Klagte teen munisipale bestuurder oor riool in veld

(Foto: Jimmy Chang/Unsplash)

Die VF Plus het ʼn strafregtelike klag teen die waarnemende munisipale bestuurder van die Nala- plaaslike munisipaliteit ingedien weens rioolvuil wat glo etlike jare al in die veld uitgepomp word.

Die munisipaliteit bedien dorpe soos Bothaville en Wesselsbron in die Vrystaat.

Desmond Reed, ʼn VF Plus-raadslid van die munisipaliteit, sê ʼn pomp by die rioolverwerkingsaanleg is glo gesteel en die munisipaliteit het oënskynlik besluit om die rioolvuil in die veld uit te pomp, pleks daarvan om die pompstasie te herstel.

“Die riool wat al vir sowat drie jaar gereeld in die veld uitgepomp word, besoedel nie net die omgewing nie, maar syfer ook deur na die grondwater,” het Reed gesê.

Die klag is by die Wesselsbron-polisie ingedien en hou verband met ʼn oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, die Waterwet, asook die Wet op Afvalbestuur.

“Suid-Afrika is ʼn waterskaars land waar ons huidige waterbronne reeds onder geweldige druk verkeer. Hierdie grootskaalse besoedeling van die omgewing en water is onaanvaarbaar en moet ten alle koste verhinder word,” het Reed gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Snowball ·

Geen respek vir die natuur, vir lewe, vir bewaring vir die nageslag, of vir die wet nie.

Rose ·

Niks word meer in stand gehou nie. Ek twyfel of die wil en kennis bestaan. Swaar voertuie word nie herstel of vervang wat gebreek het nie. As n digger loader, waterlorrie of padskraper breek, dan moet hulle daar sonder klaarkom, of hulle leen net n ander area s’n.

Pieter ·

Dit is vreemd dat die Departement van Water en Sanitasie nie optree in sulke gevalle, duidelik word die wet oortree en besoedeling vind plaas. Die Departement beskik oor ‘n vervolgingseenheid. Dit is makliker om boere te teiken, want hulle staan op hul eie en is polities gemerk. As die regering wil geld bespaar, maak hierdie vervolgingseenhede toe want dié is ‘n klug. Die Aurora besoedelingsaak met Zuma en Mandela se kinders by die Blesbokspruit sloer al byna 10-jaar.

netekalleen ·

Dit pla die regering nie want hulle word nie direk daardeur beinvloed nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.