Klagtes kom teen #ReformPUK-leier oor beweerde rassistiese uitlatings

‘n Skermskoot van een van die inskrywings wat na bewering deur Tsholofelo Motlogeloa gemaak is.

‘n Skermskoot van een van die inskrywings wat na bewering deur Tsholofelo Motlogeloa gemaak is.

AfriForum Jeug sal verskeie klagtes by onder meer die Menseregtekommissie (MRK) teen die leier van #ReformPUK indien nadat hy glo rassistiese uitlatings teenoor witmense op sy Facebook-profiel gemaak het.

Eduan Dupper, woordvoerder van AfriForum Jeug, het gesê die organisasie sal verseker dat stappe teen Tsholofelo Motlogeloa gedoen word. Hulle sal ook ʼn formele klag oor dié plasings by die Noordwes-Universiteitsbestuur en die Verteenwoordigende Studenteraad van die Puk-kampus indien, het Dupper gesê.

AfriForum Jeug het skermskote van die twee Facebook-inskrywings aan Maroela Media verskaf. In een van die plasings het die skrywer gesê hy “haat witmense met ʼn passie” en witmense moet almal “terugkeer Europa toe”. In die tweede plasing het die skrywer gesê: “Ek haat ʼn wit man. Ek is jammer ouens, hulle is slegte mense.”

‘n Skermskoot van een van die inskrywings wat na bewering deur Tsholofelo Motlogeloa gemaak is.

‘n Skermskoot van een van die inskrywings wat na bewering deur Tsholofelo Motlogeloa gemaak is.

Motlogeloa het glo dié inskrywings reeds in 2012 op sy Facebook-blad geplaas en dit het tot hewige kritiek van die meeste van sy Facebook-vriende gelei, het Dupper gesê.

“Hoewel dit skokkend is, kan ek nie sê dat ons verras is nie. Ons het van die eerste dag gewaarsku dat #ReformPUK op rassisme gegrond is en dat die leierskap se uitsprake gedurig op rassisme en onverdraagsaamheid teenoor ander studente neerkom,” het hy gesê.

“Dit sal interessant wees om te sien hoe die universiteitsbestuur teen Motlogeloa gaan optree. Ons eis dat hy die kampus belet word, omdat sy rassepolitiek en polarisering op kampus niks goeds vir die Puk inhou nie. Ons doen ook ’n beroep op die NWU-raad om #ReformPUK weens dié redes te verwerp.”

AfriForum Jeug se Pukke-tak het verlede Vrydag ’n memorandum aan prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier, oorhandig om die rassistiese uitlatings van Motlogeloa onder sy aandag te bring. Hy het teen Woensdag nog nie daarop gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Izzy ·

Motlogeloa moet beslis die kampus geweier word, want hy gaan verseker net mense aanhits.Die studente moet ‘n sit-staking of iets hou om sodoende ook standpunt in te neem teen sulke mense (asb moet tog net nie soos ander kampusse begin met toi-toi, vensters stukkend gooi, goed aan die brand steek ens nie ).

Anja ·

Regso seun, reël ons wittes se immigrasie Europa toe, ek begin solank pak.

Kaspaas ·

Niks sal van die kom aangesien PUK bestuur en die regering sy rasse haat ideologie ondersteun.

Johann ·

Hier gaan ons al weer,gooi hom in die dam dat die vissers hom kan vang!

ig ·

Does vir jou Johann,hoekom moet die arme visse nou daaronder ly?

Herman ·

Maar laat net ‘n witman sulke uitlating oor swart mense het, dan word hy in die tronk gegooi

scalla ·

Ig, mooi gedoen met daai nuwe vingerfoutwoord, dit rym nogal met sy mentaliteit, jy kan mos die woord borg soos ek verstaan

Thea Gerber ·

Ek wil so graag hê dat die televisieverslaggewers wat so tussen die betogendes rondloop vir een en elkeen hierdie vraag moet vra:
“Het jy geweet toe jy die dag aansoek gedoen het om ‘n PUK te word, geweet dat dit ‘n oorwegende WIT kampus is waar daar in Afrikaans onderrig gegee word? Antwoord net ja of nee, geen maar nie”
Wat het hy in die eerste plek op PUK gaan soek as hy die blankes so haat? Of is hy geplant daar met die oog op ‘n rewolusie by die PUK?

SUSAN MEINTJES ·

hy ‘n STUDENT WAT GEREGISTREER IS BY PUKKE???MOENIE ALMAL BY DIE UNIVERSITEIT ALTYD OOR DIESELFDE KAM WIL SKEER NIE!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.