Klagtes hoop op teen SAID oor BTW-uitbetalings

Argieffoto

Die VF Plus ontvang toenemend klagtes vanaf die publiek rakende BTW-terugbetalings van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en gaan ʼn klag hieroor indien by die ombudsman vir belasting.

Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, het gesê dit is ironies dat die inkomstediens self nou op hierdie wyse bykomende druk op sakeondernemings plaas aangesien die voeteslepery met BTW-uitbetalings ʼn groot invloed het op maatskappye se kontantvloei.

Hy sê dit is so goed as om die gans wat die land se goue eiers moet lê, van kos en water te ontneem, maar steeds te verwag dat die mandjie weer en weer gevul moet word.

“Dit is ook opmerklik dat ʼn tendens ontstaan het dat oudits toenemend gedoen word waar die SAID terugbetalings moet doen, maar nie wanneer die situasie omgekeerd is nie. Die VF Plus is ook gevra om vas te stel of die inkomstediens nie vir politieke doeleindes misbruik word nie deur onder meer parlementslede van opposisiepartye uit te sonder vir ouditering. Die inkomstediens sal hieroor antwoorde moet verskaf,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Vryheid ·

As jy BTW terug eis dan word jy ge-oudit . As jy BTW oorbetaal is als goed. Niks nuuts nie. Daar’s inelkegeval nie meer geld nie als word gesteel. Korupsie is koning in RSA.

Willie ·

So wag ek al amper twee jaar vir n terug betaling en dieselfde dokumente is nou al twee maal ge-oudit. Navrae loop op niks uit nie.

Jan maak n Plan ·

As jy BTW moet terug kry word jy eers ge-oudit, en indien hulle dalk eendag terug betaal is dit sonder rente en boetes. As jy laat betaal dan is daar onmiddelik boetes en rentes. Verder betaal die Chinese, Pakistanies en ander immigrante wat winkels het nie n sent se BTW nie. Kan iemand hierdie storie dalk vir my verduidelik????
Dis seker FW de Klerk se teenwigte of iets.

Lettie ·

Dit is ‘n groot probleem. Ek sukkel al vir ‘n jaar om my geld uit hul te kry. Elke keer moet jy 2 maande wag om weer dieselfde bedrag te eis. Ek is al so gatvol vir SARS. Jy kry niks uitgerig met hul call centre.

Koerrapshin ·

Hoekom is hier soveel korrupsie in hierdie land maar WAAG Jy dit net om hulle R10 te skuld word jy gebel en gesms en geteister en met regsaksies gedreig, hulle luister na geen rede nie, jy kan nooit met iemand praat wat iets weet nie, veral as jy online jou opgawe ingedien het, het jy geen kans om met ‘n persoon in bestuur te gesels nie .. .intussen is HULLE die SKELM mense .. tragies dat mens niemand meer in SA kan vertrou nie .almal is KORRUP en oral vier BEDROG hoogty!!

Wiets Coetzee ·

Al self besig met die selfde probleem van September laasjaar af. Maak n mens moeg . Elke keer is dit n audit en nog 90dae by .

Mosselbos ·

Ek het gewonnder wanneer iemand SARS gaan aanvat. Sukkel die afgelope 3 jaar toenemend om ons geld terug te kry en ons is nie eers n besigheid! 3 maande vat dit hulle om EEN dokument te audit!

Andre ·

Ek wag steeds vir 2015 en 2016 se terugbetaling elke keer is daar iets anders waaraan hulle dink waarom geaudit moet word SARS is gesigloos jy kry niemand wat egter iets weet of wil doen nie lekker wag want 2017 moet eersdaags ingesien word

Marieta van der Merwr ·

Ek is ge -audit vir 2010-2016. Maar verdien nie eers genoeg om belasting te betaal nie.
Ek verstaan tot op hede nie hoe hul.dam die audit regverdig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.