‘Klagtes oor rassediskriminasie aan die toeneem’

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het gesê die aantal klagtes wat by die kommissie ingedien word rakende rassediskriminasie is aan die toeneem.

“Die aantal klagtes wat deur die kommissie ontvang is, het drasties toegeneem sedert die ontstaan van die kommissie [in 1995], met meer as 450 klagtes van onbillike diskriminasie wat ingedien is vir die jaar geëindig Maart 2014,” het dr. Khulekani Moyo, hoof van navorsing by die MRK, gesê.

“’n Verbysterende 53% van die klagtes was oor rassediskriminasie terwyl 13% oor gestremdheid gehandel het.” Diskriminasie op grond van etniese of maatskaplike oorsprong het 10% uitgemaak van die klagtes terwyl 6% van die klagtes met geloof verband gehou het. Volgens Moyo het seksuele oriëntasie, geslag en ouderdom almal onderskeidelik 4% van die klagtes uitgemaak.

Lindiwe Mokate, kommissaris van die MRK, het gesê die klagtes rakende rassediskriminasie het uit alle oorde van die samelewing gekom. “Ons het klagtes ontvang oor rassisme in die werkplek, in skole en so aan. Ons doen baie werk in die Vrystaat rakende die klagtes sowel as in Gauteng.”

Volgens Moyo moet daar aandag geskenk word aan die ondoeltreffendheid van die gelykheidshowe. “Gelykheidshowe word onderbenut op landdrosdistriksvlak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Se Maar Net ·

Kyk net wat doen die regering, dit wat hulle kwyt raak.!!!

johan ·

Rassisme sal altyd in die land wees….waarom? Omdat hulle wat die land regeer of probeer regeer rassisme aanhits. Zuma en sy agterlopers spreek dit uit tydens hulle optogte en toesprake.

Lappop ·

Die meerderheid bevolking en die regering is die grootste rassiste in die land!

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

This, is but just the racially bias opinions of two ill-informed people which are not scientifically proven to be a fact. The National Party back in the dark days of apartheid did this, even much worse things to the people of color and their had been no forum whatsoever for the people of color to raise their just opinion. Did any of them (these racist whites) complained about the inabilities of them to govern South Africa, not a single one except for the late Braam Fisher, Dr. B Naude, Carl Niehaus and a few others who supported the peoples movement.

Andre ·

Regtig Capt Retired ek dink nie jy het na aftrede tret met realiteite gehou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.