Klank: Jak de Priester vereer in FAK se Liedjietuin

Jak de Priester. Foto: Burger Meyer

Jak de Priester. Foto: Burger Meyer

Jak de Priester se treffer Sally Williams Nougat is die nuutste toevoeging tot die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Afrikaanse Liedjietuin.

Dié tuin is verlede jaar deur die FAK in samewerking met Ludwig’s Rose met 165 naamrose uitgelê. Die tuin bevat nou altesaam 220 naamrose wat erkenning gee aan Afrikaanse musieklegendes vir die bydrae wat hulle lewer ten opsigte van die uitbou en ontwikkeling van Afrikaans. Behalwe vir die rose, is daar ook granietplate wat die Afrikaanse liedjies se lirieke ten toon stel.

Hannie Boshoff, skakelbeampte van die FAK sê Sally Willams Nougat was nie net deel van Jak se debuut-album nie, maar dit was ook die album wat De Priester bekend gemaak het. “Hy is regtig iemand wat trots Afrikaans is en regtig in elke Afrikaans hart ʼn tuiste soek én gevind het,” aldus Boshoff.

De Priester sê dat hy nooit eers gedink het dat hy ʼn liedjieskrywer gaan wees nie. “Om te dink een van jou liedjies is deel van al hierdie ikoniese werk; dit maak mens nogal trots.” Luister gerus hieronder wat De Priester nog gesê het oor dié geleentheid.

Die FAK vier boonop vandag sy 85ste bestaansjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.