Klagte volg ná Cele rolprentspan van strand verjaag

Polisiebeamptes op Kaapse strande. (Foto: ANA)

Die DA gaan Bheki Cele, minister van polisie, by die parlementêre etiekkomitee verkla nadat hy Woensdag glo ’n rolprentspan tydens sy besoek aan strande in Kaapstad van die Kampsbaai-strand verjaag het.

Die minister het na bewering ’n stuk of 16 polisiebeamptes aangesê om die rolprentspan van die strand af weg te jaag ten spyte daarvan dat die span oor ’n geldige permit beskik het wat deur die Stad Kaapstad uitgereik is.

Om sake te vererger is die rolprentspan van 75 mense Donderdagoggend wéér van die strand weggejaag. Polisiebeamptes kon egter geen dokumentasie of verduideliking bied waarom die rolprentspan se permit nie geldig is of watter afsonderingsregulasies hulle oortree het nie.

“Daar is aan ons gesê die opdrag kom van bo,” vertel Toni Marais, uitvoerende hoof van Red Petal Productions.

Polisiebeamptes op Kaapse strande. (Foto: ANA)

Marais sê Cele het aanvanklik die rolprentspan Woensdag op die strand genader waarna die minister gevra het om hul permit te sien. Cele het die permit bestudeer en aangevoer dat die permit verkeerdelik uitgereik is en dat hy die saak met die metro sal opneem.

Verfilming is toe vandag weer in die wiele gery toe ander polisiebeamptes die span weggejaag het. Die polisiebeamptes het glo gedreig om beslag te lê of die rolprentspan se toerusting sou hulle weier om pad te gee.

“Dit is so frustrerend. Ek moet my onderneming bedryf,” sê Marais nou. Sy wys daarop dat die betrokke rolprent of reeks wat geskiet moet word ’n belegging van R3 miljoen vir die Kaapse ekonomie is.

Andrew Whitfield, die DA se woordvoerder oor polisie, sê Cele misbruik sy magte en is nie gemagtig om instruksies aan lede van die polisie uit te reik nie.

“Dit lyk asof Cele verward is of hy die minister van polisie of die nasionale polisiekommissaris is. Dit is presies wat gebeur as daar na politici onbehoorlik as ‘generaal’ verwys word,” meen Whitfield.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nell ·

Wonder ek ook. Ek wed jou die ANC se verstaan van die woord ”etiek” verskil hemels breed van die werklike betekenis in HAT.

Sandra ·

Onaanvaarbaar. Dis nou as niets in magsposisies geplaas word.

Wilhelm ·

Die DA moet wakker skrik en veg vir Wes Kaap onafhanklikheid. Cele behoort geen sê hier oor enige iets te hê nie. Die meerderheid DA stemmers in die Weskaap wil onafhanklikheid hê, maar die DA wil eerder vir Cele by een of ander komitee (ag asseblief tog) gaan aangee as om na hul stemmers te luister!!

Onnie ·

Hi shame, hy loop daar rond asof hy die plek besit. Krummeltjie wat ‘n Koek geword het. Lol!

Antoinette ·

Want hy het nie n cooking clue wat n wet is nie en verder is dit manipulasie en I RULE THIS PLACE!!!!

Johann ·

Hyt gaan SOEK vir moeilikheid en toe hy nie genoeg kry nie, MAAK hy moeilikheid. Hus mos die WET self…nie n toepasser van dit nie. En hy gaan so ewe sy mede magsbeheptes “inlig” oor Kaapstad wat soos n stout kind hanteer word.

Connie ·

Ag betaal hom asb tog net af, en sy maaitjie kopdoek. Hulle is te mags behep, hulle 2 wil SA alleen regeer.

Lian ·

Vat hulle hof toe sodat ons ‘n toetssaak oor die Covid regulasies kan kry . Hoekom is Cele nie by sy mense in KZN nie ? Etiekkommissie . Wat is dit ? Dien dit nog enige nut as dit net aanbevelings kan maak ?

Moedeloos ·

Mooi man . Die narra wat oorsee gesien word. Net jammer almal van ons in SA word ook hieronder geklasifiseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.