Klante, werkers by McDonald’s in Pta beroof

Argieffoto.

Drie mans, tussen 28 en 36 jaar oud, is in hegtenis geneem ná ʼn rooftog by ʼn McDonald’s-kitskosrestaurant in Pretoria.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die rooftog het Vrydagaand net voor middernag by die McDonald’s in Kerkstraat in Pretoria-Wes plaasgevind.

“Drie mans het die restaurant teen 23:45 binnegestorm en klante en personeel met vuurwapens aangehou. Hulle het ʼn bedrag geld, selfone en bankkaarte geroof voor hulle van die toneel gevlug het,” het Moloto gesê.

Die Tshwane-Wes-triotaakspan het ʼn volskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur en een verdagte is Saterdag in die vroeë oggendure aangekeer. “Nadere ondersoek het die polisie na die ander twee verdagtes se skuilplek in Uitbreiding 3 van Diepsloot gelei. Hulle is Saterdagmiddag in hegtenis geneem.”

Die verdagtes moet binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van sakeroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Michelle ·

Hierdie aanvalle is net nog ‘n indikasie dat daar niemand is wat veilig is in hierdie land nie. Besighede sal meer en meer lui en die publiek verder geliefdes verloor uit hierdie wel beplande oorlog’s-moord en berowing. Prikkelende vrae moet gevra word – dis tyd dat daar nuwe leierskap oorgeneem moet word – daarwerklikke aksie is nodig om ons te beskerm.

Hierdie tipe geweld sal nie geduld word oorsee nie – daar is spesiale taakmagte wat ingryp, waar is ons beskerming – geen wonder groot maatskappye onttrek uit SA nie.

Dit is tyd…wie gaan ons land nou bestuur? Wie gaan na ons veiligheid omsien…moord word elke dag weer – berowing is die ekskuus – wat is die land se ekskuus? Hoekom roep hulle nie weerk ‘n span in om die strate te patroleer nie – waar is al die duisende polisie voertuie en personeel?

Daar le nog verskriklikke swear tye voor vir ons – wees versigtig en staan saam – neem foto’s – staan op vir mekaar – se jul se

lorayne ·

Tshwane-Wes-triotaakspan baie geluk! dit is ‘n riem onder die hart om te weet julle loop die extra myl!

Leahim ·

Wat is die trio taakspan is dit n samewerkings ooreenkoms tussen die polisie sekuriteit en die parkie polisie of gpf soos dit nou bekendstaan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.