Klagtes van beweerde kinderarbeid teen boer ondersoek

[OPVOLG] Die departement van arbeid het intussen gesê altesaam 53 kinders is van plase in die distrik verwyder. Lees die opvolgberig hier.

Argieffoto

Die Valke het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat bewerings vandeesweek aan die lig gekom het dat ʼn boer van die Wesselsbron-gebied in die Vrystaat glo minderjariges as seisoenwerkers op sy plaas gebruik.

Volgens die bewerings laat die boer jaarliks seisoenwerkers uit Noordwes kom om gedurende oestyd op sy plaas te help om mielies op te tel op lande wat gestroop is. Daar word beweer dat die boer vanjaar minstens 23 minderjarige kinders in sy diens gehad het.

Verskeie ander aantygings is ook teen die boer gemaak, insluitend dat die werkers in haglike omstandighede op sy plaas moet leef, dat hy hulle minder as die minimum loon betaal en dat hulle vrot vleis gegee is om te eet.

Mildred Oliphant, minister van arbeid, het intussen in ʼn verklaring gesê minderjarige werkers is op twee plase in die Wesselsbron-gebied geïdentifiseer. Sy het gesê die 23 kinders wat in samewerking met die departement van maatskaplike ontwikkeling van die plase “gered” is, is na ʼn plek van veiligheid geneem. Alle werknemers is egter van die plase verwyder.

Die departement van arbeid het in ʼn verklaring gesê sommige van hierdie seisoenwerkers is nog nooit betaal sedert hulle op die plase begin werk het nie en ander het net gedeeltelike betaling ontvang. “Die departement van arbeid werk sedert Maandag onverpoos om die klagtes van die 181 seisoenwerkers af te neem,” lui die verklaring.

“Werkers is in kennis gestel van die gesondheidsrisiko’s waaraan hulle blootgestel is en die maatreëls wat die werkgewer moes instel om daardie risiko’s te bestuur. As gevolg daarvan is alle arbeid op die plase summier stopgesit. Die verskriklike, gevaarlike en onmenslike omstandighede waaraan hierdie werkers blootgestel is, het samewerking tussen die relevante regeringsdepartemente genoodsaak. ʼn Gesamentlike operasie tussen die departemente van arbeid, binnelandse sake, menslike nedersettings, maatskaplike ontwikkeling en die SAPD is aan die gang gesit.”

Die departement het gesê na aanleiding van hierdie beweerde oortreding van verskeie arbeidswette word inspeksies nou op al die plase in die gebied gedoen om te verseker dat boere geen soortgelyke oortredings begaan nie.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het aan Maroela Media bevestig dat die bewerings deur die Valke ondersoek word, maar het gesê daar moet nog met alle rolspelers betrokke vergader word voordat hy meer kommentaar kan lewer. “Daar is prosesse wat gevolg moet word en al die nodige rolspelers moet in kennis gestel word van die pad vorentoe. Ons sal volgende week meer oor die saak kan sê,” het hy gesê.

Die boer teen wie die bewerings gemaak word, het Maroela Media se navrae na sy regsverteenwoordiger verwys. Sy regsverteenwoordiger het Donderdag aan Maroela Media gesê hy kan nie in dié stadium enige kommentaar lewer nie. Hy het wel bevestig sy kliënt was teen Donderdagmiddag nog nie aangekla nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

31 Kommentare

jongste oudste gewildste
Adri

Vrystaat Landbou beweer dat die persoon nie ‘n boer is nie, maar ‘n arbeidsmakelaar. Hoe waar is die bewering?

Leahim

Die boere moet begin met beplaning om te meganiseer , Europese boere moet self klaarkom geen hulp beskikbaar ook geen diefstal en aanvalle nie

Hugo

Vrystaat Landbou het gister ‘n perskonferensie gehou en ook ‘n verklaring uitgereik. Die persoon wat beskuldig word, is nie ‘n boer nie en ook nie lid van georganiseerde landbou nie. Kontak hulle gerus vir die regte feite.

Big daddy

Die beskuldigde is nie n boer nie. Hy doen kontrakwerk. Elke jaar het boere oneindige probleme met tydelike arbeiders wat mielies optel. Die boer is n paar maal al aangerand as die werkers dronk is. Op sabc2 wys hulle net die plastiek bedekte tonnel waarin die mense moes slaap. Net langs die tonnel is netjiese steenhuise waarin vd mense ook gebly het. Dit word nie gewys nie. Verwag die regering dat die boer n hostel moet bou vir tydelike werkers? Die boer se seun was so 2 maande gelede in n baie erenstige ongeluk. Hy moes tussen die optelspanne en… Lees meer »

Cais Smit

Ek wil net vra is hulle verlyf swakker as waaraan hulle gewoond is,by die boer moet hy n huis he en lopende water en krag,maar gaan kyk hoe bly hulle in die werklikheid en wat eet hy .Ek het op n plaas groot geword en ek weet hoe is hul kultuur