Klagte teen Lesufi stapel op

Panyaza Lesufi. (Foto: Verskaf)

Die VF Plus eis ook dat die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, uit sy pos verwyder moet word indien die bewerings dat hy in ʼn beweerde geheime vergadering tenders aan mense beloof het, waar is.

Maroela Media het vroeër berig Lesufi het glo tydens ’n vergadering stellings gemaak wat daarop dui dat hy inmenging in tenderprosesse aanmoedig. ’n Opname is bekom waarin Lesufi glo onder meer sê dat dit sy verantwoordelikheid as LUR is om te verseker dat tenders “sy mense” tevrede stel. Daar kan ook in dié opname gehoor word hoe die LUR tydens ’n vergadering aan sy span sê dat amptenare betyds moet weet wanneer beheerliggame tenders adverteer.

Die VF Plus gaan nou die Openbare Beskermer (OB) en die Menseregtekommissie (MRK) vra om die beweerde uitlatings te ondersoek. Die party sal die ondersoeke monitor en druk op David Makhura, die premier van Gauteng, plaas om Lesufi af te dank.

“Sou hierdie uitsprake korrek wees, moet Lesufi uit sy pos verwyder word,” sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se nasionale voorsitter en ʼn lid van die Gautengse provinsiale wetgewer.

Alberts sê voorts dit lyk of die beweerde uitsprake van Lesufi met verskillende swart rolspelers ook verdelend is aangesien daar sprake is van vooroordeel ten gunste van sekere rassegroepe teenoor ander.

Op grond hiervan word die klagte by die MRK ingedien.

“Openbare tenders mag nie gebruik word om net sekere groepe te bevoordeel nie en moet in terme van bestaande regsnorme hanteer word.”

Die VF Plus het die OB reeds gevra om die Gautengse onderwysdepartement se tenders verlede jaar vir die ontsmetting en diep reiniging van openbare skole te ondersoek. Hy gaan die jongste beweerde onthullings oor Lesufi ook by die OB indien vir ondersoek teen die agtergrond van dié problematiese tenders.

Die Educators Union of South Africa (EUSA) het reeds gevra dat Lesufi opsy staan terwyl die bewerings ondersoek word – of geskors moet word, terwyl Solidariteit versoek het dat Lesufi nie net geskors moet word nie, maar ook aangekla en uit sy amp ontslaan word. Solidariteit meen Lesufi en sy kaders het “plunderaars onder die dekmantel van ʼn regering geword”.

Lesufi het vroeër ontken dat hy enige geheime vergadering belê het om tenders te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Persheks Adri ·

Hy lieg so hy glo homself en natuurlik sal hy alles ontken. MRK gaan niks doen nie gggmmmfff. Hoe vinniger dié ou uit is hoe beter laat hy gly SONDER voordele pffft

Suzette ·

AS hy gly, en dit is ‘n groot AS, gaan dit met voordele wees, dan hoef hy nooit weer te werk nie en gaan hy geprys word vir sy uitsondelrike bydrae tydens sy ampstermyn.

Androclus ·

Hulle ontken altyd alles,maar hy weet vir ‘n feit hy het dit gedoen.

Misky ·

Sluit sommer die skurk toe!!!! Hy is verantwoordelik vir duisende kinders wat daagliks in haglike omstandighede moet skool gaan

Jannie van Niekerk ·

Hy is ANC – Net soos Magashule en Zuma sal hy deur die ANC en die MRK beskerm word. Ek weet van geen MRK vervolging waar ANC en EFF onderteuners ondersoek is nie. Inteendeel: Mnr Andre Gaum sal eerder die klaers laat vervolg omdat hulle durf waag om sulke belangrike mense aan te vat

jzjz05 ·

Is daar n plek wat n mens kan nader om die MRK te laat ondersoek vir eensydigheid en diskrimineer teen sommige rasse.?

Bella ·

Nou waar is Pres Ramaphosa, wanneer die hele land deurloop onder binnelandse terreur? Jy kan hierdie kriminele golf niks ander noem nie want ons loop die hele tyd deur. Is Suid Afrikaners minder belangrik omdat ons nie in n ander land is nie?
Waarom is daar nie aanmoediging teen misdaad, publieke uitsprake teen misdade, en aksies teen misdaad nie.
Nuttelose regering!

Rooikoos ·

“Die party sal die ondersoeke monitor en druk op David Makhura, die premier van Gauteng, plaas om Lesufi af te dank”
Hoe gaan die druk toegepas word?

koos10 ·

Hy is anti Afrkaans. Hy sal nêrens heen gaan nie, en nog aangemoedig word om voort te gaan met sy (afbreek?) werk.

Pot se lepel ·

Ten minste het hy nou die regte kriteria bereik om n kabinetsminister te word. Welgedaan.

Nie Verbaas ·

Gewoonlik ontken pateties lafaards dat hulle skuldig is.

Chivago ·

Letterlik alles word ondersoek in hierdie land, en absoluut niks gebeur nie

James ·

Swartheid is die sleutel. As jy in Amerika swart is – is die “job” joune want jy is ‘n minderheid. AA werk vir jou.

As jy in Suid Afrika wit is is jy ‘n minderheid – maar jy word geskroef. AA werk TEEN jou.

Wat is die “common denominator?”

Die atwoord is BITTER eenvoudig.

Semaanet ·

Ek se nog die hele tyd….gaan kyk na sy betrokkenheid by die aankoop van die “smart boards en tablets”……sy dinge begin al daar en dan kyk julle sommer ook hoeveel afrikaanse skole se taalbeleid moes verander onder hom.
Waar is ons ondersoekende joernaliste ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.