Klagtes kom oor geld vir Gupta-troue

Die bruidspaar, Vega Gupta en Aakash Jahajgarhia by die Valley of Waves, Sun City Foto: Haranath Ghosh, Twitter

Die DA gaan Maandag strafregtelike klagtes teen Atul Gupta, Ajay Gupta, Rajesh Gupta, Ronica Ragavan en Kamal Vasram indien ná onthullings dat belastingbetalers se geld gebruik is om vir die Gupta-troue te betaal.

Vega Gupta, susterskind van die Gupta-broers, en Aakash Jahajgarhia is in 2013 tydens ʼn spoggeleentheid by Sun City getroud. ʼn Vliegtuig vol Gupta-trougaste het op die Waterkloof-lughawe geland en van toe af is die aandag op die Gupta-familie gevestig.

David Maynier, DA-LP, het gesê hy sal strafregtelike klagtes by die Kaapstad-polisiestasie indien. “Die feit dat openbare geld, wat vir armes bedoel was, glo gebruik is deur pres. Jacob Zuma se belangrikste kliënte, die Guptas, om vir ʼn troue te betaal is absurd en moet deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ondersoek word.”

Daar is einde verlede week onthul dat die Guptas glo miljoene rande gekry het van die Vrystaatse regering se suiwelprojek in Vrede. E-posse wys glo hoe miljoene rande na Gupta-maatskappye oorbetaal en gebruik is om onder meer vir die Gupta-troue te betaal.

Die joernalistieke ondersoekeenhede amaBhungane en Scorpio beweer R84 miljoen wat deur die Vrystaatse regering aan die suiwelprojek gegee is, het in die Guptas se hande beland.

Dr. Roy Jankielsohn, leier van die DA in die Vrystaatse wetgewer, het vroeër gesê die Gupta-e-posse blyk te bewys dat die Vrystaatse regering lankal deur die Guptas gekaap is nog voor hul aanval op die Nasionale Tesourie.

“Mosembenzi Zwane, die voormalige LUR vir landbou in die Vrystaat en nou minister van minerale bronne, is lankal deur die Guptas gekaap. Die e-posse impliseer Zwane in die omstrede Vrede-suiwelprojek wat belastingbetalers al meer as R200 miljoen uit die sak gejaag het.” Volgens ander berigte beloop die bedrag al R570 miljoen.

Intussen wag die DA op adv. Busisiwe Mkhewebane, openbare beskermer, se verslag oor die Vrede-suiwelprojek wat glo binnekort bekend gemaak sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Lea ·

Wanneer gaan daar AKSiE geneem word deur Solidariteit se Gerrie Nel- HOEKOM is julle so still????

RB ·

Soos hul genoem het mag hul net privaat vervolg nadat die staat die spesifieke geval afgekeur het.
Ek vermoed hul is of besig om ‘n saak tans te ondersoek, of hul probeer bevestigings uit die staat kry sodat hul kan begin vervolg.
EK is nie seker hoe dit werk nie, maar ek glo die staat gaan op die dinge sit en nooit vir Gerrie Nel die nodige dokumentasie gegee sodat hy iets kan doen nie.

johny_walker ·

Hi Lea , Jy moet verstaan dat Afriforum nog n baie klein organisasie is wat baie groot probleme in die land moet aanvat , so ons moet ons “battles” mooi kies , soos die artikel aanwys het die DA klaar klagtes gelê so laat hulle die een veg , ons sal weer een vat wat hulle nie wil nie , jy sien as ons meer lede en meer lede gelde gehad het kon ons alles doen maar ongelukkig staan ons mense mos nie maklik saam nie , so ons moet maar mooi met die geld werk , as jy by jou lokale afriforum tak aansluit en by hulle komitee betrokke raak sal jy gou sien hoeveel probleme daar werklik is , glo my ons veg teen n oormag , maar as al die blankes net will aansluit sou ons soveel meer kon regkry
jy weet ons het net oor die 200 000 lede , dit klink baie , maar vat dat daar min of meer 2,8 miljoen blankes in die land is dan wys dit maar net weer hoe min werklik rugraat het , en onthou ons teenstanders het die hulpbronne van almal se belastingeld so waar los dit ons .
ek dink Afriforum doen fantasties as jy dit alles in ag hou

Lea ·

En so terloops, ek is n lid van Afriforum, maar my bydrae is maar een honderdste van n drupppel wat in jul emmer val, glo my ek sou baie meer bydra as ek net kon. Ons waardeer julle baie, moet asb nie opgee nie! ??

MissDemeanor ·

Die mense van AmaBungane en Scorpion doen fantastoese werk. Ons moet hull finansieel ondersteun want hul doen werklik goeie werk om korrupsie oop te vlek.

Basjan ·

Ek glo Gerrie-hulle is al druk besig om hul opsies te oorweeg. Hulle wil dit nie nou al orals bekendmaak nie om te voorkom dat bewysstukke “verlore” raak.

koos ·

skande skande skande – ek glo in die wiel wat draai… indien nie nou nie sal die skelms eendag die knie moet buig en waarheid vertel… geduld is bitter maar die vrugte soet

Scalla ·

Terwyl hul in die vrystaat besig is moet hul sommer verneem van premier ace se ongemagtigde uitgawes tot sy eie voordeel wat aangegaan is.

Blits ·

Zwane moet ook aangekla word vir diefstal , bedrog en korrupsie

Stephanus ·

Dit is al wat die DA doen, lê klagtes!! Dan gebeur daar net mooi NIKS daarna nie!!

RB ·

In die DA die magtiging gehad het, sou hulle iets gedoen het. Ons almal wil hê iets moet gedoen word.

Wat presies stel jy voor?

Lea ·

Dankie RB en Johny Walker, ons hoop die DA sal iets regkry, maar die slinkse regering verbloem alles!???

ben ·

Maroela het julle dalk nog fotos van die troue sodat ons kan sien wie almal van die regering daar was?

Nel ·

Om mee te begin – Mangosuthu Buthelezi / Gigaba / Rob Davies / Susan Shabangu / Naledi Pandor en Ace Magashule. Die res blyk ‘n staatsgeheim te wees. En ek laat my nie vertel dat Zuma nie ook die troue bygewoon het nie.

MissDemeanor ·

Ben. Lees die Daily Maveric en Mail and Guardian. ‘ n Uittreksel van die gastelys is daar gepubliseer. Die mense van AmaBungane en Scorpion (werk vir DM en MnG) het n hele reeks oor “Gupta leaks” gepubliseer. Ons moet hul finansier want hul maak staat op donasies.

Magda ·

Hoe gouer die guptas uit SA verban word hoe beter – en dan is dit zuma se beurt – en ons almal weet waarheen hy oppad is – dan moet privaat eiendom verkoop word om belasting betalers se geld terug te kry – KOM GERRIE NEL WAAR IS JY NOU????????? Hemel hoeveel bewyse moet daar nog gevind word voor daar ENIGE AKSIE IS – REGTIG

Andre Els ·

Ag DA. Hou tog op met die media speel. Julle gaan dit doen en dat doen. Julle tande is laaaankal getrek……

MissDemeanor ·

…die dat hul elke verkiesing beter vaar…. komaan mqn. Wees bly iemand probeer hard om van Zuptas ontslae te raak.

Ada ·

Magda ek stem saam.Die wurms peul uit die blik en niemand spuit gif nie.Niks gebeur nie en alles gaan net aan asof niks fout is nie.Iemand moet in staat wees om iets daadwerkliks te doen?Iemand met n brein.

Maria Van Dieweeck ·

Hierdie gespuis moet NERENS heen, behalwe tronk toe, waar hul met HARDE ARBEID kos aan armes te voorsien (en vir hulself).

Ek sou graag die Gupta dames (bukkend) in oranje wou sien as ek so verby n groot ‘tronk plaas’ ry…dan kan hul lank mediteer oor al die inkopies wat hul gedoen het met armes en siekes se enigste hoop.

MissDemeanor ·

Magda. Kom ons hou op wqg en doen self iets. Ons Aftikaners is so bang om self dinge te doen. Begin deur op sosiale media die Gupta Twitter ondersteuners te “trol” (weereens lees Daily Maveric en Mail n Gaurdian vir die info). Ons weet die Guptas bly in Saxonworld. Kom ons gaan protesteer voor hul huis. Kom ons boikot enoge maatskappy wat met hul besigheid doen. Kom ons email KPMG, BellPottinger en so aan en lug ons mening. Kom ons staak!

MissDemeanor ·

Jammer oor my spelfoute…ek raak so warm onder die kraag en kwaad dat ek net te vinnig tik. Die onreg maak my woedend

Sw ·

Hoekom is Radikale Ekonomiese Transformasie enigsins nodig om sogenaamde ongelykheid te verminder, enigsins nodig – die regering kan net die miljarde rande se korrupsie, bedrog en geldwassery van die oortreders verhaal, en dit daaraan bestee!

MissDemeanor ·

Die Guptas en Zuma het daardie saadjie geplant en natgelei om mense se aandag van hul korrupsie af te trek.

Sowaar ·

Ver volg die hele dekselse klomp ANC ingesluit hul het hul mense in die land verkoop en Dan Kom soek hul lede dit by die blankes want dit is wat vir hul voor gelê word om te eet en te sluk. Laat hul alles terug betaal dat hul soos ons burgers wonder waar die volgende bord kos vandaan Gaan Kom. Die lae luise wat die land droog suip. DA Ek hoop regtig julle Gaan die keer Gatskop en nie net klagtes lê en Dan hoor mens niks weer voor ñ paaar maande of jare nie verkoop Elke stukkie eiendom klerestuk meubelstuk wat hul besit. Laat hul net die klere aan hul lug oorhou…

vierkleur ·

Ek verwys na Johny_Walker se plasing hier bo. Johny dink jy al 2.8 Miljoen blankes waarna jy verwys het werk, en dat hulle die ledegeld kan bekostig? Ek dink op die oomblik sit daar omtrent 800 000 blankes in plakkerskampe, of sal ek eerder se konsentrasie kampe?
Nee wat moenie my ledegeld mors om die Guptas aan te vat nie,gebruik dit eerder om die blankes in plakkerskampe te help en kos te gee.

Shaun ·

Ongelukkig sluit die syfers van blankes ook dan nog Engelse mense en liberale blankes ook in . AfriForum is oorwegend Afrikaans . Kyk eerder na syfers van werkende Afrikaanse blankes . Dan praat ons weer .

Callie ·

Beaam nogal wat johny kwytraak. Vierkleur hoekomm gaan jy self nie e help die werkloses nie. Tipies die ou nasie van ons. Sal alles wat almal probeer doen afkraak maar sal nerens aansluit of opstaan en iets DOEN nie.

Jeannette ·

Ek sou eerder wou gehad het dat Afriforum skarefinansiering of ‘n fonds sou stig om mense – blanke, Afrikaanssprekende mense wat in SA gebore is maar nie meer hoop vir die land het nie – te vestig in lande wat ons gewone mense, met ons kennis en opleiding sal verwelkom. Ongelukkig is dit so dat baie ander alreeds lank terug letterlik van die boot afgespring het toe dit net nog gelyk het asof die boot wil-wil sink en nou is baie lande nie meer so openhartig teenoor immigrerende SAners nie. Trouens, hulle is al bietjie keelvol. Ek is egter amper eerste in die ry, as iemand sal vra wie wil emigreer en my daarvoor sal finansier!

vierkleur ·

Callie,

Ek maak elke maand n bydrae aan helpende hand en soledariteit, en koop elke maand a paar rand se kos en gee dit aan die ouetehuis. Wat doen jy om blanke afrikaaners te help?

vierkleur ·

O ja , ou Callie. Dis nie meer so maklik om werk te kry in SA nie, omrede hulle blank is.

Johan. H. ·

Ek hou nie my asem op nie , die da probeer vroeg verkiesing punte by mekaar maak… On weet al lankal hoe dinge werk,,,

AP ·

Ek kan myself net indink hoe ons belastinggeld ook in hul prokureurs se hande opeindig , dis n grap , totdat zuma en kie uit is sal niks verander nie

PJ ·

Hoekom lè die sg regering nie beslag op die gubtas se bates in SA en gee dit vir die voorheen benadeeldes want die gubtas se bates sluit plase myne ens in dan kan die benadeeldes dit mos ontwikkel tot hulle voordeel siedaar van die probleme opgelos

al ·

Die hele lot wat vrot van korrupsie is en onregmatig bevoordeel is deur tenders/kontrakte se bates moet ook gevat word.

Michelle ·

Elke dag wanneer ek die nuus lees is ek so VERSTOM oor alles. Al die tricks wat mense kan uitdink en doen. Hoe skelm en verwaand sommige mense in hierdie liewe Suid Afrika van ons is.
Dan dink ek by myself – now ways dat daar nog iets nuuts kan wees nie.
Maar SOWAAR – elke dag ‘n nuwe SKELM STREEK van iemand.

Lea ·

Stem saam met jul almal en veral met Michelle en Ada en Sowaar. Mens voel net sooo magteloos

Jeannette ·

NIKS, maar absoluut niks in hierdie land verbaas my meer nie. Ek sit maar net soos ‘n hoenderhen op my eie hopie mis en bekyk die spul so. Ek ry maar met my ou 2014-Taiwanees-vervaardigde karretjie wat ek met bloedsweet afbetaal elke maand, ek gaan maar elke dag werk toe en verdien my nie-so-karige-maar-ook-nie-ryksman-salarissie elke maand, betaal maar die petrol wat dan goedkoper raak en dan weer dubbeld-so-duur raak, wurg met die stygende kospryse en inflasie, hoop ek raak nie ouer as 50 of bereik aftree-ouderdom nie, want ek het kan kan nie ‘n pensioenfonds bekostig nie en gaan sit maar my dae om in die gemeenskapsgesondheidskliniek vir my pille. Ek het lankal geleer dit maak nie saak hoe hard ek gil of skreeu, raas, snik, huil, smeek, soebat, kla of watookal nie. Ek maak nie meer saak in die land nie want ek is wit en ek is gebore tydens Apartheid se rofste jare: ek het nie die besluite destyds geneem nie, maar 1948 se nasionale verkiesing, met Malan het toe al die geskiedenis geskryf, die geskiedenis wat nog moes kom en so het Malan en die HNP ons 40-plussers van vandag gedenomineer tot substandaard ‘burgers’ in ‘n land, waar ons daagliks vir ons lewens vrees. Ag jaaaa, wat! En so sit ek voort op my eie mishopie ……

adriana ·

Callie wat doen jy vir die minderbevoorregte blankes in SA? Ek wil ook graag weet want as jy so gal braak dan moet jy tog seker iets groot doen? Ek wil ook weet!

RB ·

Waarom val mense die AfriForum en die DA aan? Hul doen al wat hul kan. Hulle kan/mag letterlik niks meer onder die wet doen nie. Hul staan ook teen mense wat duidelik bo die wet verhewe is op die oomblik, die wetstoepassers doen niks!

Wat is jul voorstelle dan?

mamparra ·

Gaaaaaaap en daar is kaas op die maan. Die guparras en zumaras het ons net waar hul ons wil hê en dit is aan die gatsak

Lea ·

Kan Afriforum/Solidariteit nie n sms stelsel opstel wat mens R20/30 per sms kan skenk per sms? Ek betaal alreeds per debietorder, maar as ek op sekere maande n ekstra geldjie van my lugtyd vir jul kan skenk,sal ek dit doen. Kommaab Afriforum, jul KAN dit in werking stel!

E.K ·

Hierdie stroping van ons land maak my absoluut WOEDEND! Hulle moet elke liewe Gupta bate konfiskeer en hulle summier uit die land wegjaag soos sleg honde. ‘n Tax boikot begin vir my al hoe aanlokliker lyk. Slaan die ANC waar dit saak maak. As hulle nie wil hoor nie moet hulle voel. Finish en klaar.

Piet Pompies ·

Die N1 pad kontrakteur Suid van Bloemfontein het so ‘n klompie jare terug die kontrak gekry om die pad te herstel, so rukkie in die kontrak ontvang hy die volle betaling en dit is toe sommer die regte tyd om self pad te vat. Hy los die werkers en pad beheerders soos ‘n warm patat, die werkers vat ook die pad en laat die gevolge aan die padgebruikers oor.
Lekker geld in die bank en ontasbaar.

Vryheid ·

Hahaha korupsie is diep gewortel ons sien net die oortjies van die seekoei. Ek glo nie daar is een persoon in die regering wat nie soos die Engelse sal sê- ” rotten to the core ” is nie.

Stiena ·

Johnny walker – doen biki selfondersoek. Afriforum het my al 100 keer gebel. Elke keer se ek ek het geen probleem om te help nie. Ek soek julle bankbesonderhede om n aftrekorder te aktiveer. En raai wat, julle weier volstek. Werk glo net op debietorders. Dus maak jou stellings nie sin…..

RB ·

Stiena, ek probeer, maar ek verstaan nie jou kommentaar nie?
Wat is fout met ‘n debietorder? Daar bestaan sms skenkings ook.

Deon ·

1. Wie is in beheer ….?
2. Onder wie val alle Regerings Departemente / Judiciaries / Regerings Instansies …..?

Die manne slaan die kitare en ……. dans soos puppets aan toutjies. Gn ons Jan Alleman enigsins iets daaraan kan doen….. “Wishfull thinking” Hoe sal die Engelsman dit stel “We are screwed” ……vir elke korrupte handeling wat navore kom word daar n kommissie van ondersoek ingestel, waarop n instansie / individue dan weer aangestel word om te konsulteer teen vergoeding natuurlik…. One never ending vicious circle and looting….. Nie aan die gang van gister of vandag nie…… Jare al.

johan smith ·

Ons moet n nuwe idoom in Egels skep “This is nop laugving matter” moet wees “No luagving and dancing matter” Dit is baie beter van toepassing op ons bevolking. Dit laat my dink aan die Afrikaanse liedtjie DANS–DANS–DANS van David Kramer

Oom Klasie ·

Die dag gaan kom dat al hierdie skelms hulle einde gaan sien en dan gaan ons van vooraf moet begin – aldus Siener van Rensburg. Alles gaan eers heeltemal te gronde gaan – en dit gebeur nou vinnig – voordat ons van vooraf kan begin – want die skelms sal nie kan nie omdat hulle nie daardie rugraat integriteit en moraliteit het nie. Hulle ken net van korrupsie. Dit gaan nog baie slegter gaan voordat dit beter sal kan gaan. Die korruptes gaan mekaar nog aan die keel ook gryp . Ons gaan gelukkig goeie maatjies kry in die vorm van die Duitsers. Dit gaan egter nog tyd neem. Intussen moet ons net vasbyt en Glo.

dries ·

Dis so jammer, al daai miljoene en ons mense bly in sink huisies.

Jeannette ·

So lees ek nou op IOL dat die BFLF-“stigting” deur die Guptas gefinansier word …. Hulle en die Guptas hou nie daarvan dat die wit joernaliste oor die Guptas so skrywe en hul misdrywe aan die groot klok hang nie. Onder andere is daar op die garage deur van een van die gelyste joernaliste geskryf “Land or Death”. Is dit nie iets wat die MRK moet ondersoek nie – ‘n doodsdreigement wat gemaak was nie? En daardie lys van joernaliste wat opgestel is wie geteiken word nie – is dit nie ook misdadig nie? Is dit nie vervolgbaar nie? Ek kan aan ‘n hele paar “puppets” dink wat goed sal lyk met ‘n strategies-geplaaste koeëltjie: Zuma, die Gupta-broeders (adder) gesante, Andile Mngxitama, Gigaba, miesies Baleka – die land sal net baat hierby.

Bester ·

Daar is geen DA of enige een wat ons land sal kan help nie. Die wat wel besighede het en belasting betaal moet net saam staan en geen belasting meer aan die staat oorbetaal nie. As die koeie ophou melk gee sal die melk nie meer gemors word nie. Soos hulle brand , so moet ons net ALMAL saam staan en ophou belasting betaal.

Chaparel ·

Ek het dit al hoeveel keer gese dat ons mense moet stop om enige vorm van belasting te betaal, dit is die troefkaart wat ons in hande het dus laat ons dit uitspeel.
Geld is mag en om die mag te breek draai ons dood eenvoudig die geldkraan toe , die sprokie wereld waar hulle in leef sal gou tot n einde kom.

Stiena ·

RB, daars ni fout met debietorder nie. Maar wat is fout met aftrekorder? Ook niks. Die verskil egter is die volgende: Debietorder is die mag in die hande van die ontvanger. Aftrekorder is die mag in die hande van die betaler. Ek persoonlik (die betaler)verkies om in beheer van my finansies te wees. Vertrou dis nou duideliker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.