Klagtes teen skoolhoof ‘dra nie gewig’

Verskeie klagtes van boeliegedrag is vroeër teen dr. Anton Prinsloo aanhangig gemaak.

Die departement van onderwys in Gauteng het Woensdag gesê ondersoeke na dr. Anton Prinsloo, hoof van die Hoërskool Eldoraigne in Centurion, kon niks wesenliks oplewer nie.

Volgens Steve Mabona, woordvoerder van die departement, het Prinsloo om dié rede opdrag gekry om vandeesweek na die skool terug te keer.

Maroela Media het vroeër berig die departement het ’n onafhanklike ondersoek gelas ná verskeie klagtes van boeliegedrag en viktimisering teen Prinsloo aanhangig gemaak is.

Hy het egter Dinsdag met onmiddellike inwerkingtreding as hoof teruggekeer.

Die skool se beheerliggaam het intussen aangedui dat hulle nou regstappe teen die departement oorweeg om dié besluit te laat hersien.

Dave du Plessis, die adjunkhoof, het sedert Prinsloo se verplasing na die distrikskantoor in Mei in dié pos gedien.

Mabona het egter benadruk dat Prinsloo nooit ontslaan is nie, maar bloot tydelik verplaas is terwyl die ondersoek afgehandel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Kobus ·

Is daar dalk ‘n dissipline probleem en nou word hy van boelie aangekla?

Anoniem ·

Stem saam met jou, wonder wat sou hul doen as hul in ons dae moes skoolgaan waar daar nog respek en dissipline was

Misky ·

Kom ons kyk hoe lank hou hy uit. Niemand (skoliere en onderwysers) soek hom daar nie. Ek sal darem baie vinnig my pie vat en waai as ek weet ek is onwelkom by ‘n plek. Almal kan nie verkeerd wees en hy reg nie. Boelie in ‘n suit!!!!

Bertus ·

Ek stem Misky, hoe is net hy reg? En natuurklik die departement, wat ookal se gewig dit mag dra.

Perdeby ·

Het hulle op stadium geborg…… en die manier hoe hy met mense praat en hanteer het vir ons rooiligte sien aangaan. As personeel nie daar hou nie dan moet jy weet daar is ‘n probleem by bestuur. Verder se ek niks nie.

Dries ·

Kan MM dalk meer uitvind oor die werklike situasie.Kom die klagtes uit Engels,of Afrikaanse kant.Die media praat net heeltyd van “boelie”,maar so het ons ook al geleer dat DISSIPLINE deur sommige as BOELIE gesien word.Asseblief,meer info is nodig.Dankie

RomeoTangoGolf ·

Skole met ‘n OR wat hul eie agenda jaag ten koste van die kinders het al menige skole lelik gebyt. Dalk is die hoof nie een van daai wat net toekyk nie.

Naomi ·

Dok Prinsloo is ‘n boelie. Dit het niks met dissipline te doen nie. Smooth talker, verbal abuser. Been there. Sorry, maar dis tyd vir die waarheid.

Sandra ·

Om vandag ‘n skoolhoof te wees moet jy hare op jou tande hê. Onderwysers en ouers is in faksies verdeel en die kinders toon min respek. Jy sal nooit almal tevrede kan stel nie. Moet nie eers probeer nie. Daar sal altyd ‘n groep wees wat jou wil kruisig.

Susan ·

Ek ken nie die hoof persoonlik nie, maar het met onderwysers gepraat wat voorheen saam met my skoolgehou het wat hom ken, asook met ‘n onderwyser wat tans by Eldoraigne Hoërskool skoolhou. Daarvolgens klink dit asof hy sekere personeellede baie ongeskik en sonder respek behandel. As mens in ‘n leiers/bestuurspos aangestel is waarvoor jy aansoek gedoen het is dit sekerlik net gepas om professioneel op te tree teenoor ander. As jy ‘n probleem het met sekere personeellede, spreek hom of haar privaat in jou kantoor, en los die saak beskaafd op. Ek het al vele kere beleef waar ‘n hoof in die personeelkamer voor die res van die personeel iemand verbaal aanval en selfs op die persoon skree. Dis ‘n resep dat niemand later vir jou respek gaan hê nie, en jou ook nie in jou besluite sal wil ondersteun nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.