Klapmuts-plaasmoord: ‘Hulle het my hele lewe in ʼn minuut gevat’

‘n Ou gesinsfoto van die Conradies. Foto: Verskaf

ʼn Donker wolk hang oor die prentjiemooi druiwe- en olyweplaas in die Klapmuts-omgewing tussen Stellenbosch en die Paarl waar Joubert Conradie (47) Dinsdagoggend sy vrou se laaste woorde aan hom, “ek is lief vir jou”, gehoor het.

ʼn Gebroke Marlene Conradie het Woensdag aan Maroela Media gesê sy het omstreeks 01:30 wakker geskrik toe Joubert uit die bed gespring het. “Hier is iemand in die huis. Hier is iemand in die huis.”

Hy het sy rewolwer gegryp en in die gang afgehardloop. “Daarna het ek net ʼn klomp skote gehoor. Ek het gehardloop en die paniekknoppie gedruk. Ek was op pad na ons dogtertjie, Jana (11), se kamer om te kyk of sy veilig is toe ek Joubert om die muur sien kom. Hy het vir my gesê hy is geskiet. Daar was bloed orals.”

Marlene het haar man op die kombuisvloer laat lê en Joubert se ouer broer, Willie (57), gebel terwyl sy hom vasgehou het. “Ek het vir hom gesê: ‘Ek is lief vir jou.’ Hy het my gehoor, hy wou iets sê, maar het in sy eie bloed geroggel. My dogtertjie het haar pa daar in sy eie bloed sien lê,” sê Marlene.

Willie bly saam met die Conradie-gesin op die plaas. Hy was eerste by sy broer en het hom vasgehou terwyl Marlene verder hulp ontbied het. Vriende was kort daarna by hul huis en hulle het met Joubert na ʼn hospitaal gejaag waar hy tydens ʼn noodoperasie aan sy wonde beswyk het.

Marlene het gesê drie of vier aanvallers het toegang tot die huis verkry deur hul seun, Hannes (15), se kamersvenster. “Hannes bly in ʼn koshuis by die Boland Landbouskool en was gelukkig nie tydens die aanval by die huis nie, anders sou hulle hom ook doodgemaak het.”

Joubert is op dieselfde plaas aangeval waar hy gebore is. Sy pa het die plaas in die 1950’s gekoop en nog al die jare met druiwe geboer en aan ʼn wynkelder in die omgewing verskaf. Dit is ook deur die boerdery wat Marlene vir Joubert ontmoet het. “Ek het by die wynkelder gewerk en die Conradies het altyd goeie en skoon druiwe gelewer. Vandat ek Joubert by die kelder sien inkom het, wou ek altyd die oulike ou beter leer ken het. Ons was op die ou end 17 jaar getroud,” het sy hartseer gesê.

Sy sê alhoewel die aanvallers niks uit die huis gesteel het nie, het hulle haar hele lewe weggevat. “In ʼn oogwink het hulle dit reggekry en ʼn reuseleemte in ons lewens gelos.”

Marlene beskryf haar man as ʼn goeie, vriendelike mens, wat lief was vir sy familie, vriende en gesin. “Hy was verskriklik lief vir sy kinders. Ek moes Maandag nog vir Hannes ʼn nuwe gholfstok gaan oplaai wat hy vir sy seun gekoop het. Toe ek en Jana die middag ná haar dansklasse by die huis kom, het hy haar nog buite by die deur vasgedruk. Hy was die sout van die aarde en so ʼn liefdevolle mens, hy het nie verdien dat vier mense hom so doodskiet nie.”

Sy sê sy kan aanhou om goeie goed van haar man te sê. “Daar is so baie. Hy was ʼn baie goeie boer. Sy wingerde lyk wonderlik, alles van hom was netjies. Buiten sy liefde vir boer, was hy lief daarvoor om buite te wees, gholf saam met sy broer, seun en vriende te speel en te braai. Hy was baie lief vir sy vuurtjie.”

Joubert se ouers is albei oorlede. Buiten sy gesin, laat hy vir Willie en twee sussies, Ilze Truter en Elana Bosman, agter.

Marlene en haar kinders word bygestaan deur die gemeenskap, familie en vriende. Sy weet nog nie of hulle op die plaas gaan aanbly nie. “Ek weet nie wat ʼn mens nog kan doen om die plek meer te versterk nie. Hulle het die elektriese heining met pale gelig. Ons honde het saam met ons in die huis gebly. Niks sal die aanvallers afskrik om in te kom nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

98 Kommentare

vincent ·

So onnodig…maar allerdaags in ZA lyk my…druk paniek knoppie, kry rewolver…moenie in gang af hardloop nie..(skiet paar skote in righting van geraas?) …verwilder drek….moenie jouself blindelings in gevaar stel nie…dit is NIE jou lewe werd nie….mens kan altyd ‘n les leer uit ander se optrede..

Theo ·

Vincent, dis so maklik om te se “Moenie in die gang af hardloop”. Maar wat maak jy as jou kind in die ander kamer slaap? Ons kan die familie net in ons gebede dra en so ook elke boer en sy gesin daar buite.

Hy is 'n held. ·

‘n Held gaan die gevaar tegemoet. As ‘n mens nie n mens was nie sou mens sê loop versigtig om hoeke en fynkam die huis stadig. Maar selfs ‘n moedereend wat byna DAAGLiKS ingevaar is- swem in die oopte uit om die gevaar weg te lok van haar nes af net ingeval hulle na die nes kom soek het. Joubert ek het jou nie geken nie maar jy is ‘n held vir ons almal.

Sonja ·

Vincent,ons almal sê altyd wat jy sal doen in n noodsituasie, maar tensy jy opgelei is om nie impulsief te reageer nie, is dit baie moeilik. Ons as buitestaanders kan makliksê wat hy moes doen, maar die waarheid is dat ons elkeen meestal eers reageer voor ons dink. Hierdie is n BAIE hartseer geval. Die ander moes in die eerste plek nooit in sy huis gewees het nie.

Bea ·

Vriend van ons sit in tronk vir selfverdediging. Skoot geskiet, inbreker gekwes in sy huis wat toe later in staatshospitaal dood is vanweë komplikasies… septecemia… swak mediese fasiliteite. Hy het 7 jaar gekry en het nou net afgetree. Sad sad sad….

Yolande ·

Jy kan in jou lewe nie net skote skiet nie. Kan jou eie kinders wees wat in nag in huis rondloop

Gerrie ·

Dit is baie tragies. Sterkte vir julle familie. Ons deel die pyn en hartseer met julle. Mag die Here julle hierdie hartseer tyd ly en julle na dieregte pad sal ly. Hulle moet maar net op dieselfde maniere gehanteer word dit gaan dalk alles net vinniger na n punt toe bring

Pieter ·

Mbalula is n nar/hanswors. Die dinge wat hy kwytraak is dit duidelik dat hy nie n idee het van polisieering nie. Niemand gaan ons kom help nie ons moet dit self doen. Bepaal wat jou en gesin se lewe werd is, ry Desember in Jan tuis bly se karretjie en spandeer daai geld om jouself te beveilig ordèntlik. Wees bedagsaam/oplettend en bid dat God jou sal beskerm. Seënwense

Kobus ·

Kan ons nie n committee op sit, en die boere help nie. Dit Kan n begin punt wees om saam testaan, dit kan nie so an gan nie

Hannetjie Harvie ·

As ek moet se wat ek regtig wil se, sal ek seker in tronk slaap of my werk verloor, want vryheid van spraak geld net vir n sekere gedeelte van ons bevolking, so ook die reg om vir n werk aansoek te doen, so ook om vrygespreek te word van n misdaad, en so gaan die lys aan. Maar een ding wil ek vandag se, as ek n boer was en jy is ongenooid op my plaas of in my erf, sal jy nie weer die son sien skyn nie!!!!

George Kemp ·

Ek hou van jou gesindheid en manier van dink, Hannetjie

Yolandi ·

Dit is so Hannetjie, ons almal byt daagliks op ons tonge terwyl ons daagliks uitgebuit en uitgemoor word. Ek weet nie waar dit gaan eindig nie maar dit gaan lankal nie meer oor net steel nie, of “honger” wees en steel nie… Die is uitgaan om te moor…..

Boer ·

Ek sal saam met jou staan…..reg om te veg tot die dood vir my familie en volk!

L ·

Dis so verskriklik hartseer. Wanneer gaan die moord en doodslag stop? Hoekom help niemand die Boere nie… die statistieke van hoeveel Boere vermoor is is angswekkend. Moet ons maar vlug?

Katryn ·

Dis die hartseerste om jou geliefde so te verloor. Ons moet vir ons pragtige land en boere bid. Marlene, my hart gaan uit na jou en die kinders. God slaap nie en geregtigheid sal seëvier. Bid vir jou.

Liamari ·

Hierdie is nog ‘n geval van “assasination”. Hulle “assasinate” die eienaar van die plaas sodat hulle die plaas kan oorneem. Hulle het duidelik nie gekom om te steel nie. Hoe kan daar nogsteeds “roof” as die oorsaak van plaasmoorde gestel word? Dis duidelike uitwissing van die boere. Ek sal nie verbaas wees as ‘n organisasie soos Black first land first agter die organisering sit nie! Hierdie is georganiseerde misdade.

Yolanda ·

Geen maar geen woorde kan uitdruk wat ek in my hart voel nie… Mens mag nie haat nie, maar hoe? HOE hou jy die haat weg as jy sulke goed daagliks lees?! My hart is seer en my kop is kwaad! Wanneer gaan dit ophou?!

Annamarie ·

Yolanda, ek stem saam met jou. Mens mag nie haat nie, maar wat noem ‘n mens die gevoel wat soos sooibrand in jou keel opstyg en jou oë laat oorloop as jy die goed sien. ‘n Paar maande gelede is ‘n man uit ons vriendekring ook in sy huis doodgeskiet – sonder rede!! Hy was nie ‘n boer nie, maar hy is ook om die lewe gebring sonder rede – enige moord soos die is sonder rede! Hulle het hom nie eens geken nie!! Ek rou saam met die families van almal. Mag Ons Liewe Vader julle vertroos.

Franz Fourie ·

Ek stem saam Vincent,die mense se doelwit is om te moor en dan te kyk wat hulle kan aas.Bitter jammer vir die Familie.

dries ·

Nog n dag, nog n wond…
Sy dood het geen doel gedien nie. Ek ken hom en sy mense gladnie. Maar, diep binne my is dit rou.
N kleinmensie is vir ewig met die brutaliteit van ons bestaan verander.

Ek eer sy nagedagtenis en bydrae.
Mag almal speodig berusting en vrede vind.

Dries

Willie ·

Miskien moet ons blankes n trust begin wat belonings uitbetaal vir inligting wat lei to effektiewe arrestasies?

Louise ·

Willie ek stem saam as daar geld betroke is sal die skuldiges going uit geleer word

Tiaan Theron ·

Ek sit en lees hierdie aangrypende berig nadat ek klaar my middagete geniet het, dit ruk my aan die hart… ek is n boer. Vroeër vandag het ek ń video gekyk wat deur een van Joubert se vriende gemaak en versprei is, hy vra ons moet swart klere Maandag aantrek, ek gaan! n Tydjie gelede het ons bruin lappies en strikkies gedra, ek dra nou nog myne. Die Springbokke is gevra om wit armbandjies te dra en n minuut stilte te hou ter nagedagtenis aan vermoorde boere, dalk doen hulle dit. Ek het al deelgeneem aan optogte en optogte help reël. Ek het verootmoedigings dae help reël en self daar gebid. Ek het ingebel op radio programme en briewe geskryf en vertoë gerig en veiligheids kampe bygewoon en wapens aangekoop en my vrou en kinders ons noodplan laat oefen en en en …….
Wanneer ek hierdie storie lees besef ek net weer hoe weerloos ons boere en ook elke ander onskuldige man en vrou en kind is. Die vyand het eenvoudig al die initiatief aan sy kant en ons is teikens elke minuut van elke dag. Met n lang omhaal van woorde, dit is nie die werk van wetsgehoorsame burgers om hul lewens teen die boosheid te beskerm nie en hul kan dit doodgewoon ook nie volhoubaar doen nie.DIT IS DIE WERK VAN DIE OWERHEID, wat met die swaard beklee is en die geldsak dra waarmee hierdie werk gedoen moet word.

Deon Koegelenberg ·

Dankie Tiaan jou bboodskappie imspireen n afrikaner hart. Ek gaan defnitief Maabadag swart aantrek die vraag bly natuurlik .. gaan dit help? Gaan ander vir mekaar vra waarom dra so baie mense swart vandag? Of gaan dit ongesiens verby

celia ·

Amen. En die hartseerste is, verdedig jy jouself en jou gesin,kom jy op vir moord!
Suis Afrika is SIEK

a1terego ·

Ek het die video gesien. Hartroerend. Hartseer. Gevoel van moedeloos en magteloos het oor my gekom en die trane het gerol. Gaan beslis deelneem aan die versoek om swart te dra Maandag. Wees veilig Tiaan Theron. Deon ten minste sal ons in gedagte wees met boere al vra niemand nie. In ons harte sal ons weet.

Anti-Haas ·

Ja, as hy al vier doodgeskiet het, was hy aangekla van 4 x moord klagtes en die ANC het betoog en hom op sy plaas kom dreig. So siek verby….

Tiaan Theron ·

Ons probleem is n politieke probleem waarvoor daar n politieke oplossing gevind moet word. Ons sal swart en bruin en blou en watter kleur klere ook dra en ons heinings hoër maak en ons diefwering dikker ons probleem sal vererger. Vir solank as wat ons vyande oor ons regeer en oor ons lot beslis sal hierdie hartverskeurende stories net meer en meer word en sal ons harder huil saam met elke Marlene en die duisende voor en ook na haar. Vir die owerheid van ons dag is elke dooie boer of bankkrot boer of geemigreerde boer n oorwinning in eie reg. Daarom kan ons nie verwag dat ons vyande ons ondergang gaan probeer stuit nie. Ek gaan Maandag swart klere dra met n bruin lappie op en al die ander dinge doen wat van my gevra word, maar belangerikste van alles ek gaan die offers bring wat nodig is om my en my mense te bevry van die juk van vreemde oorheersing. Daarin lê ons heil en daarvoor moet ons werk.
Boeregroete

Anna Mart ·

Ek is al op die punt waar ek nie meer wil en kán glo nie. Hierdie aanvalle is terroriste. Wanneer gaan SA se naïwe burgers dit besef? Ons moet ophou staan en wag en kyk dat “iemand” iets gaan doen. Ons moet ‘n slag begin planne maak hoe om doeltreffend tewerk te gaan om dit te stop. Stukkie vir stukkie word ons van alles gestroop en die hartseerste van alles is dit ons dit maar net gelate aanvaar. Ons het ‘n land met bitterlike slim mense. Iewers kan ons ‘n plan maak om saam te staan. Eenheid maak mag!

Freek ·

Dit lyk na n gevaarlike area ons het einde September by Rusticana gebly en 2 gesinne se huisies is ingebreek en baie groot skade gely weens diefstal.

Francois le Cochon ·

Baie tragies, want die gesin moet nou lewenslank hiermee saamleef. Omtrent al die media berigte oor plaasmoorde bevat die woorde,…..het gaan ondersoek instel….
Asseblief Boere, as jy iets vermoed, laat hulle na jou toe kom, moet hulle nie gaan soek nie, Jy moet die verassing element gebruik, en dit nie in hul guns laat tel.

Denise ·

Stem 100% saam met jou Hannes en die rympie wat gesing word Kill the Boer ????? Wie word elke dag vermoor????? Without prejudice.

Wynand Roux ·

My suster en haar gesin het op die plaas gebly tydens die aanval. My hart gaan uit na die familie. Hy is ‘n held in my oë. Dit kon my suster en haar 4 dogters gewees het. Hy het hulle lewens gered…

Jacques ·

Ek het vir Joubert en Marlene glad nie goed geken nie. Tog was ek n plus een by hul kerstafel in 2001 of 2002. Tot vandag bly die indruk wat die vreemdelinge by my geskep het blywend.
Sag, vriendelik, opreg en sout van die aarde. Godsvreesend met hart en gesig wat vir jou glimlag. Soos mens ouer word kom jy agter jy ontmoet sulke mense nie om elke hoek en draai nie. Regte mense. Dalk elke dekade, sou jou gelukkig wees. Daarom koester ek my gedagtes van Joubert daar onder sy prieël, glimlaggend, voor sy wingerd-stompie vuur. Ek bid vannaand vir die helende hande van Jesus om Marlene en die kinders te omvou. Daar is n leemte wat niemand kan vul.
Ek doen graag n beroep op almal om Maandag swart te dra, soos versoek deur n vriend van Joubert. n Uitbeelding van rou vir Joubert, en die vele boere landwyd. Ons lewensare van die samelewing wie vermoor word deur dié wat hul oes geniet.

Piket ·

Jacques. Jou kommentaar het betrekking.
Hierdie moord is net weer n voortsetting van die stryd tussen Goed en kwaad wat duisende jare gelede alreeds begin het. Dit is lankal nie meer n kleur issue nie. Kleur is maar net n gerieflike voertuig wat buite verband gebruik word om booshede mee te pleeg. Luister maar na die kommentaar van Familielede en Vriende wat slagoffers goed geken het. Die slagoffers is altyd, maar altyd, mense wat net goed aan ander gedoen het. Feit bly egter staan dat ons almal aan die ontvang kant van hierdie gemors is , en Tiaan is reg, dit SAL vererger.

Charmaine ·

Ongelooflik hartseer en maak mens verby woedend kwaad. Ek is oortuig daarvan dat daar ‘n meesterbrein agter al die plaasmoorde sit wat hand aan hand gaan met staatskaping…….die meesterbrein moet opgespoor word :(

MM ·

Minister van Polisie – begin om ons Grense beter te bewaak – dan sal die ONWETTIGE IMMIGRANTE (SOOS DIE GUPTAS) nie inkom nie – en dan kry hulle nie die skuld vir Plaas Moorde nie – Nog n Moord voor die ANC se deur – dankie anc – julle doen werklik baie goeie werk om die wit mense te laat uitmoor.

WonderNet ·

Ons bid te veel en doen te min. Saam met gebed moet daar aksie ook wees.

Ella ·

As n boer vermoor word gaan die plaas ook “dood” tesame met die mense wat daar werk. Gee die regering om? Nee hulle klap hande vir elke boer/witte wat sterf. Ek het al lankal gevra: wie sit agter die moorde en wie besluit wie is volgende?

Hannatjie ·

Wat verwag ons Nou eintlik… Ñ regering met ñ president wat aanklagte teen hom het. 700… Hy loop vry rond… Vlieg in vliegtuie net waar Hy Wil… Geen respek Vir landsburgers en boere wat sy Kos op die tafel of duur restaurant verskaf nie… Sterkte Vir daardie gesin… Medelye met Al ons boere

Hannelie ·

My hart bloei vir julle, mag Jesus jul styf vashou en vertroos. Nie eens elektriese heinings hou die gemors buite nie. Wanneer gaan hierdie sinnelose moorde op blankes ophou????

Anoniem ·

Weet die mense wat is n boer. Die boer is die man/vrou wat die voedsel op ons tafels sit. Sonder die boer kan ons nie voortbestaan en dit is wat hulle (die moordenaars,diewe en andere se doel is. Hulle vermoor die boer en plunder die staatskas en sodoende verarm hulle ons land al hoe meer. Die boer sal later nie meer wil boer nie maar vir die boer wat nog deurdruk en aanhou boer wil ek vandag se baie baie dankie dat jy vroeg oggend opstaan en laatnag gaan slaap om vir ons voedsel te voorsien. Dan laastens gaan dit nie help om n trust te stig vir belonings nie hulle word gearresteer en kry 15jaar vonnis waarvan 8 jaar uitdien. Stig dan eerder n trust waar daar mense opgelei kan word soos bestaande sekuritet en verskaf gepatroleerde sekuriteit aan plaas boere waardie plaasboer n bekostigbare bedrag sal moet bydra om sodoende beveilig te kan word. Dan moet die reel ook wees skiet eerste en vra later die vrae want wat soek jy op n man se eiendom. Dit is my mening en my gevoel

Mariaan ·

Danie dit klink vir my nog na die beste voorstel. Wat het geword van ons vorige leiers in die ou SA weermag? Ek sou glad nie omgee om my jong seuns “army” toe te stuur nie!!

Hannelie ·

Dankie mnr die president….nog ‘n gesin verloor ‘n geliefde. Als so onnodig, as die regstelsel ons net nie so faal nie. Baie sterkte aan die gesin en familie, mag jul vertroosting ontvang van ons Vader.

Louise ·

Willie ek stem saam as daar geld betroke is sal die skuldiges going uit geleer word

MANIE ·

Die boere moet net vir n week hulle produkte weerhou dan sal die regering begin luister. Maar ek twyfel of die boere dit sal doen want daar word baie gepraat en min gedoen.

Wimpie Nel ·

Ek vermoed dat die weskaap geteiken gaan word met aanvalle tot en met die verkiesing want as gemaanskap begin saamstaan en georganiseerde verset toepas sal dit in hulle hande speel om hulle handlangers te mobiliseer. Tydelike oplossing is om die aanvallers een voor te wees. Inligting skep n direkte paraatheid so sit kameras in wat op jou foon gemonitor word en maak jou huis aanvalbestand. Lei jou hele gesin op oor hoe om op te tree ten tyde van n aanval en dink soos hulle wanneer jy jou plek aanvalsbestand maak. Jy wil tyd koop om jou mense te beveilig en om versterkings te bekom. In my omgewing het ons kameras in elke straat en dit word 24 uur gemonitor en ons het geen misdaad nie. Sterkte aan almal veral julle in die weskaap.

Deidre ·

Ek vra weer, beveilig ten minste net jou slaaparea, al lyk dit soos ‘n fort, staalhekke in die gang wat na die kamers lei, dubbel tralies by vensters. Moenie uitgaan om ondersoek in te stel nie, bel iemand as jy vermoed daar is inbrekers.

Mariaan ·

Nog ‘n moord.
Nog ‘n statistiek wat oor ‘n paar maande vergete is.
Intussen loop daar rowers soos hienas rond met geen respek vir ‘n lewe nie.
Dit gaan nie ophou alvorens hulle so gestraf word dat hulle reg om te lewe weggeneem word nie.

Jaka ·

Ek hoor nou die dag op RSG ‘n Kapenaar wat inbel sê hy verstaan nie hoekom ons Transvalers so opgewonde raak oor politieke of rasse issues nie. Hy noem dat dit is soos om in ‘n ander land te wees as hy in Transvaal kom besigheid doen en dat ons Transvalers moet ontspan. Wk wil net vir die Kapenaar sê ja TRANSVAAL IS ‘N ANDER LAND. Ons sit met baie moorde en spanning tussen die rassegroepe wat die Kapenaars nie aldag ken nie. Nou kruip van hierdie probleme suidwaaarts – Kaap toe! Die Kaap is nie meer ‘n ander land nie, dit is dieselfde land met dieselfde probleme wat ook die Liberaliste sal genees en verstaan wat die Transvaal se Boere se bloeddruk opjaag.

Kabous ·

Kla en selfbejamering gaan ons net deel van die statistiek maak. Daar word n burgeroorlog teen die Afrikaner gevoer in ons eie land met n regeering wat ons as Afrikaners aflag in die VN se teenwoordigheid in die VSA. Niemand deel van die VN het n woord daarna te se gehad of iets gedoen nie.
Losprys vir die moordenaars is dalk n begin, want die wereld gaan niks vir ons doen nie. Ons moet self n plan maak. Se my naar net waar ek my bydrae moet inbetaal.

Fibi ·

Liewe Jesus help ons asb …. waar is jy , ons het jou nodig, ek kan dit nie verstaan , kan iemand dit vir my verduidelik, hoekom gebeur sulke wrede goed met ons ? die duiwel kry sy oorhand elke dag. Dis net ‘n kwessie van minute vir die volgende wit slagoffer van moord ….. ek kan nie meer nie. JESUS HELP ONS LAND ASB.

Jackie ·

Please forward to everyone you know. Afriforum has declared November in memory of those murdered in farm attacks. If they get 100 000 votes, they can hand over a document to the United Nations asking them to intervene against farm murders and farmers being targeted. They will also lodge a complaint with the President due to the SAPS being so lethargic. They already have 4 000 votes, so we still need 96 000. To vote, SMS your name to 45353 to support this initiative. Each phone can only vote once & it costs R1.50 per SMS. Please support this good cause. Thank you.

filisety ·

maak my so hartseer…ons woon ook op n plaas …elektriese heining hoè mure om ons huise treilidors voor al ons vensters en deure …groot honde buite kleinhondjies binne…ons doen alles vir ons veiligheid…maar as hul wil in sal hul in…ons vrees dat ons nie gaan uit kom as n vuur uitbreek nie en dit alles om bietjie veilig te voel.

Teresa vd Westhuizen ·

Ek het nie woorde nie….in ons land sal dit net erger en erger gaan vorentoe….daar gebeur in elk geval niks met moordenaars nie…so wat skrik hul af??? Dink nou net wat sou met Joubert gebeur het as aanvallers doodgeskiet het……hul mag mos jou eiendom betree en dan mag jy as eienaar niks doen nie…..solank ons regstelsel werk soos dit nou is, is ek jammer, lees ons oor 2 dae weer so n berig…..alle sterkte vir Marlene en haar kinders wat nou sonder n pappa en eggenoot die pad vorentoe moet aandurf.

Vicki Smit ·

My hart gaan uit aan die familie. Ons was op 19 Junie oorval deur 3 gewapende mans in ons huis. Erasmus Park Pretoria. Hulle het ons hond probeer skiet. Toe die man sy geweer op my kind trek het ek net gestorm sonder om te dink. Daar was nog n skoot gevuur wat my man se arm net net getef het en my toe in die gesig tref. Koel het voor by my wag ingegaan en naby my rug werwel agter uitgegaan. Na twee in die hospitaal kon ek weer terug keer na my familie. Dit is net genade van bo dat ek nog vandag hier is. Die arm gesin het alles verloor en dit alles omdat ons in n land sit waar ‘n lewe niks werd meer is. Ons het al hierdie tegnologie, maar tog is daai 3 mans wat by ons ingebreuk het nog nie agter trallies.

christelle du preez ·

So verskriklik, breuk jou hart in stukke!!! My Innige Simpatie en medelye aan die Conradie familie/kinders/vriende, Mag die Vader vertroosting, kalmte, bring en jul
versterk in hierdie hartverskeurende tyd. Mag Sy liefde jul toevou en jul dra waar die spore opraak.

Oorsaak ·

Die huidige president van SA is die satanskind wat hierdie land in die afgrond ingelei het. Sy dag sal kom, dis verseker, hy kan hardloop, maar hy kan nie wegkruip nie.

Annie Bartie ·

Laat nie EEN se dood…of familie se lyding ongestraf gaan nie!!! Hierdie in die laaste strooi.

Marisa van Staden ·

Weet ons volk is woedend en ek wil ook net baie dankie se aan elke boer wat nog elke dag moet aan gaan om vir die volk kos te voorsien. Aan die Conradie gesin my inige simpatie met die verlies mag die Here julle styf vas hou in hierdie moeilike tyd. Onthou ons God is groot en hy slaap nie. Ons sal nooit ophou bid en glo aan ons hemelse skepper nie ek glo net God kan ons nasie red en ek glo en weet sy koms is naby. Sterkte ons volk sal saam staan deur dik en dun met die HERE aan ons sy.

ROY ·

Ek het al 6 aanvalle oorleef met die genade van Bo ! Nog nie een aanvaller is gearresteer nie. Ek besit 5 Vuurwapens, almal onder Artikel 16. Sou ek ‘n inbreker met enige van hulle skiet, hetsy 1 meter of 500 meter van my af, beland ek agter trallies. Ek is al twee keer gekaap, nege keer met ‘n skroewedraaier in my hart en longe gesteek. Eenkeer met met ‘n mes in my been gesteek, en die aanvaller so hard gekop dat my been gebreek het. Nog steeds is hulle op vrye voet. Gebruik en eenkeer die “K ” woord, het ek groot moeilikheid. Ek kan ‘n boek skryf oor misdaad wat my al getref het. Die antwoord is dood eenvoudig, die polisie se opleiding is van die swakste ter wereld in ons land. Die Regering steur hulle nie aan nood krete nie, want hulle het lyfwagte wat ons belasting betalers betaal. Ek is ook ‘n Joubert, maar dit is my van, maar dit verander nie Joubert Conradie se gesin wat nou vir die res van hulle lewens in smart moet leef en nooit hierdie tragedie sal vergeet nie. Ongelukkig word daar vandag ook swart boere en werkers aangeval, omdat hulle getrou aan hulle werkgewers is. STERKTE aan die gesin. Staan saam Suid Afrikaners teen misdaad, dan sal ons wen, maar dit gebeur selde, want ons praat net en doen niks. wat ‘n Tragedie van ons nasie.

Theresa ·

Dis vreeslik Roy. Mens staan met ongeloof en ‘n bitter smaak in die mond om te weet ons mense kry so seer en swaar. Onthou om deel te neem om jou naam en van na 45353 te sms. Afriforum maak dit bymekaar om aan die United Nations te oorhandig – spesifiek insake plaasaanvalle en moorde

André Coetzer ·

Ek is in my siel geskok oor die sinnelose moord op ‘n dierbare man en pa. Ons het die voorreg gehad om Joubert en sy vrou Marlene te leer ken toe ons daar by hulle gebly het in hulle gaste verblyf met Amerikaanse vriende van New York. Sulke gasvryheid en vriendelikheid het ek lanklaas ervaar en so ook ons vriende van New York. Hulle was besonders verbaas oor alles wat Marlene en Joubert vir hulle gedoen het. Ons as gesin het ook daarna by hulle gaan bly en ons kinders het lekker saam gespeel vir die ruk wat ons daar op hulle plaas gebly het. Dit is vir ons ‘n geweldige skok om te verneem dat dit met julle gebeur het Marlene. Ons innige, innige simpatie met jou, julle kinders en familie – ons dra julle in ons gebede en ons is regtig hartseer saam julle! Dit is ‘n absolute onwerklikheid!

Johan Graaff ·

Geharde Kriminele lag vir die SAP. Hulle maak ‘n absolute bespotting van die Minister van Polisie

Dolorah Fredericks ·

Ons Hemelse VADER beskerm elke persoon, ons plaas menses in ons land. Bedek ons met die bloed van JESUS CHRISUS, wn laat U engele wag hou oor elke huishouding .. Ons vra dit in die naam van JESUS CHRISTUS ons HERE en VERLOSSER. VADER . HEILIGE GEES versterk die families wat ween, hou hulle styf vas en wees hulle skuilplek. Amen

Kobus ·

My voorstel (en is seker onwettig). Ons stig n fonds wat n taakmag befonds en die vuilgoed een vir een uitsoek en vir goed wegbere. Aan persoon in beheer van so mag, kies net jou lede so sodat hulle nie uiteindelik teen mekaar draai nie, m.a.w. doen ordentlikke huiswerk. Belowe julle, polisie gaan niks doen tot laaste ene van ons dood is nie

snik! ·

Ai, dis soooo hartverskeurend om deesdae nuus te lees/luister. Ek wens ek had ‘n “towerstokkie” om met een swaai al die euwel/boosheid op ons pragtige planeet uit te wis…

Lucinda Laas ·

Mense ek weet Afrikaans us julle moeder taal, maar die res van die wereld verstaan julle nie. Asb. Doe Engelse weergawes.

Theresa ·

Kom ons almal dra swart Maandag, 30 Okt 2017. MAAR met ‘n wit band om die arm, om ons sodoende van die fees van Halloween (waar ook baie swart gedra gaan word) te onderskei.
Maak netjiese plakkate en vorm groepe wat so aangetrek is en neem foto’s. Hierdie foto’s moet die wêreld in gestuur word. Op die plakkate in Afr maar ook in Eng moet duidelik staan: Ons rou oor elke moord; elke plaasmoord en aanval! Gee die wêreld om??
We mourn each murdered person – each farmer’s death – every attack! Does the world care??

Alice ·

Ons as volk moet saam staan! Dis tyd dat ons ophou terug staan en ook begin veg vir ons regte. Iemand moet ‘n helse optog organiseer. Blok die strate af soos een boer op ‘n whatsapp video gesê het sodat die res van die wêreld kan sien wat aan gaan. Al moet ek vir dae op een plek staan sal ek dit doen. Ons moet saam staan en self veg as dit is wat dit gaan vat… vir ons kinders, vir ons volk. Dit kannie so aangaan nie.

My gebede gaan uit na die familie en alle families wat geraak is deur die sinnelose moorde. Mag God julle seer genees en julle styf vashou. Julle is in ons almal se gebede.

Belinda Briel ·

My hart is stukkend…voel so magteloos,stem saam swart klete dra gasn geen verskil maak nie…het pas n video gekyk waar n boer se…Hy vra dat almal Saterdag 12 uur vir twee min op hul kniee gaan…en vir twee min bid….ongeag of jy bestuur…trek jou kar af klim uit en gaan op jou kniee…al is jy in n winkelsentrum…enige plek waar jy jou bevibd gaan twaalf uur Saterdag op jou kniee en bid…ons moet God vra om ons n oplossing te gee…so kan dit nie aangaan dat ons boere so vermoor word nie…dit is n oorlog wat hier plaasvind…ons sal moet hulp van die Here vra komende Saterdag 12 uur op ons kniee neerval en vir twee min bid dit sal n impak maak…asb kom ons doen dit al loop jy in die straat val op jou kniee neer en bid …..ons mense het geen uitweg nie…as ons gaan aggresief raak en moor soos hulle gaan dit net n bloedbad wees…kom ons vra die Here se hulp….hulle wil die plase oorneem…wil ons orals uitwerk…uitwis…dit is skrikwekend dat alles wat hul doen OK is…magtag dit werk nie so nie…ons moet saam staan asb…mooi en n Geseende daggie…Radio stasies moet ook weet en dit uitsaai oor komende Saterdag…veilig wees…God het ons lief…pas jouself mooi op….

Belinda Briel ·

My hart is stukkend…voel so magteloos,stem saam swart klere dra gaan geen verskil maak nie…het pas n video gekyk waar n boer se…Hy vra dat almal Saterdag 12 uur vir twee min op hul kniee gaan…en vir twee min bid….ongeag of jy bestuur…trek jou kar af klim uit en gaan op jou kniee…al is jy in n winkelsentrum…enige plek waar jy jou bevind gaan twaalf uur Saterdag op jou kniee en bid…ons moet God vra om ons n oplossing te gee…so kan dit nie aangaan dat ons boere so vermoor word nie…dit is n oorlog wat hier plaasvind…ons sal moet hulp van die Here vra komende Saterdag 12 uur op ons kniee neerval en vir twee min bid dit sal n impak maak…asb kom ons doen dit al loop jy in die straat val op jou kniee neer en bid …..ons mense het geen uitweg nie…as ons gaan aggresief raak en moor soos hulle gaan dit net n bloedbad wees…kom ons vra die Here se hulp….hulle wil die plase oorneem…wil ons orals uitwerk…uitwis…dit is skrikwekend dat alles wat hul doen OK is…magtag dit werk nie so nie…ons moet saam staan asb…mooi en n Geseende daggie…Radio stasies moet ook weet en dit uitsaai oor komende Saterdag…veilig wees…God het ons lief…pas jouself mooi op….

Adri ·

Ek onthou as klein dogtertjie was ek so bang as ek hoor van die “Grens”. Ek het altyd vir my pa gesê die slegte mense moet tog net nie oor die grens kom nie en dan het hy my verseker ons word beskerm. Nie nou meer nie. Nou gebeur al die dinge op ons voorstoep, nie meer daar ver op die grens nie. My oudste dogter se verloofde swot Landbou, doen baie goed en is opgewonde oor hulle toekoms, maar my ma-hart is swaar want ek weet nie of daar vir hulle ‘n toekoms in die land is nie…Ek moet net glo en vertrou dat dit met hulle sal goed gaan.

Baie sterkte aan dié familie asook almal wat alreeds deur hierdie verskriklike dade geraak is. Ons het omtrent elkeen al ‘n storie van iemand wat ons ken wat so iets mee gebeur het. Dis skrikwekkend en baie baie hartseer…

Jammer ·

Ons innige, innige simpatie aan Marlene, die kinders, familie en vriende. Ons harte is seer saam met julle. Ons bid elke dag vir ons boere. Jammer oor julle groot eina.

Beverley--Anne ·

Ek is al so gatvol vir hierdie land van ons ek is so moeg om te hoor van nog n p;aasmoord aanval ek is so moeg om niks te kan doen teen die plaasmoorde nie. Dis hardverskeerend om hiedie berig te lees.. Ek wens ek kan iets doen ek wens ons as wit blankes kan saam staan en iets doen

Marietjie ·

Dis so sleg om byna daagliks van ‘n plaasaanval of moord te lees. Partykeer meer as een op ‘n dag. Ons kan maar net aanhou bid.
Sterkte vir die familie en vriende.

Cornelia ·

Romans 16.20 The God of peace will soon crush Satan under your feet. The grace of our Lord Jesus be with you.
laat elkeen van ons vroeg een dag per week tyd maak om vir al ons boere te bid vir veiligheid gesondheid voorspoed ons moet saamstaan in gebed

Daan ·

Mense,skiet 2 skote deur die plafon.Druk die alarmknoppie.Sluit kamerdeure en bou deure vooraf tussen die kamers vir kinders om na jou te kom.Skiet dan deur die deur as skelms probeer inkom.

Annamarie ·

Yolanda, ek stem saam met jou. Mens mag nie haat nie, maar wat noem ‘n mens die gevoel wat soos sooibrand in jou keel opstyg en jou oë laat oorloop as jy die goed sien. ‘n Paar maande gelede is ‘n man uit ons vriendekring ook in sy huis doodgeskiet – sonder rede!! Hy was nie ‘n boer nie, maar hy is ook om die lewe gebring sonder rede – enige moord soos die is sonder rede! Hulle het hom nie eens geken nie!! Ek rou saam met die families van almal. Mag Ons Liewe Vader julle vertroos.

Kathy Miller ·

I hope you don’t mind my comments in English. When will these murders end ? The poor farmers live in fear. Do these animals ,(not human beings) not realize that farmers feed the nation. My heart and prayers go out to all those families affected by these tragic murders.

Raymond ·

“Ons volk is woedend” hoor dit so baie. Mense ons moet ons self verdedig en ons families beskerm, daar kom nie hulp dis in ons hande!!!!!!

Philna ·

Maak nie saak wat ons sê en hoe ons voel nie. Pyn en lyding wat ons volk deurgaan is wonde wat nie sal genees nie. Trane was die hart skoon, maar heel nie die wonde nie. Ek ken ook boere , saggeaarde, vriendelike liefdevolle hardwerkende eerlike opregte mense. Ek het grootgeword met die wete dat God die enigste een is wat ‘n lewe gee en kan neem, ander wat dit doen , God weet wie julle is, eendag gaan jy verantwoording doen. STERKTE! Ek wens ons boere kan beskerm word soos die sekuriteit by Nkandla, dieselfde boere se belastinggelde Het ook daarvoor betaal, lewens is kosbaar niks anders nie. Ek sal aanhou bid, bid vir boere en families. Julle moet probeer aangaan jul lewens is kosbaar. Aan al ons Boere, dankie vir die kos op my tafel, my kids het nog nooit honger gaan slaap nie, danksy julle toegewydheid , julle liefde vir jul medemens en moed om elke dag te kan opstaan. Julle hardewerk. God sal julle almal seen. Ek bid vir ieder en elk van julle. Baie liefde en sterkte vir die Conradie familie en al die ander families wat weer moes opstaan

Leon. ·

Ek is regtig so jammer en baie hartseer hieroor. Ek Wens en bid regtigwaar daar is iemand bekwaam genoeg met dit wat nodig is het, om onse mense saam te trek en lei . Genoeg is genoeg. Ons boere moet beskerm word. Ons friende mag nie so lei nie. Ek is so jammer mevrou. Mag die Here u seen.

Rina ·

Da is nie woorde vir julle nie ek weet my pa was nou September 3 jaar terug ook vermoer in sy huis en dit is so so seer. Al wat ons kan doen is op kyk na ons se vader en bid en vra hy moet ons help. Sterkte aan sy vrou en sy kinders mag julle een dag rus in julle harte kry. Ons almal bid vir julle en staan saam hoop hulle het darem van hulle gevang my pa se moorde naars was nog nooit gevind nie. Ai my hart ga uit vir julle. God bless en sterkte. Amen

Martie ·

My innige simpatie met die familie
Hierdie vlaag van plaasmoorde herinner my aan apartheid politiek en die “third force”
Al wat ek kan se en wat God aan my openbaar het is opgevat in Sy Woord . Lees Rom 13:1-7 en 1 Tim 2:1-6. Be inceasing in prayer. Strip yourselves of the old nature of racism , unlovingness , hatred ect
2Chronicles 7:14 “If My people who are called by My Name , will humble themselves and pray and seek My Face and turn from their wicked ways then will I hear from heaven , and I will forgive their sin and heal their land . Are you called by God . Repent of rasiscm , unlovingness, unforgiveness, enmity , pride , unforgiveness. May Abba Father show us grace and mercy and fill us with His perfect love. May He through His Spirit work in us to will and to work to do His good pleasure . As per your Word
LORD. May we deny self , take up our cross and follow U
By Your grace alone . Strenghten us with might in the inner man . In Jesus Name .Amen. We plead the Blood of Jesus over all . Jesus is Lord

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.