Klagte kom teen EFF-lede wat winkel plunder

Die Vodacom-winkel in Mall of the North. Foto: Facebook

Die DA gaan Maandag strafregtelike klagte aanhangig maak teen EFF-lede wat Sondag ʼn Vodacom-winkel in die Mall of the North in Polokwane geplunder het.

Foto’s en video’s is Sondag van die voorval op sosiale media versprei. Dit wys toonbanke wat omgekeer is en elektroniese toerusting wat oor die vloer gesaai is.

Jacques Smalle, die DA se premierskandidaat in Limpopo, het gesê hy sal Maandag klagte aanhangig maak by die Polokwane-polisiestasie teen die “EFF-barbare” wat die winkel geplunder het.

Volgens Smalle het EFF-lede glo die winkel geplunder in reaksie op uitlatings wat Mavuso Msimang, voorsitter van Corruption Watch, Donderdagaand by die Vodacom Joernalis van die Jaar-toekenningsgeleentheid gemaak het.

Msimang het tydens ʼn skyfievertoning die gesigte van Julius Malema, leier van die EFF, en Floyd Shivambu, adjunkleier van die party, vertoon met die opskrif “misbruikers van demokrasie”.

‘n Foto van Msimang se skyfievertoning. Foto: Facebook

Vodacom het in reaksie op Msimang se toespraak gesê Msimang se sienings is sy eie en nie dié van Vodacom nie. “Vodacom glo in vryheid van uitdrukking en sal nie Msimang of enige ander meningvormer se sienings sensor nie.

“Vodacom is teen diskriminasie en dwepery in alle manifestasies, waaronder ras, ouderdom, geslag, gestremdheid, godsdiens, geslagsoriëntering en politieke denke.”

Smalle het die geweld veroordeel en wetstoepassingsagentskappe versoek om die saak te ondersoek en die skuldiges met onmiddellike inwerkingtreding in hegtenis geneem.

“Dit is duidelik ʼn teken van wat kom vir die EFF. Indien hulle nie van iets hou nie, soos hulle reeds gewys het met hul aanval op die media, gebruik hulle geweld en vernietiging tot elke prys.”

Die polisie in Limpopo kon nie onmiddellik meer besonderhede oor die voorval verskaf nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Kobus ·

Moenie n klag lê nie. Julle hoor dan dat vodacom hierdie soort demokrasie ondersteun.

Bokkie ·

Stem 110% saam met jou Kobus; want….? hulle is BANG vir die EFF

Janee ·

Dis mos ‘n vorm v uitdrukking, vryheid v spraak. Vodacom sla baie vinnig ‘n openbare beleid v diskriminasie teen witmense moet instel soos Discovery, anders gaan hy ‘n teiken vd EFF word

Bokkie ·

Stem OOK 100% saam met jou, ‘Janee’, hulle is netso bang vir die EFF haha! en moet dus nou mooipraatjies maak.

JV ·

Hulle is op video. Elke Vodacom winkel het meer as een Cctv kamera. So arresteer elkeen wat betrokke was,

Hoe nou..... ·

Arressteer die grootkoppe ook sommer – hulle was lank genoeg op vrye voet. Ontneem al hulle regte…..dan sal ons sien!

Spike ·

Dankie aan al die comrades. Julle is die oorsaak van die chaos in sa. Julle kinders is so opgevoed en die boompie is klaar gebuig.

Venetia ·

Verskoon my maar hoekom gaan die DA ‘n klagte lê, dit het mos eintlik niks met hulle te make nie? Hoekom lê Vodacom nie die klagte nie? Dink die DA druk nou hier hulle neuse in waar dit nie eintlik hoort nie. Uit die artikel klink dit ook asof Vodacom te slap gaan wees om ‘n klag te lê – liberale demokrate. Pateties!!

Grassie ·

Venetia – wanneer ‘n misdaad gepleeg word is die staat die klaer in die saak, so dit maak nie saak wie die misdaad rapporteer nie. Dit is nie soos in ‘n siviele saak waar twee partye sake teen mekaar maak nie. Wat egter dikwels gebeur is dat die staatsaanklaer so ‘n saak terugtrek as die slagoffer so versoek, wat ek bevrees is in hierdie geval gaan gebeur. Ek deel jou sentimente oor Vodacom.

Maljan ·

Haai grasbos jy is so slim maar weet jy wat? As vodacom nie n klag lê nie, sal die staat nie vervolg nie. So watse reg gee dit die da om n klag te gaanlê? Sover ek weet, behoort vodacom nie aan die da nie.

Tania ·

Ehm, julle weet blykbaar nie dat die Vodacom winkels is franchises nie. Vodacom voel vere, dis die person wat die franchise het wat hier onder benadeel word. So ek twyfel baie sterk of die winkel eienaars dit sal laat vaar.

Grassie ·

Maljan – ek dink dit is Langenhoven wat gesê het “swyg, dwaas, dan dink die mense jy is wys”. Voorwaar ‘n leersame stukkie lewenswysheid.

Andrew ·

Darrem snaaks dat ‘n spoedkamera se foto in elke hof geldig is, maar met video opnames word daar erg gepoer-poer.
Behalwe as jy die president se Ons Mense te na kom.

Lizelda ·

Ai, ai, ai. Is dit AL wat die EFF en ANC kan doen? Plunder, verwoes, vernietig??

Hennie ·

ek stem. moenie ‘n klag lê nie. Vodacom staan nou weer uit die water uit – tipies van gedrag van groot maatskappye.

Jerry ·

Wetstoepassers en wetstoepassing wat A-polities is, is deesdae min gesaai. Dit is bitter moeilik vir wetstoepassers om teenstrydig met hulle eie politieke ideologie op te tree en dan ook nog teen hulle eie broers en susters. In hulle geestestoestand is dit deel van die “struggle” en “the struggle for liberation continue”. Om arrestasies te maak omdat wetstoepassers daartoe gedwing word is een ding, maar dat dit gaan lei tot vervolging en skuldigbevinding sal nog eers gesien moet word. Indien die wetstoepassing nie DA gesind is nie, sal hier nie veel van kom nie en sal dit wys dat die DA blaf het, maar geen tande om die blaf te ondersteun! Die tendens van die toepassing van dubbele standaarde deur wetstoepassers en wetstoepassing eskaleer. Dit neem nie af nie en is daar vir almal om van kennis te neem. Hierdie tendens bied momentum aan die radikale “struggle” en gee die “struggle” die tande wat hy nodig het om te byt daar waar dit die seerste maak sonder enige noemenswaardige gevolge vir die radikales! Slagoffers word nie in berekening gebring nie omrede hulle in die pad staan van die eintlike slagoffers vir verandering en “liberation”. Dit is soos n krieket kommentator gereeld na verwys wanneer n span sukkel om die mas op te kom teen die opponente, naamlik dat dit “is nag in Garries”!

lewies ·

‘n Mens weet nie meer wie vriend of vyand is nie. Dit voorspel moeilikheid. Dit is die rede waarom die hele SA gekriminaliseer moes word. Skole, strate, banke, noem maar op. ‘n Duur prys wat vir ‘n liberale demokrasie betaal moes word.

Fanie ·

Gelukkig is Afriforum darem slim genoeg om nie ‘n klag by die polisie te lê nie. Ons mense het beter dinge om onsself mee besig te hou. Laat die liberale maatskappye hul eie gemors uitsorteer.

Vincent park ·

Net om sodat julle kennis dra, die EFF het gister Vincent park, in Oos Londen se vodacom winkel ook geplunder. Miskien kan Maroela n opvolg doen oor of die EFF landswyd bedreig voel deur Vodacom oor Vodacom ook rooi kleertjies dra.

What a joke! ·

Die Eff is nie n party nie maar n klomp gewoonte misdadigers!
Hul kom letterlik moord weg en verniel Suid Afrika tot die afgronde toe in!

Pop ·

Ek het die hele naweek geneem om aan een ding wat verbeter is, wat werk of wat in die nuwe regering se guns tel, net een, te kry. Ek kon nie??Nie n enkele ding nie. Dis erg as mens nie n enkele positiewe bydra kan vind van jou regering nie.

jakes ·

Dit help nie om die EFF alleen as misdadigers te beledig nie want hule maatjies, die ANC , sal dan ook aangekla moet word. As n mens se brein so groot soos n ertjiepit is dan doen jy sulke goed. Feite.

Con Dompi ·

Ek het dieselfde gedoen, Pop. Net Adv Thuli Madonsela en mnr Jack van der Merwe, projekleier van die Gautrein staan uit. Indien ‘n kader in beheer van die Gautrein projek was, was dit waarskynlik nog ‘n korrupte, onklaar gemors.

MAGGIE ·

EFF moes ‘n beter “job” gedoen het want VODA….. se diens is inni rooi!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.