Klagte by OB teen nuwe Vrystaat-premier

Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer. Foto: ANA

Die VF Plus het Woensdag ʼn klag by die openbare beskermer (OB), Busisiwe Mkhwebane, aanhangig gemaak en versoek dat sy ondersoek moet instel na bewerings dat die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela se seuns, Sibusiso en Duduza Ntombela, onregverdig bevoordeel is met tendertoekennings in die provinsie.

Tammy Wessels, VF Plus-LP van die Vrystaatse wetgewer, het gesê die Ntombela-broers besit ʼn maatskappy, MDBS Trading.

“Volgens inligting in die VF Plus se besit, is die geregistreerde adres van hierdie maatskappy die woonadres van premier Ntombela in Frankfort,” het Wessels gesê.

“Die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer het gedurende 2016 ʼn tender aan MDBS Trading toegeken om deel te neem aan die departement se kontrakteursontwikkelingsprogram. Die ANC se sekretaris-generaal en vorige Vrystaat-premier, Ace Magashule, se broer, Ezekiel, en dogter, Thoko Malembe, is ook na bewering onregverdig bevoordeel deur die program wat belastingbetalers reeds R300 miljoen uit die sak gejaag het.”

Wessels het gesê bakkies, waentjies en ander toerusting is glo aan Ntombela en Magashule se familielede as deel van die ontwikkelingsprogram oorhandig.

“Kontrakteurs wat voorheen by die program ingesluit was, sukkel om finansiële steun te kry sedert die politici se familielede kontrakte toegeken is. Terwyl die Etiekkomitee van die Vrystaatse wetgewer nie funksioneer nie, is dit nie bekend of die premier haar belange by MDBS verklaar het nie.”

Wessels het bygevoeg bewerings van onreëlmatighede in die toekenning van tenders bevestig die VF Plus se standpunt dat die Vrystaat onder Ntombela steeds nie in goeie hande is nie.

“Aan die begin van haar termyn het die VF Plus Ntombela daarop gewys dat dit nie moeilik sal wees om ʼn beter premier as haar voorganger te wees nie. Dit wil nou voorkom of die ANC en Magashule se plundering van die Vrystaat se finansies onder Ntombela voortgesit word. Die Vrystaat verdien ʼn  regering wat die belange van sy inwoners eerste stel, nie baantjies-vir-boeties-kontrakte en nog skandale soos die Vrede-suiwelprojek nie,” het Wessels bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Theresa B ·

Ag dit gaan niks help nie…………………………. Sy het opleiding nodig.

Callie ·

Dit met CR as president. Glo daar nog mense iets gaan verander met hom daar. Gaan lees bietjie wat oud ANC mp Melanie Verwoerd skryf. CR se grond onteiening program sink alle beleggers moontlikhede en korrupsie soos hierbo is ook een van die groot sondebokke. Hoekom kan korrupsie nie gestop word nie. Is dit oor die voorste leiers daarby betrokke is of is dit aanvaarbare praktyk vir anc

Thinus ·

Solank as wat die ANC bestaan, sal die C staan vir Corruption: AFRICAN NATIONAL CORRUPTION
Soos die Engelse se: “Mark my words”

Chris ·

Klagte by die OB!!! Lekker lag ek nou op n Donderdag oggend. Die ou mense het altyd die term gebruik as iets ongeloof waardig is “Daar sal dadels van kom”. Ek sien dit ook so vandag, sy is van die ANC en is gestuur vir haar en haar gesin se beurt om voordeel te trek uit die sogenaamde bodemlose geld pot. Sou dit nou n opposisie premier wees was dit natuurlik n heel ander saak en dan het die klippe en rook getrek. Die OB se program is sooo!!! vol en sal haar nie haas met enige ondersoek teen n lid van die anc nie.

Eish ·

Vergun my maar die Brits vandag.
It never rains but it pours.
Korrupsie en selfverryking is onlosmaaklik deel van … die helhool.

Joshua ·

Hierdie OB dame tesame met Shawn Abrahams sal alle kriminele sake erg afwater teen Zuma, Guptas en korrupte ANC diewe-hulle sal almaal vry loop.

Nettie ·

Jaaaaaaaa ….. broers en susters, mede-verdruktes ……

Jy melk die koei, jy sien, jy melk hom en jy melk hom en jy melk hom, totdat die koei hy slaat om, byna-morsdood-vrek want jy het net die koei gemelk en gemelk, maar jy het hom nie die kos en die water gegee nie.

Nou daardie koei, hy het omgeslaat van die honger en dors, nou jy vat die panga en jy slaat daai koei nóg meer dood … en dan vat jy die stukke vleis en jy sit hom op die vuur neer en dan dans jy, want jy eet lekker aan die dooie koei se vleis.

Nou die môre kom en jy kyk om jou rond, jy sien net die dooie vuur en die stukke van die dooie koei wat oorgebly het, dan jy raak kwaad vir daai Jan van Riebeeck en sê jy is honger, hy het jou grond gevat, jy gaan nou toyi-toyi ……….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.