Klagte teen Fransman teruggetrek ná ooreenkoms

Marius Fransman

Aanklagte van seksuele aanranding en crimen injuria teen Marius Fransman, voormalige voorsitter van die ANC in die Wes-Kaap, is Woensdag in die Kimberley-landdroshof in die Noord-Kaap teruggetrek.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het gesê dit is nadat ʼn bemiddelingsooreenkoms tussen die betrokke partye bereik is. Phaladi Shuping, woordvoerder van die NVG, het gesê die aanklaer is oortuig dat die klaer dit verstaan en daarmee saamstem, en dat die saak teruggetrek word.

“Aanklagte van seksuele aanranding en crimen injuria kan bemiddel word indien daar ʼn ooreenkoms tussen die partye is. Die aanklaer sou nie die terugtrek van die klagtes oorweeg het indien dit ʼn ernstige seksuele oortreding was waar die minimumvonnis toegepas sou word nie, soos verkragting.”

Fransman is daarvan beskuldig dat hy sy persoonlike assistent in 2016 by verskillende geleenthede seksueel aangerand het. Die beweerde aanrandings het destyds onderskeidelik in ʼn hotel in Kimberley, in die Noord-Kaap, en ook in Rustenburg ten tyde van die ANC se 8 Januarie-viering daardie jaar plaasgevind.

Die NVG het in Desember verlede jaar eindelik aangekondig dat hy gereed is om Fransman te vervolg waarna besluit is dat die saak in die Kimberley-landdroshof aangehoor sal word.

Fransman is reeds in November 2016 vir vyf jaar uit die ANC geskors nadat die party se tugkomitee hom skuldig bevind het aan twee aanklagte van wangedrag.

Een van die aanklagte hou verband met seksuele teistering, terwyl die ander verband hou met openbare verklarings deur Fransman wat die party in oneer geplaas het.

Fransman het deurentyd volgehou hy is onskuldig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Ella ·

En daar kom nog een los.
Die regering verstaan nog nie sy eie boodskap aan vroue: JULLE is nie so belangrik soos ONS mans.

Emma ·

Geweet daar gaan niks van kom nie, die anc koop als om en geld praat

Daan Erasmus ·

As daar geld betrokke is, dan moet dit mos prostitusie wees?

Mm ja nee ·

Aan die een kant,,,,BESKERM VROUE EN KINDERS… Aan die ander kant, mnr so en so is opgeskorte vonnis gegee, of saak is terug getrek vir die en daai seksuele aanranding….. Miskien kan dit n beter ‘verstaan’ prentjie skep as ons verduidelik word waarom die persoon nie verder vervolg word nie, nie net n ‘klaer het saak terug getrek nie’ kan die staat of ‘woman against woman en child abuse’ dit nie aanvat nie? Oh ja, in SA praat ons Mos deesdae sonder enige aksie…. Dis so so hartseer….

Callie van der Merwe ·

As ‘n mens jou so kan laat omkoop dan sê dit iets van jou karakter. Seksuele tystering behoort nie met geld geskik te word nie!

Rupert Ashford ·

So, toe ons betaal word onthou ons skielik ons is nie seksueel aangerand nie…dit klink amper soos…toemaar…

Rupert Ashford ·

Was hier ‘n finansiele “skikking” betrokke? Indien wel…

Grassie ·

Nou wonder ek – sluit die ‘bemiddelingsooreenkoms’ ‘n betaling aan die slagoffer in? Indien wel kom dit neer op die afkoop van ‘n misdaad wat in die vorige bedeling as ‘n ernstige misdaad beskou is. Let wel – daar moet onderskei word tussen ‘n kriminele saak en ‘n siviele geding. Maar as iemand ‘n slagoffer betaal om ‘n kriminele klagte te laat vaar is en bly dit ‘n oortreding. Behalwe miskien in ‘n piesangrepubliek

JohanL ·

Ek wonder hoekom is die ANC vroue-liga so STIL met hierdie saak? Hulle moet mos nou betoog oor hierdie swak uitspraak, want die regte van die klaagster word ge-minag. Ekskuus, die oortreder is mos lid van hul eie organisasie – die ANC. So solank jy lid van die ANC is, sal jy wegkom met seksuele oortredings.

Jimmy ·

Oor ‘n jaar of wat is Fransman weer ‘n minister of ambassadeur.

Nico ·

Wel regering moet onmiddelik die wet verander dat wanneer enige persoon ‘n klag lê wat te doen het met seksionele aanranding die klag nie terug getrek mag word nie. Dit moet sommer 5 jaar terug werkend wees. Ek wonder ook nou hoe eg hierdie klaagster se bewering net weer ‘n valse aantuiging was soos ek vermoed vele is ongeag die hof se bevinding.

Kiewiet ·

Wonder of hier ook R50K aan die slagoffer gegee gaan word sodat sy nie nodig voel dat omkoopgeld haar opsie is nie. Hoop mnr. Lesufi kan help. Dit salbso regverdig wees en defnitief die regte boodskap uitstuur vir vroue

Genieve ·

Nou verstaan ek glat nie die storie nie, hoekom trek sy dan die saak trug??na 3jaar.

marous ·

En as dit iemand was sonder geld , dan moes hy lewenslank tronk toe ? Wat ‘n verotte klug van ‘n land !

MANIE ·

Waars die aunties met die anc kopdoeke wat so getrou was by die witverkragter nou om die arme vrou te ondersteun. Presies wat ek daar gese het. As dit in hulle eie geledere is dan is hulle doodstil. Julle moet nie openlik so twee gesig wees.

SjN ·

Die klaagster gaan definitief finansieel vergoed word, hoop sy betaal haar regmatige deel aan sars en meld dit as lyfrente inkomste.

Andre C ·

Was dit omkoopgeld of dreigemente of n kombinasie wat die vrou na 3 jaar laat besluit om die saak te laat vaar ? n mens kan net wonder

Swannie ·

Nou ja toe, daar slaan n vrou munt uit `n seksuele aanrandingsklagte.
Lyk my sodra daar `n ou geldjie te make is, is `n seksuele misdryf toe nie so erg nie.
Dit maak van die vele veldtogte en gekerm van vrouens die afgelope tyd `n groot grap – maar “all men are trash” ???

Anoniem ·

Swannie – ek stem saam, as daar ‘n geldjie te maak is, maak Hulle dit ! Sy gewete gaan hom RY !

Piet ·

Kader geregtigjeid: Skandalig. Kan nou al raai – hy is vir groter dinge bestem. En dit na die onlangse groot boehaai oor vroueregte.

jjobson ·

Hennie,Hennie – I do not believe you will be able to provide input within her frog.

erika ·

EN……. hoeveel tyd en geld is spandeer aan hierdie saak…wat ‘n klug!
Pleks hulle maak van hom ‘n voorbeeld, maar maak seker saak vir wie jy stem en ken!

Hanna Hoekom ·

Almal wst kastig so vir vroue en kinderregte veg, is nou doodstil. Nie eens die EFF maak amok nie… Is dit omdat die oortreder n sekere kleur is? Ek vermoed hier was groot geld betrokke. Onthou destyds Mkaya Ntini? Daardie verkragtingsaak het ook net “verdwyn”. En dan gaan die manne voort met hul loopbane.

Niklaas ·

Duidelik was die Afrika Saluut (oop bakhand agter die rug) gemaak en heelwat geld is verwissel . Hierdie man sal weer opduik binnekort in n promonente pos. Hou maar die media berigte dop. Geen woord of geluid van die vroueliga. Vreemd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.