Klag verander ná skietongeluk op Springbok se plaas

Johan Goosen en Armandt Stoman. Foto: Via Facebook.

Die polisie het bekend gemaak ʼn saak van poging tot moord word nie meer ondersoek in verband met die skietongeluk op die veelsydige Springbok-agterspeler, Johan Goosen (24), se plaas nie.

Brig. Marinda Mills , woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die saak is van poging tot moord verander na die nalatige afvuur van ʼn vuurwapen. Volgens Mills het hulle verklarings van meeste van die partye, insluitend die beseerde en mediese personeel, gekry en is toe besluit om die klag te verander.

Goosen het sy vriend, Armandt Stoman, op 24 Januarie vanjaar op die plaas Lilly Flanders, naby Aliwal-Noord in die Oos-Kaap, met ʼn jaggeweer in sy enkel geskiet. Stoman is ná die voorval na ʼn hospitaal in Bloemfontein gehaas en moes intussen operasies ondergaan.

Volgens Mills was Goosen ná die voorval erg getraumatiseer en hy moes behandeling vir skok ontvang.

Mills het gesê die ondersoek vorder baie goed sover en Goosen se prokureur is met die polisie in verbinding en hulle gee hul volle samewerking.

Lees alle vorige berigte oor Johan Goosen op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Absoluut ·

Absoluut korrekte hantering nou. Ek is dankbaar vir Goosen dit was nie noodlottige ongeluk, ek voel opreg jammer so iets het met hom gebeur.

Bokkie ·

Grea!!!!!. Maar shame, was die arme springbok ook per ongeluk gedood??

Cherokee ·

Nalatige afvuur van ‘n vuurwapen (het jy mos gelees Bokkie) want die hanteerder van die wapen het nie gekyk wat hy doen en die springbok het gesuffer. Hulle gebruik groot gewere met teleskope en skiet niksvermoedende makgemaakte wild op ‘n afstand. Dan word die diere se koppe in die lug gehou asof hulle ook die fotosessie geniet. Verskriklik is dit nie(!) sê ek met ‘n lang stuk volstruiswors in my bord.

Jan Karsten ·

Maklik, net wittes betrokke, as dit ‘n anderskleurige was, was dit ‘n perd met ‘n ander kleur.

SARIE VAN HEERDEN ·

Kommentaar oor skietvoorval pas nie in my samestelling nie omdat ek totaal gekant is teen enige vorm van JAG. En om dit dan voor te hou as ‘n SPORT is totaal sinneloos. Wanneer jy weer gaan jag, kyk reguit in die dier se oe. Dit was my raad aan my jarelange jagterseggenoot en toe hy dit doen het sy vinger om die sneller gevries. Dit was die einde van sy jagtery.

Sean ·

Siestog. Ek neem aan die vleis wat jy eet is van diere wat selfmoord gepleeg het?

Cherokee ·

Shame Sean, jy klink soos ‘n vegetariër. Ek ondersteun Sarie met meer as ‘n 100% en geniet steeds my braai, want dit irriteer my wanneer ‘ grootbek ‘n dier (groot of klein) skiet met ‘n teleskoop van vêêêr en nadat die arme dier (want dikwels nie eens eetbaar is nie) geval het klim mnnr grootbek met sy regtervoet bo-op die dier se kop met die geweer in sy linkerhand om te brêg. Sarie…(!) vir ‘n foto! Sarie, moet nie toelaat dat die Seans jou in ‘n verleentheid probeer stel nie. Hulle weet nie wat hulle praat nie. Hulle verstaan nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Sean, moenie dom beweringe maak nie. Punt is: ek eet nie vleis nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.