Klagtes ingedien ná plaasmoord-kruis brand

‘n Skermgreep uit die video.

AfriForum het Dinsdag die eienaar van ’n wit kruis, wat vroeër vandeesmaand deur ’n joernalis in Brits, Noordwes, aan die brand gesteek is, bygestaan om ’n klag van opsetlike saakbeskadiging by die plaaslike polisiekantoor aanhangig te maak. Die kruis is aanvanklik opgerig om bewusmaking van plaasmoorde te bevorder.

’n Video is vroeër op sosiale media versprei waarin ene Nick Motloung ’n buiteband teen die wit kruis plaas, ’n vlambare vloeistof daaroor stort en dit dan aan die brand steek. Die joernalis is voortdurend aangepor deur ’n vrou wat die voorval afgeneem het.

Maroela Media het vroeër berig Motloung het om verskoning gevra vir sy dade en dat hy bloot mense se aandag wou vestig op plaaswerkers se uitdagings.

“Hierdie lighartige, wederregtelike en ondeurdagte optrede mag nie ongesiens verbygaan nie,” sê Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid. “Suid-Afrika gaan gebuk onder ’n vlaag van plaasmoorde wat hartseer en pyn tot gevolg het. AfriForum sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat die reg sy gang gaan. Ons wil graag seker maak dat hierdie saak suksesvol vervolg word en ’n voorbeeld van mnr. Motloung maak wat as afskrikmiddel sal dien vir diegene wat dieselfde afskuwelike gedrag oorweeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
melaney

Hopelik kom daar iets positiefs hiervan.

Willem

Mooi so Afriforum

Persheks Adri

Dis goed! Sy jammer beteken niks nie en daar moet ernstig op getree word en ‘n voorbeeld van hom maak. Ons is siek en sat vir die gedrag! Hulle krap en krap…

#Boere lives matter!!!

Anel

Hy mag doen wat hy wil en net jammer sê. As een van ons dit doen was die hele eff, anc, abc en watter ander party voor my huis en die dorp is af gebrand, ek as ‘n rassis gebrandmerk, verhoor sonder verhoor deur MRK. Hoop daar word noy voorbeeld van die man gemaak.

Irma

Wie is die persoon wat by alle kommentaar afduimpies gee.?