Klank: Amcu gee terugvoer oor platinumooreenkoms

Lede van Amcu wat staak Foto: M Molaole/Sapa

Lede van Amcu wat staak Foto: M Molaole/Sapa

Amcu het terugvoer aan platinumprodusente gegee oor die nuutste loonaanbod in dié bedryf.

“Ja ons het geskrewe terugvoer van Amcu gekry,” het Mpumi Sithole, woordvoerder van Amplats, Dinsdag bevestig. “Ons hersien die inhoud.” Sithole kon nie meer besonderhede gee rakende Amcu se terugvoer of oor die ander mynmaatskappye dit ook ontvang het nie.

Jospeh Mathunjwa, president van Amcu, en Sue Vey, woordvoerder van Lonmin, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Johan Theron, woordvoerder van Implats, het intussen aan GROOTfm 90.5 gesê die breër beginsels van die aanbod is reeds aanvaar, maar dat kleiner besonderhede nog uitgestryk moet word. Theron sê produsente se aanbod behels ‘n jaarlikse basiese loonverhoging van ‘n duisend rand, oor ‘n tydperk van vyf jaar, vir ondergrondse werkers. Hy vermoed Amcu wil eerder ‘n drie jaar aanbod hê:

Die klankinsetsels is deur GROOTfm 90.5 vervaardig. Luister gerus na GROOTfm by 90.5fm. Die radiostasie bedien die groter Pretoria metropool.

Lees ook:
Platinumooreenkoms nog nie bevestig

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.