Klagte volg binnekort oor vermaerde perd

‘n Vermaerde Connie. (Foto: Facebook)

WAARSKUWING: Die foto in die berig mag sensitiewe lesers ontstel.

Die Garden Route-Dierebeskermingsvereniging (DBV) in George gaan ’n klag van wreedheid teenoor diere teen die eienaar van ’n vermaerde perd aanhangig maak.

Connie, oftewel Coniston Gold, is Donderdagoggend in die sorg van die DBV geneem nadat sy oortrek met bosluise en ’n besmette wond in Pacaltsdorp aangetref is. Connie was vermoedelik op haar dag ’n resiesperd.

Luidens ’n verklaring het ’n besorgde buurman die DBV genader om hulle in te lig van Connie se swak toestand waarna inspekteur Vanessa Lucas Woensdag ondersoek ingestel het.

In New Dawn Park gekom, was Lucas ontsteld deur die gesig wat haar hiér begroet het, sê die DBV.

Connie nadat haar wond ontsmet en sy gebad is. (Foto: Facebook)

“Sy is heeltemal uitgeteer, oortrek van bosluise en het ’n besmette wond aan haar regtervoorpoot. Ons kan nie glo dat haar eienaar nie met ons kon kontak maak toe hy agterkom dinge loop skeef nie. Dit is onaanvaarbaar,” lui die verklaring.

Lucas het vanoggend met behulp van nog ’n inspekteur na New Dawn Park teruggekeer waar hulle Connie opgelaai en haar na die DBV geneem het.

Luidens die vereniging se jongste verklaring gaan dit sedertdien baie beter met Connie nadat haar wond vroeër vandag ontsmet en sy gebad is.

“Connie is ’n absolute liefling en haar sy blink reeds bietjie helderder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rudolph ·

Dit is die lot van baie onderpresterende (afgetrede) renperde. Die res gaan slagpales toe. ‘n Barbaarse bedryf

Magda ·

Hoop die persoon gaan n VET boete kry en sommer lank gemeenskapdiens by die DBV om te leer om na diere om te sien as jy hulle wil aanhou – Bly sy lyk en voel al beter – plaas asb weer foto;s later.

Leonie ·

Ai dis skokkend. Dankie Garden Route SPCA. Julle doen regtig uitmuntende werk as dit kom by die diere. Julle is great. Hoop die perd herstel 100% en hy gaan nie terug na sy eienaar toe nie.

Janee ·

Een ding van George…ons DBV het staatmaker mense……! Dankie veral aan die buurman wat die moeite gedoen het om dit te rapporteer.

Smurf ·

Hoe kan n “mens’ so n liefdevolle dier wat net sagtheid en vertroue in sy oe het so behandel…..dit is n onvergeeflike skande.. Mense wat wreed en gevoel loos is teenoor diere het n baie ernstige probleem…..hulle siele is siek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.