Klagtes teen adjunk-burgemeester ná hond geskiet is

Skermgreep uit die video

WAARSKUWING: Die inligting in die berig kan sensitiewe lesers of kinders ontstel.

ʼn Adjunk-burgemeester in KwaZulu-Natal kan moontlik strafregtelik aangekla word nadat die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (DBV) Woensdag gesê het hy het aanklagte teen hom en ander persone aanhangig gemaak.

Die DBV het ondersoek ingestel nadat ʼn hond in November 2017 in Melmoth geskiet is. Adjunk-burgemeester Philani Ntombela van Mthonjaneni- plaaslike munisipaliteit en sy lyfwagte word daarvan verdink dat hulle die hond geskiet het.

“Die bevindings van die ondersoek was selfs erger as dit wat oorspronklik aangemeld is,” het die DBV in ʼn verklaring gesê. Volgens die organisasie het beeldmateriaal van die voorval op sosiale media aan die lig gekom vyf dae nadat die hond geskiet is. Die DBV-inspekteur van Eshowe het vinnig op die klag reageer en hy is in kennis gestel van die voorval. Die hond is lewend aangetref met verskeie skietwonde.

“In die video word ʼn hond, wat aan ʼn paal vasgemaak is, herhaaldelik geskiet,” het Meg Wilson, woordvoerder van die NDBV, gesê. “Dit het aan die lig gekom dat vier honde geskiet is. Een hond is verskeie kere geskiet, een hond is gewond en kon ontsnap, en twee babahondjies is geskiet. ʼn Negejarige seun het een van die babahondjies vasgehou toe hy geskiet is.”

Die adjunk-burgemeester het na bewering aangevoer die honde het die plaaslike inwoners geterroriseer en het vee in die dorp aangeval.

“ʼn Ooggetuie het egter gesê daar was nie enige bewyse dat die honde die vee aangeval het nie,” het Wilson bygevoeg. “Die minagting vir hierdie diere is ontstellend en dit is onvergeeflik dat iemand net sonder skaamte kan wegstap, boonop terwyl een van die diere in die hande van ʼn kind was. Dit is ondenkbaar dat hierdie optrede deur leierskap uitgevoer is.”

Die NDBV het klagtes aanhangig gemaak teen die adjunk-burgemeester, die skieters en die eienaar van die honde. Die polisie stel ook ondersoek in. “Daar is aanklagte aanhangig gemaak teen die eienaar van die honde, aangesien hy teenwoordig was en nooit die saak aangemeld het nie.”

Die adjunk-burgemeester was nie beskikbaar vir kommentaar teen publikasie nie, ten spyte van herhaaldelike pogings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Muffin ·

Ongelooflik die arme honde.
Dit is noy wat hulle niem ‘ DIERE MANIERE’

Lollie ·

O, hulle kan enige tyd en plek wild en wakker skiet soos hulle lus het! Indien die diere ń probleem was is die DBV mos daar vir sulke dinge! Sou die baba hondjies ook die vee aanval en die inwoners terroriseer? Omdat hulle ‘status’ het maak hulle nes hulle wil! DBV maak asb van hulle ń voorbeeld!!!! Moenie dat hulle hiermee wegkom nie!!!!

Onaanvaarbaar ·

Die ergste is die 9-jarige seun het die babahondjie nog VASGEHOU toe hy geskiet is? En die veiligheid van die kind? En die skok vir die kind om ‘n hondjie vas te hou wat geskiet word? Dit is iets verskrikliks, kan nie glo dat daar sulke mense op aarde in hoë posisies ook nog is nie?

Christo ·

Sal die politieke rotte nie die getuies weer met die dood dreig nie? Dis mos deel van ons demokrasie.

Cor ·

n Hond en die se lewe tel nie in die afrika kultuur nie . Die president het al self per geleentheid gese die omgee daarvoor is n witmens en westerse ding Wat egter onstellend is dat die rig en afvuur van n vuurwapen in n bewoonde gebied nie onwettig is as jy een of ander possie van die regerende party beklee nie. Wetteloosheid deur hulle n sogenaamde lyfwagte vuur hoogty en daar word niks aan gedoen nie

Jaco ·

Suid Afrika is n baie baie siek en verwronge plek vol haat en hartseer, ek wil nie meer hker bly nie….?

Dirk Kotzé ·

Hy moet aangekla word dat hy nalatig was met vuurwapen en rig van vuurwapen as hy n hond in n persoon se hande skiet,sy vuurwapens moet weg geneem word ook,hy is ongeskik om wapen te besit

Hannes ·

Maak die betrokkenes as straf almal aan dieselfde paal vas saam met die karkasse vir ‘n paar dae sonder kos en water.

Anoniem ·

Sou enige een die saak aanmeld as ‘n spul mal mans jou diere skiet en jy net sowel volgende kan wees? Ek dink hierdie mans maak hulself meer skuldig aan die plaaslike inwoners “terroriseer” as wat die honde ooit kon! Hulle moet summier uit hulle poate onthef word want hulle is ‘n gruwel en gevaar vir die samelewing!

DD ·

This says a lot of the person’s upbringing. Unfortunately most life does not matter for Africa culture. I hope this is not swept under the carpet again!!!!

Maria ·

Die manier hoe jy diere behandel sê baie van n mens se karakter en opvoeding en of so persoon enigsins in staat is om empatie en simpatie te toon en uit te leef… dit spreek ook boekdele oor hoe hy/sy mede mense gaan behandel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.