Klankgreep: Zuma se vrou is by Nkandla verkrag

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Jacob Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het Maandag aan verslaggewers in Johannesburg gesê een van sy vroue is al vantevore by Nkandla verkrag en daarom was die veiligheidsopgradering van R246 miljoen nodig.

Zuma het gesê sy privaatwoning is ook twee keer tydens onluste afgebrand terwyl hy die LUR van ekonomiese sake en toerisme in KwaZulu-Natal was. Kriminele het ook ingebreek en een van sy vroue verkrag.

Zuma meer as 20 minute lank oor die Nkandla-kwessie gepraat en beklemtoom hoe gevaarlik die gebied is.

Hy het gesê dit is sy werk om die land te regeer, en nie om projekbestuur by ʼn konstruksiewerf te doen nie.

City Press berig Zuma het tydens die geleentheid gesê dat nie die inter-ministeriële verslag óf die verslag van die Openbare Beskermer (OB) hom skuldig bevind het aan oortreding of korrupsie nie. Hy het gesê die Spesiale Ondersoekeenheid sal bepaal of die pryse vir die aanskaffing van dienste en produkte tydens die opgraderings onreëlmatig verhoog is en dat hy eers breedvoerig sal reageer sodra dié verslag afgehandel is.

Hy het dit benadruk dat hy as president geregtig is op sekere voordele en vir veiligheid wat die regering aan hom moet bied, maar hou vol dat hy vir opgraderings aan Nkandla deur ʼn verband betaal het. “Dit is hoekom ek nie oor Nkandla bekommerd is nie. Dit is nie my probleem nie,” het hy gesê.

Zuma sê niemand het tydens die ANC se verkiesingsveldtog met hom oor die Nkandla-kwessie gepraat nie. “Dit was net julle, die media, en opposisiepartye wat vrae oor Nkandla gevra het. Die mense wat Nkandla vir die verkiesing wou gebruik, sal nie regkom nie,” het hy gesê.

Klankgreep: Primedia Broadcasting (EWN).

Bronne: EWN, City Press

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

alet ·

Mnr Zuma hoekom nou die verkragting aanhaal,Veiligheid vir hom en wat van ander wat geroof en verkrag word !!!!

Ria ·

Nou-ja toe, sy vrou is by Nkandla verkrag, en derduisende rande van die belastingbetaler is aangewend om hom en al sy vroue te vrywaar teen verkragting en enige ander vorm van misdaad.

Ek wens ek kon ook met die belastingbetaler se geldjie my eie woning van so aard beveilig dat ek nie dag en nag blootgestel is aan ongure karakters wat wil inbreek, steel, verkrag, en moontlik moord ook pleeg nie.

Hoeveel ander vroue word daar nie daagliks, by die sekonde verkrag in Suid-Afrika nie – wat van hulle veiligheid.

pAUL ·

Zuma kla nou oor sy vrou verkrag is maar het niks te kla gehad toe hy sy vriend se dogter verkrag het nie. Om beter te voel misbruik hy nou die geld wat die belastingbetalers so goedgunstiglik vir sy grille skenk. Hy moet maar leer dat as jy jou voordoen as ‘n lekker taai toffie en iemand wil ‘n happie vat, kan jy nie kla nie. Die man is die prima voorbeeld in die wereld van hoe ‘n president nie moet wees nie.

Stefan ·

Dis ‘n gevaarlike gebied, wat word daaromtrent gedoen? Niks nie, nes die res van Suid Afrika. En wat die verkragting betref, ek vind dit vreemd dat die woorde kom uit die mond van ‘n man wie self al aangekla was vir verkragting. Laat mens dink.

Johann ·

Hierdie Zuma gebruik enige verskoning in die boek om uit hierdie skandaal te kom, min wetend dat hy hom al dieper in die gemors in lieg. Zuma jy het nie nou te doen met jou kiesers wat min indien enige breinselle het nie.

Lynni ·

Ek het jare gelede van die verkragting gelees. Verkragting bly erg maak nie saak wie jy is nie.

Babs ·

Het Zuma nie gaan stort toe hy aangekla was van verkragting? Sy vrou kan mos maar dieselfde doen, Spaar die belastingbetalers geld.

Lynni ·

Ek lees graag Maroela Media, maar partykeer skok mense my met hul wrede kommentaar. Jislaaik mense, verkragting moet nooit ‘n straf wees nie. Niks regverdig dit nie.

Pierre ·

Hy was seker die verkragter en sy die slagoffer. Shame. Die twee het seker na die tyd saam gaan stort? Die dat hy so groot swembad nodig het, want hy kan nie met al sy vroue in n stort pas nie…

Theresa ·

Siestog – Hy moet iets sê. Wat van al ons ander wat aangerand en beroof word. Dis die 1ste president wat op die woord “president” ry. Hy maak behoorlik gebruik van hierdie “amp” wat hy beklee. Hoe stel hy dit: “Because I said so”

Linda ·

Wat van al die ander vrouens kinders babas en oumas wat verkrag word – hulle kry nie sulke huise nie – k@k verskoning stortkop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.