Klant skiet vermeende rower by Centurion Mall

Foto: CERT/Facebook

ʼn Lid van die publiek het een van vier vermeende rowers wat Saterdagoggend op ʼn juwelierswinkel in Centurion Mall toegesak het, geskiet en gewond.

Volgens kapt. Dave Miller, polisiewoordvoerder, het die vier verdagtes omstreeks 11:30 ʼn juwelierswinkel in die winkelsentrum binnegegaan en gepoog om klante en die winkel te beroof.

“ʼn Lid van die publiek wat in die winkel was, het sy vuurwapen uitgepluk en een van die verdagtes geskiet waarna die ander drie van die toneel gevlug het.”

Niemand anders is tydens die voorval beseer nie en die gewonde verdagte is op die toneel deur paramedici behandel voor hy onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

“Ons volg alle inligting op om die ander verdagtes op te spoor en in hegtenis te neem.”

Maroela Media het vroeër berig inkopiegangers het in winkels skuiling gesoek toe skote skielik begin klap het.

Die sentrum se bestuur het gesê hy gee sy samewerking aan die polisie. “Die veiligheid van ons klante, huurders en werknemers is ons prioriteit.”

Saterdag se rooftog volg ná ʼn voorval begin verlede maand waar die polisie en twee verdagtes in ʼn skietgeveg by die winkelsentrum betrokke was. Beamptes het ʼn verdagte voertuig in die winkelsentrum se onderdakparkeerterrein genader waarna die bestuurder weggejaag en ʼn skietgeveg uitgebreek het. Twee verdagtes is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Snowball ·

Dit lyk of dit algemeen gaan word – die slagoffers wat gaan terugveg teen die kriminele. Geen ander opsie meer oor in die land van rowers, verkragters, moordenaars en kapers nie.

Stefan ·

Wag met behandeling van die gewonde rower tot hy presies gesè het wie is die ander en waar kan hulle gevind word.
Misdaad raak nou drasties dus ons reaksies moet daarby pas.

Adrian ·

Die persoon wat geskiet het is seker gearresteer vir poging tot moord???

Kokerboom ·

Welgedaan vredeliewende hardwerkende klant/landsburger. Neem die land terug. Veg vuur met vuur.
So bly niemand is beseer

Johann ·

Ja wel en so val n eens amazing plek ook tot rommel status. Sien ons as gesin lank reeds nie meer nie. Bloot n verby ry met die “Afika Mall” aan die oorkant van die MALL sê als!

Stella ·

My eens pragtige land Suidafrika het nu n gangsters paradise waar moord, korrupsie, verkragtings en stakings met vernietiging van infrastruktuur gepaardgaan, geword. Rasisme word deur sekere politieke figure in di openbaar aangeblaas en vreedsame burgers kruip soos misdadigers in hule wonings agter slot en grendel weg. En dis maar net di begin van Suidafrika se einde.nog n zimbabwe

Co ·

Ja, hier in Verwoerdburg sal die anc leer, hier skiet ons terug. Nou die dag Ou Piet vd Westerhuizen, nou weer ‘n klant! Wel gedaan!

Reinier ·

Hy moet nie mediese behandeling ontvang nie…dit sit mos ekstra lading op die mediese personeel by trauma afdeling…is dit nie hoekom al die regulasies ingestel word nie…en dan moet die mense wie se besigheid toe is nog vir die onkostes van behandeling ook betaal.

Scalla ·

Laat hy eers sy makkers se besonderhede en detail bekend maak in ruil vir pyndempers, hy het dit self oor hom gebring.

Alet ·

Welkom in pragtige, vriendelike Suid Afrika….en o het jy jouself bewapen?, want hier raak dit ‘n biekie rof.

LANA is ELANè ·

Wel die polisie staan arms gevou en kyk hoe bendes die land regeer. Daarom gaan al meer gewone burgers self polisie begin speel, net jammer die regering wat soveel menseregte aan boewe gee, besig is om eerbare mense van hulle regmatige wapens te vervreem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.