Klant tydens Spur-rooftog geskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Donderdagaand geskiet tydens ʼn rooftog by ʼn Spur-restaurant in Midrand.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê sowat 12 gewapende mans het omstreeks 21:00 die restaurant in Halfway Gardens binnegestorm, kort voor dit sou toemaak. “Daar was nog sowat 30 klante in die restaurant. Die rowers het op die klante en personeel se persoonlike besittings, waaronder selfone en beursies, aangedring.”

Volgens Masondo het een klant glo geweier om sy selfoon aan die rowers te oorhandig en is in die bolyf geskiet. Die rowers het met die persoonlike besittings sowel as ʼn onbekende bedrag kontant uit die kasregister gevlug.

Masondo het gesê die verdagtes het in drie motors, ʼn wit Ford Escort, ʼn grys BMW en ʼn swart VW Polo, van die toneel gevlug. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie en ons het ʼn grootskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur.”

Die beseerde klant is na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere mediese sorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Erika ·

Moet ons nou maar vir ons in ons huise toe sluit. Niemand kan ons veiligheid waarborg nie. So n mooi land maar ons is gevangene in ons huise met hoe heinings..alarmstelsels en kamaras rondom ons huise. Sooooo hartseer.

Jaco ·

n Toerus het eenkeer vir my gesê Suid Afrika is soos n baie mooi vrou, maar met n dodelike geslagsiekte. Dis vir hom mooi om na te kyk, maar vat aan haar of bly by haar is dodelik en buite die kwessie…

Gert ·

Honger mense word geskiet ? op plase strate winkels en alle plekke en die krimeneele het meer regte as ons op straat . en die regeering sit onder mekaar en stry oor mags posisies . Waneer gaan hulle bisef die land is klaar onder nou word hy net verder plat getrap .

Willie ·

So jammer dat als uitmekaar val, terwyl “iemand” die sttats kas wil besteel… MOORD, moorde, uitmoor, vermoor, ge vermoor, klink na die nuutste gedig…

Nadia ·

Ek was in 2007 ‘n bestuurderes by ‘n koffiewinkel in Pta. 6 het ingestorm en vir my, die staff en 6 kliënte aangehou. Ek het met ‘n pistool weerskante van my kop gesit tot die kluis leeg was. Dis ‘n nare ervaring vir enige mens en dit spook nou nog by my.

Kapenaar ·

Nee wat, dit raak die wilde weste….. dra maar ‘n rewolwer saam, en skiet wat voorkom!!!

Chris ·

“rewolwer” ? Nee! Pistool met n “happy stick” met 30 rondtes moet die werk verrig! Net jammer dis teen die wet om wapen te dra by n plek wat drank bedien…

Anton ·

…jammer om te hoor dat hy geskiet is…maar laat dit ook vir ons n les wees…as hulle vra dan gee jy sonder om vir hom/haar tekyk…jy gee net…nee ek is nie harteloos nie…ons lewe is meer werd as enige besittings…

Chris ·

En dit gaan meer en meer gebeur want jy as wettige vuurwapen eienaar mag mos nie n wapen invat waar drank bedien word nie…
Dis mos maklik om n plek te beroof waar wets gehoorsame burgers is.

Stev ·

Nes jy hier sê, my reel is, ek ondersteun geen besigheid wat ‘n veilige hawe vir ‘n krimineel is nie. Het hierdie terroriste die kennisgewing bord nagekom ?

Theresa ·

Hul is juis gewoond om te verwag dat mens net sal gee, gee, gee. Enige spuitstof vir hierdie tipe parasitisme?? Vra maar net. Terloops, wat het van die DOOMprofeet geword – dié man het regtig vir ‘n paar laggies gesorg.

m ·

Liewe hel mens is net meer nerens veilig met hierdie barbare in die samelewing nie. Bou n braaier by jou huis en braai jou steaks / vleis in die veiligheid van jou eie plek. Dis maar al wat ons kan doen…

Gecko ·

M vriende van my is al by hulle huis aangeval terwyl hulle gebraai het. Dit skrik hulle nie af nie ??

Christi ·

My hart brand om my familie in SA te sien, maar hoe kan ek my gesin blootstel aan geweld, moord en ander gevare sois hierdie. Elke dag lees ek van moord, gewapende roof en meer.
Dit is al so erg, net die name van die slagoffers verander. Dit is n siek regering waar korrupsie jou ideaal is. Ek bid vir my mede Suid-Afrikaners in n land wat eens groen weivelde gehad het. Nou is dit besig om in n woestyn van misdaad en haat te verander. Sterkte julle!

Valerie ·

“People with for a taste for crime.” Nêrens meer veilig.

JoeV ·

Klink of net die rowers wapens gehad het. Wonder of hulle lisensies darem nog geldig is, die publiek sukkel so om wapen lisensies te kry.

Felicity ·

M – selfs al braai ‘n mens by jou huis, hulle spring oor die muur/heining en beroof jou en jou familie/vriende. Mens is nie eens veilig by jou eie huis meer nie!!!! Nie eens honde hou hulle uit jou erf of huis.

Anoniem ·

Die destydse plan van die rewolusionêre ANC om SA onregeerbaar te maak en daardeur aan bewind te kom het gewerk. Ongelukkig weet hulle nie nou hoe om weer wet en orde te skep en dit te handhaaf nie. Ons sien dit wêreldwyd, so hoekom sal SA dan nou anders wees? Baie mense het destyds gesê: “dit sal nie hier gebeur nie”, maar ons is deel van Afrika en Afrika is in totale wanorde, met uitsondering van Namibia en Botswana waar wet en orde en dissipline hoog op die agenda geplaas word. Die enigste oplossing is om vuur met vuur te beveg.

Annie ·

Hulle jag altyd in groepe … kan nie braaf wees one on one nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.