Klagte teen loteryraad oor ‘geheime’ begunstigdes

(Foto: Raymond Joseph/GroundUP).

ʼn Strafregtelike klag is teen die Nasionale Loteryraad aanhangig gemaak weens sy versuim om die name van sy begunstigdes bekend te maak.

Mat Cuthbert, DA-woordvoerder oor handel, nywerheid en ekonomiese ontwikkeling, het gesê die party het besluit om die klag aanhangig te maak nadat geen name van die loteryraad se begunstigdes vir die 2018-’19-boekjaar, die 2019-’20-boekjaar, óf vir Covid-19-noodverligting-begunstigdes bekend gemaak is nie.

Cuthbert sê volgens die regsmening wat die DA daaroor ingewin het, tree die loteryraad onregmatig op deur nie die lys van begunstigdes bekend te maak nie.

“ANC-parlementslede en die loteryraad het hand en tand geveg om die inligting geheim te hou van parlementêre oorsig en die komiteevoorsitter het versuim om ʼn regsmening daaroor, wat meer as ʼn maand gelede van die parlement se regsadviseur aangevra is, voor te lê,” het Cuthbert gesê.

Volgens hom het die loteryraad die DA se eie regsmening as “moedswillig en kwaadwillig” afgemaak. Nietemin gaan die DA voort om te bewys dat beweerde korrupsie agter ʼn waninterprestasie van wetgewing versteek word.

Die DA se Mat Cuthbert maak die klagte teen die loteryraad by die Sunnyside-polisiestasie aanhangig. (Foto: DA)

Die loteryraad voer aan wetgewing verbied hom om die inligting aan die publiek bekend te maak.

Volgens die regsmening wat die DA ingewin het, keer die wetgewing nie die loteryraad om die name van begunstigdes aan die parlement bekend te maak nie en dat die wetgewing dit inderwaarheid vereis. Cuthbert sê volgens die regsmening tree die loteryraad onregmatig op omdat hy ʼn regsfout begaan.

“Ons het dus ʼn omvattende beëdigde verklaring met verskeie aanhangsels saamgestel wat uitstippel hoe die nasionale loteryraad sy plig versuim om aan die parlement en die Suid-Afrikaanse publiek verantwoording te doen,” het Cuthbert gesê.

Hy sê daar is oorweldigende bewyse om dít te staaf en dat die DA glo dit is sy plig om die saak aan te meld. Die klag is Maandag by die Sunnyside-polisiestasie in Sunnyside aanhangig gemaak.

“Die DA is daartoe verbind om te verseker dat die geld wat vir die kwesbaarstes in ons samelewing bestem is, uit die hande bly van misdadige karakters wat daaruit wil voordeel trek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Magda ·

Waar ANC n vinger in die PIE het – is daar korrupsie – Julle gaan lank wag vir daai lys – of julle dit gaan kry is n BAIE GROOT VRAAG. Doen wat hulle doen, kry dit onwettig as hulle NIE dit wil verskaf nie.

MrMagic ·

Baie dankbaar dat hulle wel begin vrae vra het. Die mense gaan geskok wees om uit te vind waarheen al daardie miljoene heen is. Sal goed wees as al die wenners se name weekliks aanlyn aangetoon word sodat die publiek dit kan dophou, dit behoort die bedrog effe in bedwang te bring. En dan terselfdertyd ook ‘n beloning betaal aan die publiek wat enige skelmstreke kan openbaar.

Pieter J ·

Gee egige iets vir die ANC en hulle sal dit op ń manier gebruik om bedrog te pleeg.

Mallie ·

Dit gaan seker ook nou weer voor die deur van apartheid gele word. Die anc is so onbevoeg soos hulle voor voor vaders nie eers van kon droom nie.

Adam Adriaan ·

Daar is nêrens waar die ANC en sy kaders nie skelmstreke uithaal nie. Sal nie verbaas wees as uitslae ook gemanupileer word tengunste van die AN/EFFKader gemeenskap. nie

Leon ·

Die kaders word seker maar gehelp. Ons ex pres is mos in finansiële moeilikheid. Miskien help hulle hom uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.