Klagtes volg ná versuim om huise te bou

Pieter Myburg, Morne Mostert en Marcus Pawson buite die polisiestasie (Foto: AfriForum)

Pieter Myburg, Morne Mostert en Marcus Pawson buite die polisiestasie (Foto: AfriForum)

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n strafregtelike klagte teen amptenare, sowel as kontrakteurs en verskaffers van die Vrystaatse departement van menslike nedersettings by die Parkweg-polisiestasie in Bloemfontein aanhangig gemaak.

Dié stap volg nadat dit in Januarie 2017 in ’n nasionale koerant aan die lig gekom het dat R400 miljoen, wat vir laekostebehuising geoormerk was, onregmatig aan kontrakteurs uitbetaal is in die 2010/2011 finansiële jaar. Twee van die bevoordeelde kontrakteurs en verskaffers is onder andere Hlaudi Motsoeneng en Nozuko Mbalula, Fikile Mbalula (die minister van sport en ontspanning) se vrou.

“R1,3 miljard is deur die nasionale tesourie vir laekostebehuising en die oprigting van 21 000 HOP-huise beskikbaar gestel. Hofstukke dui daarop dat daar tot op hede nie ’n enkele huis gebou is nie,” sê Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Marcus Pawson, hoof van plaaslikeregeringsake by AfriForum, meen dat die burgerregtewaghond gereeld inligting van korrupte handelinge binne munisipaliteite en provinsies ontvang. “Hierdie is egter die enkele grootste klagte waarmee AfriForum tot op hede gekonfronteer is,” het hy gesê.

“Ons gaan nie langer toelaat dat staatsamptenare met bedrog wegkom nie. Diegene wat geld van belastingbetalers steel en armes dakloos laat, kan nie skotvry daarvan afkom nie,” het Myburg bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

AL ·

Waar is ons geerde president en kie dat hul staatsamptenare laat wegkom met bedrog en korrupsie? O wag, hul vingers is ook in die koekieblik.
Dankie Afriforum dat jul die werk wat die regering wat BETAAL word te doen.
Skandelik hulle worry nie eens oor die armes nie.

Regverdigheid ·

Daar sy nou kom julle reg en onthou die geld moet terug betaal word ook , elke sent , al word hulle huise en karre verkoop .

Francois ·

En dit is ons belasting geld wat hul in weelde laat leef

Francois le Cochon ·

Ek begin al hoe meer verstaan hoekom ANC politici die leefstyle het van Hollywood se super sterre.

WitBlits ·

Nou gaan die ANC vroueliga seker vir Nozuko as hul presidentskandidaat voorstel, want sy het bewys sy weet hoe om haarself met lekkergoedbottel te help!
My maggies en die talentvolle Hlaudi kan ook huise bou en nou verdien hy sekerlik ook ‘n sitplekkie in die parlement!

Donald ·

Fikile het seker van daai geld gebruik om die R10 mil omkoopgeld vir 2010 sokker te betaal. Wanneer gaan hulle n saak teen hom maak. Hy en sy vrou is ewe skelm. Van SAUK se kader weet ons almal.

hiergaanniksvankomnie ·

net soos die leier van die land gaan hulle hiermee wegkom…………as usual……Halllllllloooo
welkom in SUID AFRIKA…..daai geld is lankal gebruik……….vir al hulle familie……….dan wonder jy hoe sommige mense met smart motors ry, uit die boeke aantrek, maar het geen education nie………..shame…..

Sports ·

Hier kom sports. Hoop die minister van sport(s) neem kennis. Dalk ook hier die swart/wit-mengsel toepas?

katryn ·

Ek kan nie glo wat ek hier lees nie… o nee, natuurlik, dis mos hoe dit gaan… en ek stem 100% saam met elkeen se kommentare hierbo. Wens ek kon die gevoel in my in woorde uitdruk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.