Klank: Man loop SA plat tydens gelooftog

Jurie Pieters Foto: GrootFM

Jurie Pieters Foto: GrootFM

Jurie Pieters (48) is in Junie 2013 met breinkanker gediagnoseer nadat hy sy vrou en tweeling dogtertjies in ‘n motorongeluk verloor het. Hy het egter nie op die ashoop gaan sit nie.

Nadat dokters gesê het Jurie het net twee jaar oor om te lewe, het hy begin stap. Hy was Woensdag in Pretoria en het in ‘n jaar al amper 15 000 kilometer dwarsoor Suid-Afrika gestap. Jurie weier om op te gee en wil net die Here se liefde deel. Hy stap daagliks sowat 50 kilometer sonder ‘n spesifieke plan waar hy gaan opeindig.

Mia Slabbert, GROOTfm se verslaggewer, het die oggend saam met hom spandeer.
Die klankinsetsel is deur GROOTfm 90.5 vervaardig. Luister gerus na GROOTfm by 90.5fm. Die radiostasie bedien die groter Pretoria metropool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

petro ·

Hoe awesome! Jy sal ryklik gebless word Jurie! Die Here is met jou Ps 91

petro ·

Hoe awesome! Jy sal ryklik gebless word Jurie! Die Here is met jou Ps 91

Trippie ·

Wat ‘n PRAGTIGE getuienis !

Mag jy nog baie voorspoedige kilometers stap asof daar geen einde aan is.

SNEL ·

Dapper held!!! Hy stap die geloofswedstryd met volharding. Hoeveel van ons kry nie n hindernis op ons pad en verswak dan in ons geloof en vertroue nie. Hy verloor sy vrou en 2 dogtertjies, of dit nie erg genoeg is nie, hoor hy hy het breinkanker…..en hy hou deur dit alles aan die Here vas… Here, gee my n geloof soos Juries, seën hierdie man met elke tree wat hy gee en gedurende sy lewenspad wat hy stap. Hy gee ons ander weer hoop en laat ons besef….hou altyd vas aan die Here en hou aan glo.

Johann Roux ·

Jurie, ons Vader stap tree vir tree saam met jou. Hoe bevoorreg is jy om jou swerftog saam met Hom te kan meemaak.

Sterkte en geniet dit.

Elizabeth ·

TONNE respek vir jou my ou! TONNE! Dinge gebeur altyd met ‘n rede al verstaan ons nie altyd nie – kyk hoe gebruik God jou om sy woord en liefde te versprei.Voorspoed, sterkte en gesondehid vir jou – en mag jy nog duisende kms aflê!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.