Klagte teen Dewani-regter laat vaar

shrien-dewani

Shrien Dewani tydens sy verhoor in die Wes-Kaapse hooggeregshof Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA/Pool

Die Regterlike Dienskommissie (RDK) het ’n klagte teen regter Jeanette Traverso rakende haar hantering van die Britse sakeman Shrien Dewani se moordverhoor, van die hand gewys.

Die Higher Education Transformation Network (HETN) en ʼn groep genaamd Justice4Anni het Traverso daarvan beskuldig dat sy bevooroordeeld was ten gunste van Dewani se regspan tydens die verhoor.

Die RDK se gedragskomitee het gesê albei partye se klagtes was op opinie gegrond en dat dit nie deur betroubare feite gestaaf is nie. “Ontnugtering oor ’n geregtelike besluit regverdig nie ’n dissiplinêre proses nie. Die res van die klagtes deur HETN en Justice4Anni is ligsinnig en sonder substansie,” het die komitee in sy uitspraak gesê.

Die HETN en Justice4Anni het regter Traverso daarvan beskuldig dat sy geweier het dat sleutelbewyse deur die staat by die hof ingedien word. Hulle het gesê Traverso was nalatig, onbevoeg en dat haar optrede nadelig vir die onafhanklikheid en onpartydigheid van die hof was.

Dewani is daarvan beskuldig dat hy mense gehuur het om sy vrou, Anni, te vermoor tydens hul wittebrood in Kaapstad in 2010. Hy is verlede jaar vrygespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daleen ·

Ja wat, die RDK laat vaar maar altyd die sake. Traverso kan doen net wat sy wil, ook “untouchable”.

snip ·

Skandelik dat hierdie “chipmunk” so deur die krake van n vrot regstelsel kon val. Hy is skuldig en ongevoelig. Ek kry Anni se ouers vreeslik jammer, om te sien dat die man wat verantwoordelik vir jou kind se dood is nou vry kan rondloop en niks oorgekom het nie, dit moet erg wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.