Brig. Marinda Mills , woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die saak is van poging tot moord verander na die nalatige afvuur van ʼn vuurwapen. Volgens Mills het hulle verklarings van meeste van die partye, insluitend die beseerde en mediese personeel, gekry en is toe besluit om die klag te verander.
Goosen het sy vriend, Armandt Stoman, op 24 Januarie vanjaar op die plaas Lilly Flanders, naby Aliwal-Noord in die Oos-Kaap, met ʼn jaggeweer in sy enkel geskiet. Stoman is ná die voorval na ʼn hospitaal in Bloemfontein gehaas en moes intussen operasies ondergaan.
Volgens Mills was Goosen ná die voorval erg getraumatiseer en hy moes behandeling vir skok ontvang.
Mills het gesê die ondersoek vorder baie goed sover en Goosen se prokureur is met die polisie in verbinding en hulle gee hul volle samewerking.
Lees alle vorige berigte oor Johan Goosen op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Absoluut korrekte hantering nou. Ek is dankbaar vir Goosen dit was nie noodlottige ongeluk, ek voel opreg jammer so iets het met hom gebeur.
Grea!!!!!. Maar shame, was die arme springbok ook per ongeluk gedood??
Ja boet, soveel geld, soveel mag, soveel kontakte…
Maklik, net wittes betrokke, as dit ‘n anderskleurige was, was dit ‘n perd met ‘n ander kleur.
Kommentaar oor skietvoorval pas nie in my samestelling nie omdat ek totaal gekant is teen enige vorm van JAG. En om dit dan voor te hou as ‘n SPORT is totaal sinneloos. Wanneer jy weer gaan jag, kyk reguit in die dier se oe. Dit was my raad aan my jarelange jagterseggenoot en toe hy dit doen het sy vinger om die sneller gevries. Dit was die einde van sy jagtery.