Klank: Amcu teken dalk vandag al platinumooreenkoms

Mynwerkers begin by die Royal Bafokeng-stadion bymekaarkom. Foto: @POWER987\News/Twitter

Mynwerkers begin by die Royal Bafokeng-stadion bymekaarkom. Foto: @POWER987\News/Twitter

Amcu en sy lede vergader vandag by die Royal Bafokeng-stadion naby Rustenburg in Noordwes en sal daar moontlik ‘n ooreenkoms aangekondig word.

Joseph Mathunjwa, president van Amcu, sal na verwagting ‘n loonooreenkoms onderteken saam met die uitvoerende hoofde van Lonmin, Implats en Amplats om ‘n einde te bring aan die staking van die afgelope vyf maande.

“Ons verwag dat die uitvoerende hoofde hier sal wees. Die ooreenkoms sal hier in die stadion onderteken word,” het Abram Ramasedi, takvoorsitter van Amcu, gesê. ‘n Tent is in die stadion opgeslaan waar die ooreenkoms glo onderteken sal word.

Johan Theron, woordvoerder van Implats, het aan GROOTfm 90.5 gesê hy vermoed dat Amcu sy lede deur die loop van die dag gaan inlig oor die uitkoms van die gesprekke tussen die betrokke rolspelers:

Die klankinsetsels is deur GROOTfm 90.5 vervaardig. Luister gerus na GROOTfm by 90.5fm. Die radiostasie bedien die groter Pretoria metropool.

Amcu-lede staak sedert 23 Januarie en dring aan op ‘n basiese maandelikse salaris van R12 500.

Lees ook:
Amcu soek terugkeerbonus van R3 000 per staker
Platinumstaking: Amcu het bykomende eise
Klank: Amcu gee terugvoer oor platinumooreenkoms
Platinumooreenkoms nog nie bevestig

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Solomon ·

Dit is lekker vir my om te weet daar is mense soos Agriforum wat opstaan vir wat reg is en wat verkeerd is. Om terug te kom na die kwesie van die inlating van meer swart spelers in ons Nasional Rugby Span, ek ondersteun die inisiatief. Daar moet egter gekyk word dat nie enige speler net oor sy velkleur nou moet hy gekies word om ons Nasional span te verteenwoordig. Ek gee toe dat ‘n speler moet dit regtig verdien om daar te mag speel en nie om enige ander rede nie. Politiek moet uitbly uit Sport uit en meer toespits op sake wat rerig in belang van elke Suid Afrika is soos, armoede, werkskepping, korupsie en ekonomiese groei. daar word net getoring aan ons twee sterkste sportsoorte nl: rugby en Krieket, wat van Sokker waar die kwoata stelsel nie afgedwing word nie vir die afgelope 10 jaar kwalifiseer die Nasional span nie eens vir die Afrika beker en die wereld beker nie maar geen haan kraai daaroor nie.

Viva Agriforum!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.