Klank: Steve sê hou regs

Steve Hofmeyr en Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum tydens die bekendstelling van die AfriForum GPS (Foto: Susan Lombaard, Maroela Media)

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Dinsdag ʼn GPS met Steve Hofmeyr se stem bekend gestel.

“Steve se stem gee in Afrikaans die aanwysings op die nuwe GPS,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, in ʼn verklaring gesê.

Die GPS is vir ʼn verskeidenheid van slimfone beskikbaar gestel en kan gratis op die Google Play Store, Apple App Store en Blackberry World afgelaai word. Soek “AfriForum GPS” op die verskillende app-winkels.

Hier volg ʼn paar klankgrepe wat jy van Steve se aanwysings kan verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

"Huh!" ·

Ek hou van die tannie wat die aanwysings gee. Sy doen dit baie professioneel.

Alet Pretorius ·

Tog te oulik! Kikker sommer n vaal dag op en verminder die spanning ook terselfdertyd. Ek’s mal daaroor! Praat, Steve, praat!!

Frederick J Smith ·

Ek sien dat Afriforum al hoe meer betrokke is by die bekende sanger. Is Afriforum nou die amptelike/promotor vir Steve ? Sou graag wou weet…Mooi dag verder!

Alta ·

Ek is ‘ n groot Steve aanhanger en dit klink baie oulik. Sal verseker die humor waardeer ek in die verkeer vas sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.