Klagte oor riool in strate

Riool in die straat. Foto: Verskaf

Die DA in Noordwes gaan ʼn klagte teen die Tswaing-munisipaliteit by die polisie aanhangig maak rakende die rioolkrisis wat die gebied, wat Sannieshof insluit, teister.

Carin Visser, DA-LP asook die party se leier in die provinsie, het Maandag gesê die klagte hou verband met die oortreding van die Nasionale Omgewingsbestuurswet wat bepaal dat mense die reg op ʼn gesonde en skoon omgewing het.

“Ons sal ook die Sentrum vir Omgewingsregte versoek om die munisipaliteit te ondersoek wat versuim om beskadigde rioolpype te herstel. Dit veroorsaak dat die rioolstelsel oorstroom word en dat miljoene liter rou riool in die strate vloei,” het Visser gesê.

“Die riooloorstromings word veroorsaak deur die munisipaliteit se swak herstelwerk aan die rioolinfrastruktuur en hul voertuie.”

Visser het gesê die munisipaliteit ignoreer glo die party se deurlopende versoeke om die rioolstelsel te herstel en dat dit ʼn groot gesondheidsrisiko vir die omgewing en inwoners inhou.

Volgens Visser moet 6 400 000 liter se riool in die Sannieshof-omgewing skoongemaak word.

“Om die omgewingsramp op te ruim sal ʼn vragmotor met ʼn 6 000 liter-kapasiteit ten minste 48 persele per dag moet besoek om al die riool binne ʼn maand skoon te maak. Tans kan die vragmotor slegs nege roetes per dag doen. Inwoners het geen ander opsie nie as om riool in die strate in te pomp,” het sy gesê.

Maroela Media het navraag by die munisipale bestuurder, Mi Moruti, gedoen en wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Spietnik ·

Dit is darem nie gewensde oplosing van die probleem nie.
Onbevoegte mense doe.n sulke dinge.

M ·

Klink amper soos klerksdorp, riool loop vanuit my erf tot in di strate, munisipaliteit het hul eie tyd

Sieg ·

Ja dit is maar die norem met enige iets wat die ANC beheer alles val uitmekaar.

humor ·

Jaco heeltemal reg. Het jy al van die Afrikalande besoek. Dit is bykans aan elke dorp kenmewrkend. En dan wil hulle plase he???????????????????????????

Standaarde standaarde ·

Dit is waar hulle (die massas) HAPPY is . wil vir niks betaal nie .. slaggate en riool is ok . solank die blankes nie strate het nie en solank die blankes nie huise en plase het nie sal hulle in chaos leef .. Hulle is HEEL HAPPY in al die afrikalande om in tente te bly en deur die UN kos gegee te word …

Ronel ·

Is julle seker dis Sannieshof? Klink amper soos Kroonstad….

Commie ·

Dit is hoe die ANC en EFF die hele land wil sien, ook die voorheen blanke areas moet ook nou riool in die strate he .. NOOIT was die idee dat die swartmense opgetrek sou word na die blankes se vlak toe nie .. almal moet ewe vrot in die riool leef en in ‘n staats mediese stelsel waar almal in rye by die kliniek sit en doodgaan voordat hulle gehelp word . die idee was NOOIT dat dit ewe GOED Met almal gaan nie maar EWE SLEG ..

Adri ·

Greylingstad is ook bevoorreg om in sulke Afrika-omstandighede te verkeer.

Callie ·

Hulle kan nie n dorp bestuur nie, nie n lugdiens nie, nie n kragsentrale nie, ai tog. Wat kan ons kry wat hulle kan bestuur. Dis moontlik die moeilikste vraag in di land se geskiedenis

Thinus ·

Nee los hulle DA, dis hulle eie skuld en eie riool, hulle het almal ANC gestem, dit is ANC stadsraad en ANC sal dit bly en die skuld is apartheid sin. Maar dis nuwe riool!
Los hulle dat hul die ANC taal praat, DAN IS HULLE BAIE GELUKKIG.

Bekommerde ·

Julle sit op ‘n tydbom – daar kan verskriklike siektes uitbreek. Wat ‘n gemors wat ASAP reggestel moet word! Sterkte vir almal betrokke.
Suid Afrika pluk die vrugte van mense aanstel wat nie bevoeg is om die werk te doen nie. Niemand wen op die oomblik nie – ALLES IS’n GEMORS in SUID AFRIKA.

Nikita ·

Die regerende party het geen skaamte nie…al hoe meer dorpe is besig om dieselfde omstandighede in die gesig te staar. En so plaas hulle een vir een munisipaleteit onder administrasie.

Jacky Strydom ·

Dis absolute chaos. Ons is baie dankbaar wel vir Carin Visser, Soret Viljoen en Ina Visser wat, deur al die chaos probeer ons Sannieshof regruk en reghou. En Fanus Du Toit het ook al menige dag sy inspring en regmaak mee gehelp.

Gemaskerde Sopbeen ·

En wat het Donald Trump Afrika genoem ? Dit wil voorkom asof hy meer geweet het as waarvan ons bewus is?

Akademi Buktu ·

Hoe verwag julle dat hulle behoorlike diens moet lewer? Dienslewering vereis geld en dit het hulle immers nodig vir die oordadige salarisrekening. Onthou die credo is “job creation” en nie “work creation” nie.

Sannieshof inwoner - Bovenstraat! ·

Dis net soos dit is!! Mens kan nie eers by n besigheid in die hoofstraat stop sonder om deur rou riool te loop of daardeur te ry…. jigggggggghh!! En by ons huise word vullis nie verwyder, water is nie in krane beskikbaar en dreine word nie gesuig!! GEEN DIENSLEWERING!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.