuurwapens het ʼn beduidende uitwerking op die uitkoms van ʼn onderonsie, wat mense se lewe onherroeplik kan verander.

“Die teenwoordigheid van ʼn vuurwapen het in dié geval almal se lewe in gevaar gestel – onder wie die man wat geskiet is, sy vrou, die polisie, hotelpersoneel en gaste,” sê Adèle Kirsten, GFSA se direkteur.

“Die voorval het plaasgevind in ʼn tydperk wat vuurwapengeweld in Suid-Afrika epidemiese afmetings bereik het. Landwyd het vuurwapens messe verbygesteek as die wapen wat die meeste in moorde gebruik word, terwyl daar in Gauteng meer mense weens vuurwapens as in motorongelukke sterf.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

91 Kommentare

Miskruier ·

En daarom moet almal hul wapens afgee? nee juffie jy bly nie op n plaas nie.

VaalDonkie ·

Dis mense wat nie die video gesien het nie. Ek neem hulle nie kwalik nie. Want as jy nie AL die feite het nie, is dit maklik om jou eie weergawe op te maak.

Renier johannes ·

Ons mag nie vuurwappens besit nie waar mee moet ek my vededig

Belinda ·

Wel ek is bly hulle het n saak van poging tot moord oopgemaak.
Maar ek dink nogsteeds beide partye was verkeerd.
Hy moes nie mense dreig met vuurwapens nie en hulle moes hom natuurlik nie in die kop geskiet het nie….

Keelvol ·

Hy was die een wat verkeerd was. Daar kan 35 klagtes teen hom hangend gemaak word. Hoop hulle doen dit.

Nick ·

Ek hoop hy herstel. Ek glo hy sal dit volgende keer anders hanteer. Dit was dom om jouself in daardie posisie te kry. Dit was ook dom van die gastehuis eienaars om die polisie te bel. Wat verwag jy gaan gebeur as daar 4 gewapende onopgeleide polisielede opdaag?? Ja iemand gaan geskiet word! Baie goed vir besigheid as jy die polisie bel om jou gaste te kom skiet.

Julius ·

Hier stem ek saam met jou. Die polisie se teenwoordigeid het hom meer agrisief gemaak.

Keelvol ·

Hy was agressief teenoor die gastehuis personeel. Weet jy dat hy 2 polisiemanne voor die tyd aangerand het? Maar nee, vat sy part omdat hy wit is.

Natalie ·

Nee nie omdat hy wit is nie!! Omdat jy in die been eerder kon skiet as die kop! Skiet jy n rower dood wat jou lewe in gevaar stel dan gaan jy tronk toe!

Pieter ·

Natalie, die ou was wild en sou almal daar doodgeskiet het. Bietjie mal in die kop. Toe van hy. Reg so.

ES ·

Nick, gaan jy stilstaan as hy jou personeel met vuurwapens dreig of gaan jy die polisie bel? Almal is baie slim en braaf, tot jy self in so situasie is.

MakersMark ·

Die polisie het hom twee kanse gegee, eerste keer toe hy sy wapen gryp en oorhaal, tweede keer toe hy polisievrou se wapen gryp. As dit VSA polisie was het hul hom al geskiet by eerste keer. Derde keer toe hy begin gil toe is dit die einde. Hy het nie ‘n kans nie.

Julius ·

Hy het sy wapen voor hulle veilig gemaak en terug gevat. Toe pluk die polisievou haar wapen en hy ontwapen haar.

MakersMark ·

Hoekom vra hy in die begin “waar is my gun” ? Polisie staan reg voor hom almal gewapen. Soek vir moeilikheid.

Jr ·

Gun Free SA IS MAAR STIL as dit by juweliers roof en ander soos polisie wat hulle families skiet. Bly maar eerder stil want julle stilte oor ander gevalle is oordowend

ES ·

Ja nee daai vrou moet iewers op ‘n plaas gaan woon waar sy in gevaar is elke dag van haar lewe. Maar sy bly waarskynlik in top sekuriteitskompleks waar sy vir niks hoef te vrees nie.

Deon ·

Dit is baie jammer dat goed soos hierdie moet gebeur, dit is so onnodig en veroorsaak soveel onnodige drama.. Ek glo die man het n “plofbare” situasie veroorsaak deur sy wapens te gaan haal, en boonop dit, rond te swaai soos n wafferse hollywood akteur. En natuurlik, heeltemal teen alle logiese denke in om n wapen by n polisierings beampte af te neem op so geweldadige wyse

Luister ·

Ek hoop die polisieman kry ‘n goeie regsverteenwoordiger. Ek sou ook “trigger-happy” gewees het as my lewe in gevaar was.

Bertus ·

Wel, miskien moes Mnr Cloete nie die vuurwapen van ‘n vroulike polisielid uit haar hande gegryp het en dreigend opgetree het nie. In my eenvoud vermoed ek dat hy dan dalk NIE geskiet sou word NIE.

Andre ·

Hy het gesoek vir moeilikheid, die feit dat hy sy vuurwapen gaan haal het, asook om ń polisiebeampte te ontwapen. Ek glo polisie het reg opgetree in die opsig, siende dat die man agresief en en onvoorspelbaar was.

Harley Davidson ·

Maar nie te skiet om te dood nie ,sou hom eers waarsku en dan in die been skiet .

Boer ·

My vraag is was dit regtig nodig om die man in die kop te skiet. Ook die poliesie vrou wat se wapen van haar dan afgeneem is, is sy bevoeg om n wapen te hanteer. Ek verstaan die Mnr. cloete het verkeerd ongetree, maar daar is ander manier om hom te beheer. Wat van n taser gun of peper spray. Nou is Cloete famielie nie eers seker of hy gaan leef nie en as hy leef wat sal sy toestand wees. Die Poliesie het nie die regte protokol gevol in my oe nie maar ek se weer Cloete het ook nie reg opgetree nie. Sterkte aan die Cloete gesin ek hoop hy kom reg ook daai Poliesie man wat die skoot getrek het sterkte aan hom ook. Wat om iemand te skiet is n groot besluit, die trek van die sneller kan nie weer terug getrek word nie.

VaalDonkie ·

Jy noem jouself “Boer”, so kom ons praat gou so: jy het ‘n mislikke bul op jou plaas. Hy wil net storm. Wat gaan hy doen as jy hom skok of pepersproei in sy ogies spuit?

Natalie ·

Nee jy gaan hom eerder in die voet of been skiet.. NIE IN DIE KOP

JohnnyS ·

Wat is jou siening oor die Glencoe boer wat sy aanvaller doodgeskiet het ? Was daar nie dalk ook ander manier om die saak te hanteer het nie ? Miskien kon hy sy aanvaller eerder met ‘n kierie geslaan het, of miskein met ‘n knipmes net liggies gesny het.

cccp ·

“Gun Free SA (GFSA) het intussen gesê die betrokkenheid van vuurwapens het ʼn beduidende uitwerking op die uitkoms van ʼn onderonsie, wat mense se lewe onherroeplik kan verander.” — vir julle inligting: min of meer dieselfde geld vir messe, knopkieries, knuppels, en klippe. Miskien sal julle dit oorweeg om ons van al hierdie onheilighede te bevry?

JohnnyS ·

Stem saam – vat al die polisie se vuurwapens, ek sal myne ook sommer dadelik inhandig. Genugtig GFSA leef in ‘n gekke paradys.

Luister graag ·

Vreelike tragedie, ongelukkig twee bedreigende situasies van beide kante het die leeu losgemaak. As mens na die video kyk het Mnr Cloete baie aggressief voorgekom. Al wat opgekom het was: Slim vang sy baas. My gebede is vir volle herstel en dat sy arme vrou en kinders berading kan kry en uit mens se foute leer.

Nici ·

Ek hoop Len word aangekla vir die afneem van ‘n polisievrou se wapen en die weiering om polisiebevele te gehoorsaam, wanneer hy eendag bykom.

Julius ·

As hy haar nie ontwapen het nie, het sy hom dalk geskiet. Hulle teenwoordigheid het hom aggresief gemaak.

JohnnyS ·

Julius – Die polisie se teenwoordigehid het nogal so reaksie op baie kriminele.

Robert ·

Hy was al aggresief teenoor die eienaars… daar het hy al oor die tou van redelikheid getrap.

Pieter ·

Shame. Hy moet sy agressiefheid in sy alie steek. Mens is nie argressief nie. Punt. Toe van Rambo

Keelvol ·

Hy kan van roof gewoon, besit van onwettige wapen en ammunisie en 2 klagtes van in besit van gevaarlike wapen aangekla word.

Michael ·

Ek kyk gister aand die video. Die man was duidelik buite beheer en n bedreiging. Die laaste strooi was toe hy die wapen gryp… Dis jammer dat dit gebeur het, maar dit is sy eie skuld… Dit was nie n swart op wit ding nie, net n bedreiging wat geneutraliseer is.

Pierre ·

Stem 200% saam met jou, hulle het herhaaldelik gese jy speel nou `n gevaarlike speletjie, en dan om die Polisie te ontwapen na jy herhaaaldelik jou vuurwapen rond geswaai het en dreigemente rond geslunger het, was force nodig sekerlik, was dit nodig om die kop te skiet sal maar wag om te sien, maar lewens was in gevaar.

Philip ·

Die polisie het getalle daar gehad maar was te bang vir n pakslae die man kan jy sien sal 3 manne lekker besig kan hou.

Dries ·

Wat my pla is die uiters oningeligde uitlatings (lees leuens) deur me. Adele Kirsten van GFSA. Van n perskektief van wetgewing, sou die feit dat die meneer geen wapens gehad het nie, geen verskil gemaak het nie, hy het n aksie geloods om n wetstoepasser se wapen te probeer afneem. Die nagevolg is hartseer, maar nie onverwags nie.

N wapenvrye samelewing is onmoontlik, want wetgewing belemmer net wetsgehoorsame burgers. Kriminele gaan nie hulle wapens inhandig nie, jy laat slegs jouself in gevaar deur na die organisie se uitlatings te luister. Jou en jou geliefdes se veiligheid is jou verantwoordelikheid, die polisiediens op beste van tye is reaksioneel.

pestilensie ·

Vir wat sleep Maroela nou weer gun free in die artikel in . Dink nie mense stel werklik in hul eng siening belang

Eiervrug ·

Ek dink sy pel wat die video geneem het, het hom verder in die voet geskiet deur die video op sosiale media te plaas. Dit gaan nie goed wees vir hierdie man se saak nie. Het die Polisie uitgelok, en kom ongelukkig in die video voor as ‘n intimiderende persoon, en nou het die hele wêreld dit al gesien… Well done pel….

Linx ·

Beslis hoor,as daardie video nie social media bereik het nie sou dt net gewees ht “saps skiet onskuldige man in kop”

Pieter ·

Dis lank nie meer die ou dae dat goed gebeur sonder video nie. Mag die ou sy straf kry as hy dit gaan oorleef

Spook ·

Ek hoop dis net ‘n administratiewe aangeleentheid.

Die polisie het HEELTEMAL binne die wet opgetree. Inteendeel, hulle kon hom geskiet het toe hy sy eie vuurwapen gaan haal, gespan het, en dit op die polisie gerig het. Hy het die vuurwapen gaan haal en gespan met die doel om dit te gebruik.

Die polisie het baie professioneel opgetree en hulle het baie duidelik hulself geïdentifiseer, en ook wat die klagte is waarvoor hulle uitgeroep is. Die senior polisielid het hom telkemale gevra om te kalmeer, en om homself te klee. Dit was al klaar ‘n gespanne situasie waar die man sy eie vuurwapen gespan het en op die polisie gerig het. Die keerpunt het gekom toe hy probeer het om die een polisielid te ontwapen. Hy WOU nie die situasie ontlont nie, en die polisie het nie ‘n ander keuse gehad as hom summier te skiet nie. Die polisie kon hom doodgeskiet het, sonder om selfs ‘n waarskuwingskoot te skiet. As jy onnosel speletjies speel, kry jy onnosel uitslae. Punt! Geen simpatie nie.

piet ·

In die geval sou enige polisie wereldwyd geskiet het. Hierdie ou was out of control en mense se lewens was in gevaar. As hy herstel, kan hy homself maar reg maak vir ‘n klomp kriminele klagte teen hom.

Swerwer ·

Ja GFSA sal ‘n eier te lê hê. Waar is jul GFSA ter beskerming van onskuldige mense wat vermoor word.
Skrik net wakker. Nie almal is Trigger Happy nie.

Elize ·

Hierdie ou het gekry wat hy gesoek het. Moeilikheid. Uiters swak gedrag vir ‘n pa van 7 kinders

Tino ·

Hoekom kry ek die gevoel dit word ‘n skande afgemaak om ‘n wettige vuurwapen te he by jou?

melaney ·

Tino dit is geen skande om ‘n wettige vuurwapen te besit nie. Maar as ‘n persoon so erg tekere gaan met sy vuurwapen, dan is die persoon se optrede skandalig.

Pieter ·

Di eskande is om dit te misbruik. Kry jy nie skaam namens die vark wat jy probeer verdedig nie?

Willem ·

Wat maak mens met twee vuurwapens in jou besit by n gastehuis? Het hy ooit fasiliteite (lees KLUIS)in sy chalet / suite / kamer om die wapens veilig toe te sluit?

Genis ·

Gaan besoek die BRUTALE plaasmoode Gun Free SA …. pateties in jyl onkunde

JohanR ·

Ek praat niks of niemand hier sleg of goed nie, maar ek het na die video gekyk en die man was in ‘n slegte “space”. Hy het twee gewere gehad, een geweer oorlaai en toe probeer om die polisievrou se pistool van haar af te neem. Was ‘n kopskoot nou die beste in die geval, of miskien in die been of maag. Die kop skoot het hom dadelik ge immobilise, maar met ‘n liggaam of been skoot sou die man miskien ook selfs ‘n skoot kon inkry? Ek hou net niks daarvan as ‘n geweer rondgeswaai word, en die man se gedrag was baie sleg. Hy het selfs op ‘n stadium gevra dat hy geskiet word. In Engels oor hierdie voorval kan mens se “six of one, and half a dozen of the other!”

ES ·

Johan, die wet maak nie voorsiening vir kopskote, beenskote of voetskote nie. As jy jouself skuldig maak aan ‘n ootrerding waar jy geskiet moet word, word jy geskiet – maak nie saak waar nie. Die vuurwapen het een doel, en dit is om die bedreiging te elimineer. Die vuurwapenwet maak ook nie voorsiening vir waarskuwing skote nie. As jy jou vuurwapen in ‘n rigting wys moet dit wees om hom te gebruik waarvoor sy doel is, en dit is eliminasie.

Keelvol ·

Ag snert man. Die vuurwapen wet is van toepassing op die SAPD. Die cloete vent het moeilik begin. Maar ons weet hoekom julle hom so verdedig. Was hy swart en die polisieman wit dan het julle by die polisieman geskaar.

Perdeby ·

Moenie worry die Polisie gaan hom verseker ook aankla, want hy het ‘n Polisiebeampte se vuurwapen by hom afgeneem, en dus is dit selfverdediging.

Natasha ·

Hy het verskeie kere sy rug op die polisie gedraai wat hulle verskeie kanse gegee het om hom te ontwapen. Die onopgeleide polisie het hulle humeur verloor en wou ‘n punt bewys en dis hoekom hy dadelik ‘n kopskoot gegee is. Ek sê nie Len Cloete se optrede was reg nie, maar die VIER polisiebeamptes was nie bevoeg om die situasie te hanteer nie!

JohnnyS ·

Sjoe – ons kort meer van die polisie beamptes waarvan jy droom.

Lockdownfountain ·

Ek hoop nou nie dat hierdie een geval nou maak dat onskuldige verantwoordelike Wapen eienaars nou moet swaar trek nie .Hierdie is nou net weer eens bewys met hoefeel respek jy jou wapen moet hanteer .Maar party mense wil mos nou wys hulle het n geweer en die geweer maak hul sterker .Wonder net hoe dit by so persoon se huis gaan met die wapen toon .Dit kon netsowel iemand perongeluk gedood het .Om jou wapen te toon moet die heel laaste opsie wees .Ek kan nie dink dat iemand bedreig sal voel as daar n klomp Polisie beamtes om jou staan nie .Hierdie was nalatig en onverantwoordelik en so n persoon mag nooit weer n wapen besit nie .Sterkte aan al die betrokenis .Ongeag die omstandighede in ons wereld moet ons nog steeds respek toon en gehoorsaam wees met ons owerhede .Hulle doen net hulle werk .

Janine ·

“Ek kan nie dink dat iemand bedreig sal voel as daar n klomp Polisie beamtes om jou staan nie .” Is jy werklik ernstig met hierdie stelling van jou?

PieterK ·

Hy was Verkeerd en so ook die polisieman. Ek het vir baie jare wetstoepassing gedoen. Daar was genoeg polisiemanne op die toneel. As ek daar was het ek hom al plat geduik toe hy sy vuurwapen gaan haal het en onmiddelik sou my kollegas op hom toegesak het. Die storie sou hom heeltemal anders uit gespeel het as daai polisiemanne reg op gelei was.

Bertus ·

Goed opgesom. Die ou was duidelik buite beheer en was heeltemal te veel tyd gegun om ‘slim te raak.’

JohnnyS ·

Ek sou regtig nie saam jou wou werk. In ‘n fisiese struweling met ‘n gewapende, aggresiewe en fisiese sterker teenstander betrokke raak ? Gaan kyk bietjie hoe die goed opgeleide polisie lede in Amerika sulke situasies hanteer. Die ou sou nou soos ‘n sif in die lykshuis gelê het.

Di ·

Ja meer mense het gesterf agv vuurwapens want meeste misdade wat gepleeg is, is kriminele wat onwettige vuurwapens in hulle besit gebruik het om die misdade te pleeg

Jackie ·

GFSA se belaglike argument oor wapens: 1 swaeltjie maak nie n somer nie, motors moet ook verbied word want alle motor-ongeluk sterftes geskied nooit sonder n motor nie en alle verdringkings geskied nooit sonder water nie, so verbied wzter ook.

Casper ·

GFSA is soos ons weet net so agter die tyd met statistieke soos iemand wat ons ken Plaas laat GFSA statistiek bekend maak van mense wat moord pleeg met gelisensieerde vuurwapens(nie selfverdediging nie.

ES ·

Presies, ons het nie ‘n vuurwapen probleem nie, ons het ‘n “people” probleem. As mense ander wil leed aandoen en nie ‘n vuurwapen het nie, sal hulle ‘n ander voorwerp as wapen gebruik, soos ‘n mes, of graaf, of ‘n panga.

Oros Soros ·

Gun Free South Africa is maar net ‘n ander naam vir die Houghton Progs Tea Club.

Keelvol ·

Die cloete ou was verkeerd. Sy gedrag was/is heeltemal onaanvaardbaar gewees. Maak nie saak of daar n probleem met die bespreking of kamers was nie. Niks het hom die reg gegee om soos n kind te keurig gaan nie. Hy is n volwasse man en daar kan van hom verwag geword het om die situasie met die bespreking op n ordentelike manier op te los het. Deur sy optrede het hy almal probeer intimdeer en geding almal moet vir hom skrik. Om die polisievrou se wapen te gegryp het was verkeerd. Enige persoon wat sy optrede verdedig of regverdig het seker maar dieselfde morele waardes.

annievantshwanie ·

As ek nie die video gesien het nie sou ek nie kon glo daar was 4 POLISIE lede nie, en dit eindig so nie?
Hy het soos n malkoppie daar rond gedans ja, hy het nie reg opgetree nie, hy was duidelik onbeheerbaar, wat doen mens in so situasie-volgens my verdien dit nie n kopskoot vir dood nie, want as jy se dit doen dan kan enige persoon wie se tor afval n kopskoot verwag?????? Hulle was 4 mense, voor hy sy gun gaan haal het…….ek kies nie kant nie, maar kyk 360 grade na die saak

Casper ·

Wel as ek na sy liggaamsbou kyk sou ek 2 keer gedink het voor ek hom sou aanvaar.Hierdie man sou die waks uit daai useless polisielede geklap het,en ek glo die man wat geskiethet het dit besef.Die vraag is was die lid se lewe in gevaar dat hy maksimum geweld moes gebruik,ek glo nie.Of jy hom sommer so sou kon plat duik weet ek nie so lekker nie.

Saartjievandiebosveld ·

Al vuurwapen wat iemand mag besit. ..is…”a legal stolen weapon”

Elize ·

As Len Cloete herstel moet sy wapenlisensie weggevat word. Saam met n wapen kom verantwoordelikheid.

Hennie ·

Absolute regverdige geweld deur die polisie…die knaap se gedrag was van so ‘n aard dat hulle al vroeër sy lewe kon geneem het. Sterkte aan SAOS lid

Albertus ·

Hy het defnitief n anger probleem, die polisie was nie bevoeg om hom te hanteer nie en moes hulp ingeroep het van mense wat meer opleiding gehad het, maar ons weet ook nie die hele ding nie

Ovelia ·

My hart gaan uit na die polisie. Julle ht julself net verdedig

Anton J ·

Absoluut onnodig. Ek weet nie wat vooraf gebeur het nie maar duidelik was Len ontsteld oor iets maar dat hy vir moeilikheid gaan soek het is ook so. Hy sy vuurwapen gaan haal, daar het hy ongelukkig ‘n skietgeveg al uitgelok. Die polisie vrou het hom klaar gewaarsku dat “you play now with danger” Hy was dus klaar gewaarsku deur die gereg. Dan neem hy die vuurwapen af van ‘n polisie beampte, hy kon net sowel die volgende beamte se wapen neem, as hy sou, sou hy die hele situasie soos dit oorkom negatief kon beheer het. Geen waarskuwing skoot sou gewerk het nie, hy Jet klaar almal se lewe in gevaar gestel. Die polisie man moes doen wat hy moes doen. Ek glo nie dat die familie enige gronde gaan hê tot die klag wat hulle geopen het nie maar inteendeel staar vervolging Len in die gesig. Ek bid vir hom ook vir herstel en sy gesin vir sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.