Luvuyo Menziwa, ʼn student aan die Universiteit van Pretoria en ʼn lid van die studenteraad, het in die inskrywing redes gelys hoekom hy wit mense haat. Die redes is onder meer “wit voorreg, wit arrogansie, wit monopolie van kapitaal en wit meerderwaardigheid”.
“Ter afsluiting, f** wit mense. Gee my net ʼn AK-47 of ʼn bazoeka sodat ek die regte ding kan doen en hierdie demoon-besete mense kan doodmaak,” lui die inskrywing.
Volgens Henrico Barnard, AfriForum Tuks se woordvoerder, beskou AfriForum Jeug Menziwa se inskrywing as lasterlike uitsprake, aanhitsing tot geweld en intimidasie. Hy het gesê meer besonderhede oor dié strafregtelike klagtes sal later bekend gemaak word.
Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die UP, het aan Maroela Media bevestig dat Menziwa ʼn student by die instansie en ʼn lid van die studenteraad is. “Die saak word ondersoek kragtens die gedragskode en dissiplinêre kode vir studente, asook vir SR-lede,” het sy gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
48 Kommentare
Hy kan maar probeer as hy wil…
Ons wag seker tevergeefs vir DA en ANC politici om hierdie te veroordeel? Heelwat erger as kleuter wat nie by haar maatjies sit of dogters wat nie haarrreëls wil hê nie, maar die kleur van die oortreder laat seker nie toe dat hierdie rassisties is nie. Dankie solank Afriforum vir moeite om klag by MRK in te dien.
Ai liewe hemel hoelank gaan ons nog die kaart speel.Dit raak so afgesaak regtig.Ek dink die ding is mense wat regtig nie n lewe het nie en dan n naam of hul naam gat wil maak op sosialle media deur n klomp bollie kwyt te raak.Glo my ek sal op alle Tv en koerant voorblaaie wees as ek moet regtig se wat ek dink van die land en sy mense.En die so genaamde Christen,my God hou hom nie besig met snert nie,so hou op hom aanhaal in julle tong gevegte .Christen maak jou besigheid toe op n Sondag en begin… Lees meer »
Niks sal gebeur nie…….
Rassisme,sluit hom toe. R150,000 boete. Toe toe hoekom wag jul nog????