Klagte teen Zuma oor ‘seksistiese’ uitspraak

Pres. Jacob Zuma herregistreer om te stem. Foto: Twitter

Pres. Jacob Zuma herregistreer om te stem. Foto: Twitter

Pres. Jacob Zuma het Saterdag weer in die spervuur beland omdat hy glo gesê het vroue wat te gou oor teistering kla, sal sukkel om goeie mans en huwelike te vind.

Zuma het die stelling glo gemaak toe hy by die Ntolwane Primary School in Nkandla herregistreer het om te stem. Volgens berigte het Zuma gesê vroue kla te vinnig dat mans hulle teister, wanneer mans bloot hulle ʼn onskuldige kompliment gee. “Wanneer mans julle onskuldig komplimenteer, sê julle dis teistering. Julle gaan goeie mans en huwelike misloop.”

Phumzile Van Damme, die DA se nasionale woordvoerder, het uitgevaar teen Zuma se uitsprake en gesê dit is “buitensporig seksisties” en ʼn belediging vir elke vrou in die land, veral dié wat oorlewendes van geweld en seksuele mishandeling is.

“Dit is juis hierdie patriargale houding wat veroorsaak dat vroue die slagoffers bly van hoë vlakke van geweld en seksuele mishandeling regoor die land. Dit is hierdie denkwyse wat vrouens uit ons ekonomie en poste uitgesluit hou wanneer hulle  ʼn broodnodige inkomste vir hul families kan inbring,” het Van Damme gesê.

Sy het gesê die DA sal ʼn klag teen Zuma by die Menseregtekommissie (MRK) indien. Die party sal ook aan Zuma en Bathabile Dlamini, die president van die ANC Vroueliga, skryf om ʼn onmiddellike verskoning te eis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Susan ·

Ek dink zuma is reg kyk net hoegaan dit in amerika met feministe groepe dis hoekom mans nie meer wil trou nie .

Gideon Roos ·

So baie soos ek dit haat om met Zuma saam te stem, is hy reg. Dis hoekom ek hoofsaaklik nie meer regtig opsoek na ‘n verhouding is nie. Die risiko vir probleme begin die voordele van ‘n verhouding oorlê.

En ja, kyk net hoe lyk dit in Amerika. Dit maak by ‘actually’ bly om in Suid Afrika te wees, met sy probleme en all.

Gertjie ·

Nou gaan hy weer sê. “Julle verstaan hom verkeerd , hy’t dit of dat bedoel of gesê”.

Trolle ·

DA is belaglik om hom daaroor aan te kla.
Zuma is reg daar hoe gaan n man oot kan aanle by n vrou as jy nie mag kyk vir hulle of iets goed mag se van hule nie.Vrouens is besig om in mans te verander en mans weer in vrouens op die ou einde gaan almal net n dit wees.

Jessica ·

As verkragtings nie so hoog was in Sa was hy dalk reg maar vir die huidige situasie is die DA op die bol.

Francois ·

Ek wonder of die spul Stellenbosse kaalbors-betogers ook nou na Nkandla gaan opruk om hul sogenaamde anti-verkragting veldtog dáár voort te sit.

Vic ·

So vroue mag nie kla oor seksistiese optrede teen hulle nie maar Zuma is vinnig om andere van rassisme te beskuldig?

FW ·

Zuma is ‘n populis hy se wat die groep met wie hy praat wil hoor maak nie saak van die nagevolge nie dit is waarom hy die laagste geskoolde staatsleier in die wêreld is

Veritas ·

Vir ‘n verandering moet ek, in ‘n mate, met ou Zoomer saamstem. Daar is regtig niks fout met ‘n ligte flirtasie nie. In die meeste gevalle word dit as ‘n kompliment bedoel maar die teenoorgestelde is ook waar. Sommige mans ken nie die perke van ‘n onskuldige flirtasie nie en die resultaat daarvan grens aan seksuele teistering. Dan moet ek ook sê dat sommige vroue, ‘n vriendelike glimlag vertolk as ‘n uitnodiging slaapkamer toe. Die grens tussen die twee is baie dun en feministe oorreageer maklik.

johan ·

Jakob Zuma het nie veel geleerdheid nie natuurlik ‘n swak staatsman maar ek moet met hom saamstem in die geval. Meeste vroue is afkrakend, vermakerig of dink net eenvoudig dat hulle te goed is vir ‘n man as hulle genader word.

Maria van Dieweeck ·

SJOE! kan sien manne voel sterk oor die punt..as vrou het ek dit nog altyd geniet as n man my n mooi kompliment gee. Mooi, sonder seksuele innuendo werk vir my. dan kan jy mos nie in die moeilikheid kom nie?

nickie ·

Geen vrou sal oor n mooi kompliment kla nie. Weet nie hoekom hy dit se nie…

Gideon Roos ·

Nickie, ongelukkig is daar baie vrouens wat oor ‘n kompliment sal kla. Kyk net na hoe dit lyk in Amerika met all hulle feministe. Hulle will dit seksuele aandranding verklaar vir ‘n man om ‘n vrou ‘n kompliment te gee.

Groenie ·

Onse president het seker die regte komplimente gegee.. nege vroue later maak dit hom seker een van die hoogs gekwalifiseerde persone op die gebied in die wêreld. So gee onse president die keer ñ dankie vir sy bekommernis oor al die oujongnooiens in onse land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.