Klagtes teen ‘rassistiese’ verkeersbeamptes in Ermelo

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

“Julle wit mense het mos alles gesteel in die land, dit is hoekom julle so ryk is,” het Nicolaas Sibeko, provinsiale verkeersbeampte in Ermelo, glo aan ʼn motoris gesê nadat hy hom van die pad af getrek het.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het intussen geëis dat Sibeko afgedank word, nadat hy homself volgens vyf beëdigde verklarings op 30 Junie 2016 dalk aan rassisme en haatspraak skuldig gemaak het.

Die voorval het plaasgevind nadat Willem Barnard, ʼn sakeman van Ermelo en sy seun Eugene, op die betrokke dag in die dorp agter mekaar gery het. Sibeko het Barnard jr. afgetrek en volgens verskeie getuies uiters aggressief teenoor hom opgetree toe hy ʼn boete aan hom uitgeskryf het. Sibeko het Barnard jr. ook daarvan beskuldig hy het nie ʼn veiligheidsgordel gedra het nie, ondanks getuienis wat die teendeel bewys.

Toe Barnard sr. uit sy voertuig klim om vas te stel wat die probleem is, het Sibeko glo rassistiese aanmerkings gemaak en na bewering onder meer gesê: “Julle wit mense het mos alles gesteel in die land, dit is hoekom julle so ryk is! Julle moet eers opgevoed word om met my te praat en ek sal julle arresteer, die voertuig deregistreer en seker maak dat die voertuig nooit weer op die pad kom nie.”

Johann Weber, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Oos, sê AfriForum oorweeg dit om klagte teen Sibeko by die Menseregtekommissie (MRK) in te dien indien sy hoofde nie behoorlik teen hom optree nie. Die burgerregtewaghond het reeds ʼn skrywe aan Sipho Tau, provinsiale verkeershoof, in gerig om Sibeko se optrede te ondersoek.

In ʼn afsonderlike voorval het Dennis Sinclair, ʼn inwoner van Ermelo, ʼn klag van intimidasie teen
Daniel Maluleka, direkteur van veiligheid en sekuriteit by die Msukaligwa-munisipaliteit, by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ingedien, weens beweerde doodsdreigemente en rassistiese aanmerkings. Jaco Badenhorst, die distrikstaatsaanklaer, het glo intussen besluit Maluleka sal nie vervolg word nie. Die redes hiervoor is nog onbekend.

Sinclair beweer hy en sy dogter het op ʼn toneel afgekom waar Maluleka op twee wit mans geskreeu en na sy vuurwapen gegryp het, waarna hulle in hul voertuig gevlug het. Toe Maluleka besef Sinclair het die voorval gesien, het hy Sinclair en sy dogter glo ook met die dood gedreig en rassistiese aanmerkings gemaak.

Maluleka het onder meer glo geskreeu: “Who the f__k are you, you white piece of s__t!” en “I will kill the whole lot of you!”

Hy is ʼn baie omstrede karakter en ʼn voormalige verkeersbeampte in die Ermelo-gemeenskap. Hy is al van nalatige bestuur en poging tot moord aangekla, terwyl hy ook voorheen van die moord op ʼn polisiebeampte van Ermelo aangekla is.

Weber meen daar is geen regverdiging vir die betrokke persone se rassistiese optrede nie. “Verkeersbeamptes is veronderstel om ons landsburgers se veiligheid te verseker. Ons eis die onmiddellike afdanking van die betrokke verkeersbeampte asook die direkteur van veiligheid en sekuriteit, afgesien van die bewering dat Maluleka nie strafregtelik deur die staat vervolg sal word nie.”

“Indien nie gehoor gegee word aan bogenoemde eise nie, sal ons verdere stappe teen Tau en Zwelihle Shongwe, munisipale bestuurder van die Msukaligwa plaaslike munisipaliteit en die betrokke beamptes oorweeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Popeye ·

“….moet opgevoed word” eish comrade, jy moet ge reboot word vir jou rassistiese breinpatrone. Laat laai ook sommer ‘n goeie anti-virus. Jou computa werk nie reg nie.

Anoniem ·

Aggetoggie Popeye, nou het ek in my koffie verstik. Ek kan nie vanoggend multi-task nie (gelyk lag en sluk nie.)

Carina ·

Nou vra ek as dit kan se hoekom kan hy nie ook n boete kry nie want as daai ander vrou wat hulle ape genoem het boete kry vir haar woord hoekom maar nie die selle vir hom ook gee nie ek verstaan nie hoe dit werk nie?

Carina ·

Daniel dit is so maar die nie regverdig nie dis vir daai rede hoekom die land so agter uit gaan

Phillip ·

Hoor Hoor hoop Afri Form maak n saak by die hoogeregs hof vir haad spraak

Piet Snot ·

Nou wag ek vir die DA om hul normale ontsteltenis oor dié rassisme te toon.
Of dalk moet ek maar ophou wag ….

Johnny ·

Ha ha ou grapjas. Raak maar gewoond hieraan. As die DA se leier se hy het n probleem met Die Stem, moenie enigiets van hulle vewag nie.

Deon ·

Nou toe-toe al die DA aanhangers – wys my waar is Zille en Maimane nou? O nee ek onthou nou weer: hulle spring net op “rassisme” sake as die oortreder wit is…..

Dankie Afriforum vir die opvolg….

Diefie Harte Liefie ·

Whakaka nou as ons witmense alles gesteel het wonder ek nou by wie het ons dit gesteel wie het dit gehad by wie ons dit steel??. Het ons dit by mekaar gesteel??

Frederik ·

As dit nie vir die DA se anti-wit sentimente was nie, kon hul dalk 50%+ in Tshwane en ‘n paar kleiner munisipaliteite behaal het. Nou moet hul noodwendig met Juluis beraadslaag en hy gaan vir hul ore aansit.

Jeanne ·

Ja kyk vir die paar stemme wat hy na die tafel toe bring gaan hy al die sleutelposisies wil beklee, hy tree nou op asof hy klaar die president is, met sy persentasie stemme, maak hy of almal verlee is oor hom, en asof hy nou die demands kan uitskreeu.

hans brits ·

Ek het my huis en kar by die bank gekoop,ek wonder waar steel die bank dit dan om dit aan my te verkoop.

Frans ·

Al hoekom ons reenboog nasie so kan aangan om dat die boere se hande deur oomnde klerk vasgemak is ma endag sal kom

Jan maak n plan ·

Daar sal.met die ouens niks gebeur nie want die NVG is te slapgat om swart rassiste te vervolg.

Lance ·

Die ou is SO onkundig en weet gladnie waarvan hy praat nie …nie eers n asem werd nie

Danie ·

Ek verstaan nie hoe kan ons ons eie goed steel nie. Hy het alles net mooi om gedraai. As hy so praat wat moet ons vir hom sê. Ons het dit sekerlik nie van hulle gesteel nie want hulle het nog nooit iets gehad nie.

Andre ·

Ek is n lid van Afriforum…. Is jy? Dankie Afriforum vir die goeie werk. Dis in hierdie tyd wat ons moet saamstaan mense. As jy sien n ander persoon is in die moeilikheid, stop en help, jy kan dalk net n lewe red.

Milan ·

Gesteel? Wonder wat is die verhouding swart tot wit in die SA tronke?

Milan ·

Nee Mnr. die verkeersbeampte: Die demografie vd SA tronke vertel vir my ‘n ander storie. Wonder wie het by wie gesteel?

Siestog ·

Dankie Afriforum. Maak hom ‘n bietjie stil. Goed geskryf “Popeye” ! :-)

Koos ·

Selfde as penny sparrow maar nog ‘n bewys wie nou eintlik arrogant is wanneer hulle in ‘n magsposisie is.

Phillip ·

Waar is die Anc nou hoop hy betaal ook R105000.00 soos daai eiendoms aget Wat hol rug gery word oor haar haat spraak

Phillip ·

Hoop hy haal ook die nuus op SABC 1, 2, 3 ,en E tv Sal die een met n val oog dop hou hoop Maroela volg dit gereeld op so dat ons op hoogte bly op die saak

Sumari ·

Hulle was al rassisties teenoor die witmense toe ek daar gebly het…

Jeanne ·

Hoekom is “rassisties” nou in aanhalingstekenis maar as ‘n witte rassistiese uitsprake teenoor ‘n swarte maak is dit nie in aanhalingstekens, en word hulle onmiddellik afgedank. Wat sou ons gesteel het? Tans word blankes uit werk uitgehou met BEE regulasies, so wat is dit beter as in die apartheidsjare toe swartes nie vir alle poste oorweeg is nie, wittes word nou ook nie daarvoor oorweeg nie, VERAL in enige staatsdepartemente of parastatals .. Rassisme is alive and well in SA, en dis nie meer net van die wittes se kant af nie. Klagtes van nalatige bestuur en moord? Wat ‘n goeie karakter vir ‘n verkeersbeampte? OPGEVOED word? Duidelik kan mens aan SY opvoeding sien daar was min of eintlik GEEN as jy so met ‘n lid van die publiek praat nie. DANK HOM AF en moenie verder speel nie. I will kill all of you? white picece of s…..? Is dit nie haatspraak ook nie? Hy maak homself aan soveel goed skuldig maar more is hy die hoof van die verkeersafdeling van die provinsie …hou hom dop. Jy sal NIKS weer van hierdie saak hoor nie, hulle gaan nie eers die moeite doen om ‘n interne ondesoek te loods nie, as hy reeds vir nalatige bestuur/moord aangekla was en hy staan en skreeu nog rassistiese uitlatings op lede van die publiek, is hy een van die UNTOUCHABLES.

Bekommerd ·

Die probleem lê by voorouers wat so haat aanwakker teenoor blankes, dis al waaroor hulle kan praat met hulle kinders, “die boere sis en die boere so”. Let bietjie op sodra ‘n blanke by ‘n staatsinstelling instap word jy aangekyk asof jy stink, jy kan sien hulle wil jou nie help nie….
My opinie is dat niemand met ‘n kriminele rekord of selfs enige ernstige aanklagte soos moord ooit veronderstel is om polisie of verkeersbeamptes te wees nie…
Die man klink in elk geval vir my soos ‘n bom wat een van die dae gaan bars, en dan loop hy met ‘n wapen rond…. ek vertrou geen polisieman of verkeersman nie….

Tina du Toit ·

Jaaaaaa, ek behoort aan AfriForum, en dankie tog vir my pa wat voorgestel het om hulle te nader na ons aanval. Die polisie was in ons omgewing was baie rassisties teenoor my en Nantes Kelder van AfriForum, maar hy het nie `n dooi date terug gestaan nie. Is hom en AfriForum ewig dankbaar vir hulle hulp.

Marlene ·

Mense julle moet ophou dood spreek oor ons land. Lewe en dood lê in die mag van die tong. So as ons begin spreek vir reen vir ons land sal as meer as genoeg kry. So sak maar Afrika op jou kniee wat sag geword het en bid vir genade en versoening.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.