Klagtes kom teen student wat ‘wittes wil doodmaak’

'n Skermskoot van die inskrywing soos die AfriForum Jeug verskaf.

‘n Skermskoot van die inskrywing soos die AfriForum Jeug verskaf.

AfriForum Jeug het Maandag gesê hy berei klagtes voor teen ʼn student aan die Universiteit van Pretoria (UP) wat glo op Facebook ʼn lys van redes geplaas het hoekom hy wit mense met ʼn AK-47 of ’n bazoeka wil doodmaak.

Luvuyo Menziwa, ʼn student aan die Universiteit van Pretoria en ʼn lid van die studenteraad, het in die inskrywing redes gelys hoekom hy wit mense haat. Die redes is onder meer “wit voorreg, wit arrogansie, wit monopolie van kapitaal en wit meerderwaardigheid”.

“Ter afsluiting, f** wit mense. Gee my net ʼn AK-47 of ʼn bazoeka sodat ek die regte ding kan doen en hierdie demoon-besete mense kan doodmaak,” lui die inskrywing.

Volgens Henrico Barnard, AfriForum Tuks se woordvoerder, beskou AfriForum Jeug Menziwa se inskrywing as lasterlike uitsprake, aanhitsing tot geweld en intimidasie. Hy het gesê meer besonderhede oor dié strafregtelike klagtes sal later bekend gemaak word.

Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die UP, het aan Maroela Media bevestig dat Menziwa ʼn student by die instansie en ʼn lid van die studenteraad is. “Die saak word ondersoek kragtens die gedragskode en dissiplinêre kode vir studente, asook vir SR-lede,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Sê maar net ·

Stem Jacobus hy kan maar probeer…lyk my eerder hy sou graag wit wou wees. Daarom die haat.

Hunter ·

Ja nee kyk dit is rasistiese haat spraak en n mooi manier om te se hulle verklaar oor log teen n wit vel maar wat gan daar gebeur niks want net n wit vel is rasisties mens kan sien waar hy vandaan kom hy is n EFF youth leader van tuks

Jordaan ·

Ons wag seker tevergeefs vir DA en ANC politici om hierdie te veroordeel? Heelwat erger as kleuter wat nie by haar maatjies sit of dogters wat nie haarrreëls wil hê nie, maar die kleur van die oortreder laat seker nie toe dat hierdie rassisties is nie. Dankie solank Afriforum vir moeite om klag by MRK in te dien.

TeWit TeSwart ·

Ai liewe hemel hoelank gaan ons nog die kaart speel.Dit raak so afgesaak regtig.Ek dink die ding is mense wat regtig nie n lewe het nie en dan n naam of hul naam gat wil maak op sosialle media deur n klomp bollie kwyt te raak.Glo my ek sal op alle Tv en koerant voorblaaie wees as ek moet regtig se wat ek dink van die land en sy mense.En die so genaamde Christen,my God hou hom nie besig met snert nie,so hou op hom aanhaal in julle tong gevegte .Christen maak jou besigheid toe op n Sondag en begin weer God dien,Dan hoef jy nie op Sondae oop te wees nie want hy sal jou seen.Rassisme is n mindChange dus al gaan glad nie vir my oor kleur of hoe jy jou hare of tande borsel nie.

lynt ·

Dankie. Een van die min kommentators op die forum met commen sense.

Joann ·

Rassisme,sluit hom toe. R150,000 boete. Toe toe hoekom wag jul nog????

Johan ·

Hoop Afriform vat dit baie verder……die tipe uitspraak is 100 erger as Penny en daai ander ou wat k woord gebruik het….

Uys ·

Die Swart mens moet ook nou soos Penny Spartow en die wit Student van Kaapstad beboet word en sy R150000.00 moet aan helpende hand geskenk word.
Wat maak die uitlaatings anders as die res.

Columbiana ·

Kla die bogger aan. Maar hierdie keer moet julle dit deurdruk. Gaan polisie toe gaan HRC toe. Druk die ding deur. Dagvaar hom ook sommer siviel. Doen net iets want hierdie snert hou net aan en aan. Dis nou regtig genoeg!!!!

Asjas ·

Op Universiteit en hy kan nie eers behoorlik skryf of spel nie! Red ‘n nasie …

Mielie ·

Party mense is onnodig behep met hulle velkleur. Fokus absoluut op verkeerde goed en fokus nie op die toekoms nie. Maar moet nie bang wees nie ou, daar gaan niks van kom nie. Geen ondersoek, LUR of minister sal reageer hierop nie.

johann ·

Ek wonder of die wet waaraan die regering werk oor rassisme vir die ou ook sal geld!
Maak nie saak wie se wat nie. Om ‘n persoon in die tronk wil sit oor ‘n rassistiese opmerking gaan nie daai persoon minder rassisties maak nie.
Dit is mense soos die ou wat veroorsaak die rassisme sal voortgaan.

hans ·

Rektor UP waarom is student nog nie geskors en van kampus verwyder nie?

DD ·

Wil ek ook weet Hans. As dit nou my kind was wat hierdie kwytgeraak het, sou UP lankal haar tassie vir haar gepak het.

Andrea ·

HOOR-HOOR!
Miskien kan Prof De la Rey en haar kollegas in die Raad bietjie wys aan watter kant van objektiwiteit en geregtigheid hulle staan? … of nee wag, hul het reeds, onthou ek nou.

neelsie ·

Bloeddorstige uitsprake het nog geen saak opgelos nie …….meer bek as binnegoed!

Besorgde Ouer ·

Mense die probleem kom in by die woordjie mense regte. Die kinders word geleer dit is jou reg om te doen en maak soos jy wil. In plaas van dit is ‘n vooreg om universiteit toe te gaan, en ‘n voorreg om ‘n werk te he nie. RSA word voor gehou as ‘n demokratiese land wat demokraties regeer word, maar 75% van die bevolking is ongeletterd (maw verstaan nie wat demokrasie beteken nie) Daar is nog steeds tradisionele leiers op die platteland waar die regerende party se grootste steun le, wat verseker nie demokraties verkies word nie. ‘n Demokrasie kan slegs werk as die vlak van opvoeding, norme en waardes op ‘n sekere standaard is. Ons kinders word elke dag daarmee in die skole, en universiteite gekonfronteer. Omstandighede in die land sal nooit verander as dit nie aangespreek word nie.

Jeanne ·

ROER hom, kla hom aan en kry hom GESKORS uit alle instellings uit .. vreemd dat die meisies wat hulleself pers geverf het, geskors is, dat enige vorm van wit rassisme gestraf word deur kinders te skors en hulle toekoms te vernietig, hulle word in die hoogste howe aangekla, maar swartes wat openlik HAATSPRAAK verkondig en geweld teen wittes aanhits NIKS oorkom nie, hoekom tree TUKS nie self op nie, of kruip hulle weer weg onder die lessenaars dat die studente mekaar met bakstene slaan?

Anoniem ·

Hy hoop seker om die geskiedenis boeke te haal van “nuwe” Suid Afrika………

CC ·

Die probleem in RSA is die woordjie mense regte. Ons kinders word nie meer geleer dat dit ‘n vooreg is om skool en universiteit toe te gaan nie. Ons kinders gaan saam met ander kinders wat nie dieselfde norme en waardes het skool toe. Wat verwag RSA dat ons demokrasie sal werk ongeag die ongelykheid op die bepaalde vlak. ‘n Demokrasie kan slegs werk as daar ‘n bepaalde vlak van opvoeding is. Ons land word regeer deur ‘n party waar die meerderheid van hul steun op landelike gebiede is. (maw ‘n beperkte vlak van kennis wat demokrasie behels dws eintlik tegnies gesproke dan nie werklik demokraties verkies nie) Hulle het nog steeds tradisionele leiers wat beslis nie demokraties verkies is nie. Ons land word voorgehou met die wonderlike grondwet maar hoeveel van die 75% ongeletterde mense verstaan dit. Daar moet ophou verwys word na die finansiele verskille tussen groepe en eder gefokus word op opvoeding met ‘n bepaalde standaard van norme en waardes as begin punt. Anders word ‘n demokrasie se basis van onder af vernietig.

TDW ·

Ek wonder waar kry hierdie man sy inligting vandaan.
Kom ons begin met sy redes hoekom hy dink wit mense moet dood gemaak word:
*Wit voorreg?
Vandag kan daar geen besigheid behoue bly wat nie vir BBE kwalifiseer nie. So maak nie saak hoe goed jy in iets is nie, as jy nie ‘n swart vrou is nie, dan kan jy nie die leertjie klim na top bestuur nie.
*Wit arrogansie?
Arrogansie kom nie van kleur nie, maar spruit uit diegene se persoonlikheid. Dis nie kleur gebonde nie.
*Wit monopolie?
Daar is 3 monopolies in Suid Afrika, Eskom, Telkom en Transnet. Hierdie besighede word deur swart mense bestuur. Behalwe die maatskappye wat van ander lande afkomstig is, is die ander groot besighede se top bestuur of eienaars swart mense danksy BBE.
*Wit meerderwaardigheid?
Weereens is dit nie kleur verband nie, maar hou dit verband met persoonlikheid. En wat wil hierdie man hê? Moet alle wit mense ‘n minderwaardigheidskompleks hê? Hoekom? Mag witmense nie dink hulle is ook waardig nie?
* En laastens sê hy ons is demoon besete
Dit word gesê terwyl hy in dieselfde sin sê die swart mense moet alle witmense vermoor! Wie is nou demoon besete?

Hierby wil ek net voeg dat daar nie ‘n slegte kleur is nie, daar is slegte mense in alle kleure. Sprei liewer hierdie woord.

Kerneels ·

Ek verstaan ook nie wat hy bedoel nie. Ons kan nie werke kry nie maar ons laat ons nie onderkry nie. Ons leef in vrees dat ons vermoor sal word vir die bietjie wat ons met harde werk bymekaar gemaak het. My vel het my nog niks ooit verniet laat kry nie.

anne ·

Stem saam met jou, gedink dis net ‘n probleem onder blanke afrikaner mans?

L ·

Miskien moet almal ‘n interdik teen hom insit, dan kan of mag hy nie naby enige iemand wees nie. Dit sal die Polisie so bietjie besig hou met papier werk, sowel as die hof, maar immers sal hulle dan besef hoe onnodig die hele rasse snert is.

Jen ·

Praat van arrogant….wil weet hkm is hy nog nie geskors nie en aangekla nie en hoop hy kry ook ‘n boete van R150 000. Wat goed is vir wit is goed vir swart. Dis omdat hulle al hoeveel keer op sosiale media gedreig het hoe hul ons gaan doodmaak en hoe hul ons slegmaak en daar word niks gedoen nie, Hulle word toegelaat om te doen en se net wat hulle wil. Dis net ons blankes wat nie ons monde mag oopmaak en iets se nie dan is ons rassisties en word aangekla……Patetiese regstelsel en dit gaan nog erger word. Maar dit sal nice wees as hierdie arrogante knaap ‘n les geleer kan word.

Annelize ·

Wel, as hy gaan skiet met daardie AK soos wat hy spel, gaan niemand iets oorkom nie.

Belinda ·

Laat hy sy bek so gaan uitspoel in Orania! Hy sal dit nie maak tot by die hek nie

hans ·

LUR Lesufi storm oor hare af op n skool. Nog nie gehoor dat Minister Nzimande by UP aangekom het om teen die student op te tree wat wittes wil dood maak. Dubbel standaarde!!

Theresa B ·

Duidelik is daar ‘n verskil tussen swart en wit wat rassistiese opmerkings maak op sosiale media. Alles word altyd vreeslik ondersoek. Hierdie een sal ook seker stil “wegraak” en siedaar – Hy is terug by UP en loop triomfanklik op die kampus rond en “swot”. The untouchables!!

Sannie ·

En waar is die minister nou? Was vining om by die wit skool op te daag.
Hoekom doen hy dit nie nou nie? Omdat dit nou teen wittes is.

Sê maar net ·

Eintlik jammer dat hulle 22 jaar na vryheid die verkeerde mense haat en nie die wat beloftes maak en dit nie nakom nie. Sy vryheid ht hom laat besef dat dit nie vryheid is nie, dat jy nog moet werk. Ons aard is jy werk vir wat jy wil he, hy het vryheid en kan niks met dit maak nie, nou haat hy. Eintlik jammer dat iemand wat niks van die ou SA weet, sulke dinge se oor hy gebreinspoel word. En dis ons toekoms?

Nou-toe-nou ·

Enne ek kontak toe nou die DA en vra wanneer gaan hul die SR lid van Tuks se rassistiese uitvaar teen wittes verdoem. Moet sê, ek kry dadelik n antwoord terug: hy weet nie daarvan nie.
Snaaks, seker in die buiteland met vakansie

Han ·

Daar word kliphard vir Dianne Kohler-Barnard geskree dat sy R150 000 boete moet betaal omdat sy terugverlang het na die PW Botha-era. Maar hierdie moordlustige word nice aangevat nie. Daar is Een regverdige Regter wat alles sien en by Hom moet hulle eendag verbykom.

tom ·

Wonder as n wit persoon dit sou se het hulle die weermag en polisie gestuur om daai persoon te arresteur

m ·

Netso tom. Hier sal niks van hierdie storie kom nie. Dis net ernstig as wittes dit se….

M'Lady ·

Gedink sy “facebook profile” sal al af wees, maar my misgis. Wys net die arrogansie.

H ·

Beide die AK-47 en Bazoeka is deur wit mense gemaak….ek wonder hoe voel hy daaroor?

E.K. (vra net) ·

Gaan een of ander minister ook die UP besoek en aandring op verskoning van die student en boetes en goed uitdeel?! Ek dink daar moet aangedring daarop!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.