Klagtes oor SAID skaad die ekonomie

Argieffoto

Tom Moyane, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Dinsdag gesê aanvalle op die organisasie benadeel die Suid-Afrikaanse ekonomie, aangesien dit lei tot laer vlakke van belastingnakoming.

“Diegene wat ongegronde aanvalle op die SAID wil loods moet weet dat hulle die ekonomie nadelig beïnvloed,” het hy aan die parlementêre staande komitee oor finansies gesê tydens ʼn konferensie deur die nasionale tesourie en die SAID oor hul kwartaallikse verslae.

Moyane het gesê die persepsie dat die SAID bekwame personeel afgedank het, sal ʼn “selfvervulde profesie” word, omdat dit werknemers ontmoedig en hulle dan bedank.

Hy het dié uitlatings gemaak nadat hy gekla het dat die komitee se tydsberekening vir die vergadering baie sleg is, omdat Maart-maand die besigste maand in die SAID se kalender is. “Dit vat ons fokus weg van dit wat ons moet doen. Maart is die belangrikste kalendermaand in die geskiedenis van die land.”

Moyane het LP’s daaraan herinner dat die SAID altesaam 90% van die geld in die staatskoffers insamel, en gesê kritiek spruit uit vooroordeel.

Hy wou egter nie enige vrae van DA-LP David Maynier beantwoord oor wat laasgenoemde ʼn “burgeroorlog” tussen hom en die minister van finansies, Pravin Gordhan, genoem het nie. Hy het gesê Engels is sy derde of vierde taal en hy kan dus nie kommentaar lewer oor ʼn frase wat, as hy dit hoor, hom laat dink aan die bloedvergieting in Somalië nie.

Moyane het gesê hy wil die bewering, dat die SAID ʼn insamelingsagterstand van R30 miljard tydens die huidige finansiële jaar beleef, van die hand wys. Hy het Randall Carolissen, uitvoerende groepshoof van die SAID, versoek om te verduidelik dat die bedrag gebaseer is op ʼn inkomstevooruitsig wat intussen afwaarts aangepas is van R1,175 biljoen (“trillion”) tot R1,144 biljoen (“trillion”).

Die vergadering kom te midde van spekulasie dat pres. Jacob Zuma van voornemens is om Gordhan af te dank nadat hy hom van ʼn internasionale beleggerskonferensie in Engeland teruggeroep het na Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

AL ·

Besef hy nie dat NIKS nagekom onder die huidige bestel nie? Wanbetaling van munisipale dienste, die ANC wie hofbevele verontagsaam, die wettelose burgers wie geen respek het vir die wet nie? Staatsdienste wat nie nagekom word nie.

John ·

Tom het sneesdoekies nodig… dringend! En as die geld op is sal tp ook doen…

Rente ·

Ook ek is a.g.v. ‘n druppel rente aangekeer vir voorlopige belasting. Daar aangekom word my vorm voltooi en nog elke keer is die antwoord: “Jy skuld ons niks”. Ek mors die amptenaar se tyd en ook myne. Dis nou al die afgelope 9 jaar so.

Skim ·

Hoekom sal die klagtes ONGEGROND wees? Die diens daar is pateties. Hulle is te lui om die manual vorms meer in te neem, alles moet aanlyn gedoen word, maar dan ignoreer hulle al jou skrywes wat jy aanlyn plaas. Hulle bly aanmanings stuur nadat jy vir uitstel gevra het agv ‘n dispuut en objeksie wat jy maande gelede reeds geloods het. Hulle bly jou bel en sms, en al gaan jy na die kantore toe, se die een presies net wat die ander een se, kannie help totdat die dispuut opgelos is nie, maar NIEMAND gee aandag aan die dispuut nie. Jy kan nooit met ‘n senior personeellid praat nie, niemand beantwoord jou eposse nie, jy kan met niemand praat wat enige authority het nie, so ja, ek dink nie ons klagtes is onnodig nie. EK wil net weet hoekom word ons as indiwidue so harrass terwyl ek niks meer hoor van die R6m wat Malema skuld en Zuma so ‘n tyd terug nie. Dis asof hulle goed net verdwyn maar ons ou salaristrekkertjies word heeldag geteister omdat HULLE nog nie by hulle werk uitgekom het nie. Nie my skuld nie. STEP IT UP OR STEP DOWN!

snoefie ·

as daar in elk geval te veel geld op jou munisipale rek betaal was, laat hulle jou rente betaal om die oorbetaling te administreer. kan ons as gewone landsburgers surf vra of ons agbare pres zuma (sodat daar nie I’d krisis is nie) al die R63+miljoen wat hy SARS sou skuld vir die fringe benefit op nkandla al betaal het? if get ons nie die reg om te weet nie?

Ronel ·

Skim. Ek het presies dieselfde klagte as jy. Ek is ook gevra om nie weer my voete in ‘n spesifieke vrou by ons plaaslike SARS kantore te sit nie. Ek het haar tafel omgekeer. Letterlik omgekeer. Nadat sy vir my gesê het ek probeer die regering indoen en toe sy haar fout agterkom wou sy nie haar woorde terugtrek nie. Hulle weet ook nie hoe werk ‘n simpel Excell spreadsheet nie.

Christa ·

Ek het al my dokumente na hulle geneem en hulle het als op hulle rekenaarstelsel gevoer en dadelik vir my ‘n uitdruk gegee wat my bedrag belasting getoon het. Gaan squat net by hulle met al jou dokumente en hulle SAL jou help, veral as dit net so 45 minute voor huis-toe-gaan-tyd is!!!

Anti belasting ·

Christa,Ons doen dit,die boekhouer ry vanaf Ermelo na Standerton,maar die sms’e gebeur so tussen deur

Anti belasting ·

Ons doen dit,die boekhouer ry vanaf Ermelo na Standerton,maar die sms’e gebeur so tussen deur

Chaparel ·

In die begin weet hulle ongeveer wat om te doen en later het hulle alweer vergeet waar hulle in die begin mee besig was om te doen.
En dit was deur niks te doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.