Klagte oor polisie-brutaliteit neem toe

(Foto: SA Polisie)

Amptelike klagte oor beweerde polisiewreedheid teenoor mense neem toe terwyl vervolgings daaroor afneem, toon navorsing deur die DA se woordvoerder oor polisie, Andrew Whitfield. Hy is ook die party se Oos-Kaapse voorsitter.

Whitfield het die kwessie nou onder die aandag van die nuwe hoof van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), Jennifer Ntlatseng, vir dringende optrede gebring.

Oor die afgelope vyf jaar is 569 Suid-Afrikaners in polisie-aanhouding dood, van wie 115 die afgelope jaar. Altesaam 272 klagte van verkragting is teen polisielede aanhangig gemaak – waarvan 66 vanjaar – en 471 voorvalle van marteling die afgelope vyf jaar. Hiervan is 106 vanjaar aangemeld.

Oor die afgelope vyf jaar is 1 010 mense dood weens polisie-optrede, van wie 205 vanjaar.

In elk van hierdie vier soorte klagte teen die polisie is die syfer nou hoër as vyf jaar gelede, het Whitfield gesê.

Wat volgens hom die kommerwekkendste is, is die aantal ondersoeke wat onafgehandel bly.

Tans is nog net 55,6% van die ondersoeke na dood in aanhouding, 42,4% van verkragtingsklagte teen polisielede, 16,9% van ondersoeke na marteling deur die polisie en 13,1% van klagte oor mense wat dood is weens polisie-optrede afgehandel, aldus Whitfield.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Persheks Adri ·

Dis baie kommerwekkend dat hulle so sleg is en geen saak kom tot ‘n einde nie. Wonder wat gaan groot hoed nou weer te sê hê mmmmmm

Keelvol ·

Ek kan nie sien dat jy veel beter sal doen as n speurder nie.

Pensionaris Sedgefield ·

Klassieke geval van wolf skaapwagter maak. Hulle beskerm nie die skape teen wilde diere wat hulle wil vreet nie, hulle vreet die skape sommer self.

lollapot ·

Daar is maar net untouchables, hope van hulle! Our people…

Andre ·

Is dit nie maar die mentaliteit nie, as jy in beheer is doen jy wat jy wil. Of dalk ‘n te-kort aan opleiding?

Persheks Adri ·

Mentaliteit en amper geen opleiding nie. Kyk daai klomp in Eldoradopark. Weet nie eers wat in haar wapen was nie nogals eish!!!

4ntj13 ·

Onafgehandelde ondersoeke…
In ʼn polisiemag wat nie ondersoeke doen nie, sal kriminele elemente mos gedy!
ʼn Staatsdiens wat nie dienste lewer nie is net ʼn parasiet.
Albei behoort dringend uitgeroei te word. Selfs hongerly is nie ʼn verskoning nie. Begin by parallelle dienste met meer etiese onderbou, asb.

Keelvol ·

Jy kan net soveel ondersoek op n saak doen voordat jy n dooie punt bereik. As daar nie verdere leidrade is nie , wat stel jy voor moet gedoen word? Mense wat onnodige klagtes hangend maak mors die polisie se tyd.

Willem ·

Polisie vrót tot in die kern!!!!!Mnr hoed moet sy ry kry en alle misdadige polisielede moet uit die diens verwyder word!!!!!

Strandloper ·

Glo nie dit sal ooit gebeur nie. Nie met die All Now Criminals aan roer van van sake nie

Byekonfyt ·

Die keuringsproses se standaard is hopeloos te laag. Diegene wat ‘n lid van die SAPD wil wees moet bitter streng gekeur word voor hulle met wapens voorsien word. Dit is skrikwekkend om te dink dat sekere mandate aan bv. ‘n emosioneel onstabiele of magsbehepte individu toegeken word. As jy iemand anders wil beskerm en dit jou loopbaan wil maak, moet jy ‘n gedisiplineerde intelligente persoon wees wat kalm kan bly onder druk.

twaalfboor ·

Die feit dat hulle onhandig en onkundig met vuurwapens is gaan nog ons behoud wees. My seun was maar ń skramele 9jaar oud toe kon hy 9mm beretta pistool uitmekaar kon haal en weer aanmekaar kon sit binne 2minute. Iets wat ń “opgeleide” kaptein kollega van my nie kan doen nie.

JohanR ·

Lyk my in SA is die laaste wat jy bel as ‘n misdaad gepleeg die polisie!

Oros Soros ·

Persone wie selfmoord pleeg, sterf aan natuurlike oorsake en so aan is ook by die statistiek ingesluit. Breek dit ‘n bietjie op in kategoriëe, dan sal ons ‘n beter idee het wat aangaan.

LANA is ELANè ·

Ek persoonlik is DOODBANG vir die lede vd SAPD ~ en sal veel eerder ‘n gewone sekuriteitspersoon nader igv nood as die SAPD. Hulle is baie intimiderend en bitter ongeskik in gewone stasies, al is dit waar mens net iets soos ‘n voertuigongeluk rapporteer, behandel hulle mens asof jy ‘n krimineel is.
Om sekere persoonlikheidstipes in uniform te plaas met ‘n wapen, bemagtig hulle om altyd te dink hulle is in beheer.
Ek dink werklikwaar dat die SAPD se keuring rondom bevoegtheid v lede om tot die mag te behoort, is rerig soos om kleurkryt in ‘n kleuter se hand te sit ~ en psigometriese toetsing is ‘n klug.

Keelvol ·

Die gedrag van die algemene landsburger is nie verskoonbaar nie. Kyk na die gedrag van mense tydens die grendeltyd. Hulle het hulle maar net daaraan afgevee. Kyk na die gedrag van mense op die paaie en oor die kersfees seisoen. Oor n 1000 mense gaan elke Desember dood as gevolg van die algemene publiek se traak-my- nie-agtige-Houdings. Kyk na die gedrag by die Clicks winkels oor n advertensie. Dis somtyds nodig om hardhandig met mense te werk. Die DA wil net graag relevant hier bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.