Klagtes van beweerde kinderarbeid teen boer ondersoek

[OPVOLG] Die departement van arbeid het intussen gesê altesaam 53 kinders is van plase in die distrik verwyder. Lees die opvolgberig hier.

Argieffoto

Die Valke het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat bewerings vandeesweek aan die lig gekom het dat ʼn boer van die Wesselsbron-gebied in die Vrystaat glo minderjariges as seisoenwerkers op sy plaas gebruik.

Volgens die bewerings laat die boer jaarliks seisoenwerkers uit Noordwes kom om gedurende oestyd op sy plaas te help om mielies op te tel op lande wat gestroop is. Daar word beweer dat die boer vanjaar minstens 23 minderjarige kinders in sy diens gehad het.

Verskeie ander aantygings is ook teen die boer gemaak, insluitend dat die werkers in haglike omstandighede op sy plaas moet leef, dat hy hulle minder as die minimum loon betaal en dat hulle vrot vleis gegee is om te eet.

Mildred Oliphant, minister van arbeid, het intussen in ʼn verklaring gesê minderjarige werkers is op twee plase in die Wesselsbron-gebied geïdentifiseer. Sy het gesê die 23 kinders wat in samewerking met die departement van maatskaplike ontwikkeling van die plase “gered” is, is na ʼn plek van veiligheid geneem. Alle werknemers is egter van die plase verwyder.

Die departement van arbeid het in ʼn verklaring gesê sommige van hierdie seisoenwerkers is nog nooit betaal sedert hulle op die plase begin werk het nie en ander het net gedeeltelike betaling ontvang. “Die departement van arbeid werk sedert Maandag onverpoos om die klagtes van die 181 seisoenwerkers af te neem,” lui die verklaring.

“Werkers is in kennis gestel van die gesondheidsrisiko’s waaraan hulle blootgestel is en die maatreëls wat die werkgewer moes instel om daardie risiko’s te bestuur. As gevolg daarvan is alle arbeid op die plase summier stopgesit. Die verskriklike, gevaarlike en onmenslike omstandighede waaraan hierdie werkers blootgestel is, het samewerking tussen die relevante regeringsdepartemente genoodsaak. ʼn Gesamentlike operasie tussen die departemente van arbeid, binnelandse sake, menslike nedersettings, maatskaplike ontwikkeling en die SAPD is aan die gang gesit.”

Die departement het gesê na aanleiding van hierdie beweerde oortreding van verskeie arbeidswette word inspeksies nou op al die plase in die gebied gedoen om te verseker dat boere geen soortgelyke oortredings begaan nie.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het aan Maroela Media bevestig dat die bewerings deur die Valke ondersoek word, maar het gesê daar moet nog met alle rolspelers betrokke vergader word voordat hy meer kommentaar kan lewer. “Daar is prosesse wat gevolg moet word en al die nodige rolspelers moet in kennis gestel word van die pad vorentoe. Ons sal volgende week meer oor die saak kan sê,” het hy gesê.

Die boer teen wie die bewerings gemaak word, het Maroela Media se navrae na sy regsverteenwoordiger verwys. Sy regsverteenwoordiger het Donderdag aan Maroela Media gesê hy kan nie in dié stadium enige kommentaar lewer nie. Hy het wel bevestig sy kliënt was teen Donderdagmiddag nog nie aangekla nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Adri ·

Vrystaat Landbou beweer dat die persoon nie ‘n boer is nie, maar ‘n arbeidsmakelaar. Hoe waar is die bewering?

Mariné Lourens ·

Dagsê Adri

Dankie vir jou kommentaar. Volgens die departement van arbeid, asook ʼn woordvoerder van die Valke is die persoon teen wie die bewerings gemaak word ʼn boer. Vrystaat Landbou het intussen in ʼn verklaring op hul webtuiste beweer die persoon is ʼn arbeidsmakelaar. Maroela Media kon nie Vrydag die man se regsverteenwoordiger telefonies bereik om meer duidelikheid oor die saak te gee nie.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Leahim ·

Die boere moet begin met beplaning om te meganiseer , Europese boere moet self klaarkom geen hulp beskikbaar ook geen diefstal en aanvalle nie

J. C.S ·

Die vergelyking is irrelevant want die landbou situasie daar is totaal anders. Maar indien die boer hier plaaslik meganisasie kan bewerkstellig dan kan dit tot sy en die ekonomie tot voordeel strek.

Leahim ·

Wil ook byvoeg miskien die luiheid ook aanspreek dit sal help met die grote van die maag .

Hugo ·

Vrystaat Landbou het gister ‘n perskonferensie gehou en ook ‘n verklaring uitgereik. Die persoon wat beskuldig word, is nie ‘n boer nie en ook nie lid van georganiseerde landbou nie. Kontak hulle gerus vir die regte feite.

Mariné Lourens ·

Dagsê Hugo

Dankie vir jou kommentaar. Volgens die departement van arbeid, asook ʼn woordvoerder van die Valke is die persoon teen wie die bewerings gemaak word ʼn boer. Vrystaat Landbou het intussen in ʼn verklaring op hul webtuiste beweer die persoon is ʼn arbeidsmakelaar. Maroela Media kon nie Vrydag die man se regsverteenwoordiger telefonies bereik om meer duidelikheid oor die saak te gee nie.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Big daddy ·

Die beskuldigde is nie n boer nie. Hy doen kontrakwerk. Elke jaar het boere oneindige probleme met tydelike arbeiders wat mielies optel. Die boer is n paar maal al aangerand as die werkers dronk is.
Op sabc2 wys hulle net die plastiek bedekte tonnel waarin die mense moes slaap. Net langs die tonnel is netjiese steenhuise waarin vd mense ook gebly het. Dit word nie gewys nie. Verwag die regering dat die boer n hostel moet bou vir tydelike werkers? Die boer se seun was so 2 maande gelede in n baie erenstige ongeluk. Hy moes tussen die optelspanne en die hospitaal ry. So hy kon nie 100% kontrole uitoefen oor wie werk en wie werk nie. Baie kere kom werk vd vrouens vd stat en het hulle babas by hulle. En dan bring hulle opgeskote jonges saam om die babas op te pas terwyl hulle werk. Op die lande kry die werkers 3 etes per dag. Die wat by die strooise agterbly kry nie kos vd boer af nie. Dis die ouers se werk om hulle te voer. Hy voer net sy werkers. En die storie vd vrot vleis daag ek die regering uit om dit te kom bewys. Die man se pa wie se grond dit is waarop die tonnels staan boer met leeus. Die gat met vrot vleis is die afval produkte nadat die leeus se kampe skoongemaak is. Dit is nooit vir mense gegee om te eet nie.

Cherokee ·

Big daddy, jou kommentaar getuig van meer kennis daaroor as die res. Jy praat asof jy weet wat aangaan en wat jy sê is sinvol. Dankie en hou ons ingelig asseblief indien jy in die posisie is om dit te kan doen. Jy laat dit klink asof ‘n stok beskikbaar is om iemand te slaan wat dit nie verdien nie. Vertel meer wanneer jy oor meer inligting beskik.

Cais Smit ·

Ek wil net vra is hulle verlyf swakker as waaraan hulle gewoond is,by die boer moet hy n huis he en lopende water en krag,maar gaan kyk hoe bly hulle in die werklikheid en wat eet hy .Ek het op n plaas groot geword en ek weet hoe is hul kultuur

jennefer ·

Jy is nogals reg hieroor, tuis is daar niks te ete maar sodra hul hul voete op n plaas sit, verwag hul onbeperkte toegang tot kos. Ek het n probleem met sommige wat dink as hy die vrugteboom gesnoei het kan hy hom onbeperk aan die vrugte help. Ek betaal hom om die boom te snoei. Kan die werknemers van KFC hulself aan die voedsel wat hul voorberei help?? ek glo nie , waarom dan wel op n plaas

Cherokee ·

Wou vele kere al gevra het… waarom nogals en nie nogal..?

E ·

Die boer/arbeidsmakelaar sal seker ook nou aangekla word van poging tot moord. Die woorde “onmenslike toestande” word net te veel gebruik….

Cherokee ·

elsja, hy is (nog) nie aangekla nie en het dus (nog) nie gepleit nie. Name is dus nvt.

Jurie ·

Regverdig dit n ondersoek deur valke, hoekom ondersoek hulle nie die plaasmoorde nie

Pyp ·

Die regering kan nie gou genoeg spring om ons boere in ‘n slegte lig te stel nie, ongelukkig help die media hulle om hul doel te bereik. Kom eers met die ware feite vorendag voor allerhande bewerings gemaak word.

jennefer ·

Maar die mense kan hul kinders uit die skool hou om hout en water aan te dra huis toe, se net as jul bewyse soek. Dan praat ek nie van die wat hul dogters swanger laat word sodat hul n “grant” kan kry.

johnny_walker ·

n parasiet hou nie op suig tot sy gasheer dood is nie

Buks Barnard ·

Wonderbaarlik hoe die libdiotiese media oor hulle voete val om die boere te probeer bykom en selfs die korrupte staat se departemente glo asof hulle nooit tot enige vorm van oneerlikheid in staat sou kon wees nie.

Deon ·

Sou enige v.d genoemde rolspelers, Valke, Dept. van Arbeid, Binnelandse sake, Menslikke Nedersettings, Maatskaplikke Ontwikkeling geinterreseerd wees in wat klink naaste aan die waarheid te wees, lees gerus “Big Daddy se skrywe”, dit is die afleiding wat ek maak. Het as kind sommige skoolvakansies op n plaas deurgebring a.g.v die lekker daarvan en is dit n feit soos n koei dat die werkers ordentlikke en voedsame etes ontvang en dat die vrouens jong kindertjies saambring om na die baba’s om te sien. Om oop in die natuur te wees en plaaslewe te ervaar, is glo ek in baie gevalle goed vir die siel, die lug is skoon en onbesoedel, en die omstandighede definitief beter as in wat ek al in plakkerskampe gesien het.

Chris ·

Kan ook nie die verskil sien tussen iemand wat in n plakkers kamp bly nie.Sien ook nie hokke waar in slawe toe gesluit is nie.Lyk of hulle vrywillige daar bly.Eintlik so bietjie belaglik maar nou ja.

Big daddy ·

Toe dept van arbeid die 1ste maal daar stop. Toe kerm hulle oor die toevoerpyp vir water na die stat plasties is. Volgens hulle moes dit pvc wees. Wel dan moet hulle nie by my stop. Want alle pype by ons huis is plasties. As jy enige ander tipe gebruik word dit gestroop vir skrootmetaal deur rondloper entrepeneurs. Die mense wat opgetel is deur die sapd was mense wat by strooise agtergebly het toe die werkers gaan werk het. Daarom was dit 23 kinders. Die hartseer hier is wie gaan vlgde jaar vir die arme mense werk gee of kos gee? Zuma en sy gespuis? Nee wat weereens verloor die armstes vd armes. Dis so hartseer. Ja vd mense is nie dadelik betaal nie. Maar hulle kry elke dag kos en daar is n winkel waarin hulle op skuld mag koop wat afgetrek word as hulle kontrak verby is en hulle huistoe gaan. Die mielieprys is so swak dat die arme witman eers sy mielies teruggehou het om te sien of die prys nie beter raak nie. Dan verkoop hy die mielies en gee werkers hulle geld as hulle kontrak klaar is. Nou gaan die mense volgende jaar op hulle ashope sit en hulle pitswere krap met potskerwe en wag vir die dept van arbeid om hulle te kom voer. Mense hierdie is n groot tragedie.

Vermeende ·

Hierdie is n duidelike bewys hoe die media die regering help om die boere by te kom, fop nuus is aan die orde van die dag en MM maak homself daaraan skuldig.

Griki ·

Wat van die klomp minderjarige kinders wat so langs die paaie staan en bedel. Waarom word hulle nie na ‘n plek van veiligheid geneem nie. ‘n Mens hoef hulle nie eens te gaan soek nie. Ek sal beslis nie weer vir hulle geld gee nie – netnou gaan ek tronk toe omdat ek minderjariges aanmoedig om te bedel. Hulle wil so graag die wit boere laat sleg lyk. Gaan kyk liewer hoe lyk die plase wat van wit boere geneem is en aan swart boere gegee is? Die Vrede-plaas kom by my op.

Randie ·

Ag snert man! Waarom gaan die werkers na n plek waar dit kamma so sleg is? As daai trok in die village stop om tydelike werkers op te laai, word niemand gedwing om op te spring nie!!! Hulle spring self!! Die trant van hierdie berig maak my siek man.

Eddie de Jager ·

Die voorval spreek ook van iets anders as net die kwessie van kinderarbeid en onregmatighede teenoor die werkers. Die hekse jag om enige iets verdag te ontbloot in landbou geniet nou meer aandag as ooit te vore. Gevalle soos dié veroorsaak ‘n oop “jagseisoen” op landbou soos dit nou bedryf word. Wees asseblief bedag op arbeidswette. Kry administrasie in plek en wees gereed as beamptes hulle “ondersoek” kom doen. Ken jou regte en bowenal, wees beleefd en samewerkend. En, as jy besig is met iets wat jy weet nie in lyn is met die wette van die land nie, stop dit onmiddelik.

SARIE VAN HEERDEN ·

Die voorstel dat boere moet begin meganiseer sal nie werk nie. Hul sal daai boer vermoor en sy vrou verkrag omdat hy die vermetelheid het om hul werk van hul weg te neem. Toe my tuinman die 3de keer nie opdaag nie het ek AL my tuingras laat uithaal en plaveisel laat doen. Toe hy terugkom was hy woedend omdat ek sy kinders se kos uit hul monde geneem het toe ek vir hom se hier is nie meer werk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.