Klagte teen hoofregter Mogoeng bekyk

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. (Foto: REUTERS/Siphiwe Sibeko via African News Agency/ANA)

Die kommissie vir geregtelike optrede het aangekondig dat hy ondersoek instel na ʼn klagte teen hoofregter Mogoeng Mogoeng se uitsprake oor die konflik tussen Israel en Palestina.

Die drukgroep Africa4Palestine het ʼn klag teen Mogoeng ingedien nadat hy tydens ʼn paneelgesprek kritiek gelewer op die ANC-regering se eensydige benadering tot die stryd tussen Israel en die Palestyne. “As Christen kan ek niks anders doen as om Israel lief te hê en vir dié land te bid nie omdat ek weet dat haat vir Israel deur my en my nasie slegs ongekende vervloeking op ons nasie teweeg sal bring,” het Mogoeng in die webinaar gesê. Hy het bygevoeg dat Suid-Afrika hom die wonderlike geleentheid ontneem om spelwisselaar in die Israel-Palestynse situasie te word.

In ʼn verklaring wat Maandag uitgereik is, sê die waarnemende voorsitter van die kommissie dat hy aan regter PM Mojapelo, ʼn lid van die betrokke kommissie, opdrag gegee het om Africa4Palistine se klag te bekyk en te bepaal of dit meriete het. “ʼn Artikel-17 ondersoek moet gedoen word. Dit beteken dat daar geen onus op enige persoon is om enige aantyging of feit te bewys of verkeerd te bewys nie. Dit hoef ook nie ʼn formele ondersoek te wees nie, maar die persoon wat die ondersoek doen kan wel besluit dat dit formeel moet wees. Die lid van die kommissie wat die ondersoek uitvoer kan ook relevante inligting invoer op enige wyse wat hy of sy as gepas beskou,” lui die verklaring deur die kommissie vir regterlike optrede.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Adam Adriaan

Die hoofregter is reg. Dit staan in die Woord, waar God ‘n verbond met Abram gesluit het. God sê duidelik”Ek seên die gene wat jou seên en vervloek is die gene wat jou vervloek”!!! Genisis 12 vers 3.

NEO

Weereens ‘n bewys dat jy geen opinie in jou persoonlike hoedanigheid mag hê nie. Enige opinie teen die ANC regering en jy word verwyder.

JohanR

100% agter jou Hoofregter.

Johann

So sy geloofsuitlating word nou ondersoek? Maw hy as Christen word nou vervolg en in die bek geruk?

Anel

Jy mag geen siening van jou eie hê as dit nie met die ANC se siening saam stem nie. Jy mag nie ‘n Christen wees nie. Dit is komunisme. Sterkte aan die regter wat bereid is om op te staan vir sy Christenskap. As meer mense dit dien kan daar dalk hoop wees vir hierdie land.