Klara se notaboek-inskrywings werp glo lig op gebeure

Klara Göttert. Foto: Facebook

Klara Göttert. Foto: Facebook

Klara Göttert se ouers is stadigaan besig om stukkies inligting bymekaar te pas om die gebeure wat tot haar vermoedelike selfmoord gelei het, te bepaal.

Die 14-jarige Klara se liggaam is Dinsdagaand ná ʼn lang soektog by die Northgate-winkelsentrum naby Fourways gevind. Sy het glo van die boonste verdieping na haar dood gespring.

Liesl, Klara se ma, het Donderdag aan Maroela Media gesê die polisie oorweeg alle opsies in hul geregtelike doodsondersoek, maar daar is in hierdie stadium geen bewyse wat daarop dui dat daar vuilspel by Klara se dood betrokke was nie. “Natuurlik moet ʼn mens alle moontlikhede in ag neem en daarom deel ons alle inligting wat ons kry met die polisie sodat dit deel kan vorm van hul ondersoek. Maar in hierdie stadium is daar niks wat daarop dui dat daar enige vuilspel betrokke was nie,” het sy gesê.

Liesl het gesê sedert Klara se dood het baie mense haar en haar man gekontak met inligting wat moontlik lig op die ondersoek kan werp. Daar is glo bewerings dat dwelms aan die kinders by die ysskaatsbaan by Northgate-winkelsentrum gegee word, maar geen bewyse is al gevind om die geloofwaardigheid van die stellings te bepaal nie.

“’n Duitser het my gebel om te sê dat Klara hom by George Lea-park in Parkmore genader en gevra het vir ʼn saamrygeleentheid na die Northgate-winkelsentrum,” het Liesl gesê. “Klara het altyd die bus van die skool af geneem na George Lea-park waar sy parkour beoefen het. Sy het Dinsdag nie by die park gebly vir parkour-oefening nie. Ek weet nie hoekom nie. Sy en haar beste vriendin het vasgesit oor iets, weet ek. By die park het sy glo vir die man en sy vrou gejok en gesê haar ouers is in die Kaap en sy het daarom die saamrygeleentheid na die winkelsentrum toe nodig. Hulle het haar daar gaan aflaai.”

Volgens Liesl is Klara se notaboek in haar rugsak gevind waarin sy goed geskryf en sketse geteken het wat moontlik met haar selfmoord verbind kan word. “Die boek is by die polisie, so ons het dit nog nie self gehad om te kon sien wat sy daarin geskryf het nie. Maar die polisie het vir ons gedeeltes uit die boek gelees om te sien of dit inpas by die konteks en agtergrond wat ons vir hulle gegee het,” het sy gesê.

Ao. Balan Muthan, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ʼn geregtelike doodsondersoek geopen is.

Klara Göttert. Foto: Facebook

Klara Göttert. Foto: Facebook

Liesl het op haar Facebook-profiel geskryf hoe swaar die gesin kry sedert Klara se dood. Sy het gesê hoewel die ondersteuning wat hulle gekry het oorweldigend is, sal dit steeds nie haar dogter terugbring nie.

“Ek is al van 01:00 af wakker. Klara sou nou in die stort gewees het, besig om popliedjies te sing. Sy sou verby my gestap het met haar handdoek om haar slanke lyfie gedraai. Dit is die tweede oggend wat ek hierdie wêreld sonder my klein dogtertjie moet aandurf,” het sy geskryf.

“Ek moet deur hierdie dag kom en deur die dag daarna … begrafnisreëlings, kos, blomme, verslaggewers, familie. Klara se suster kom vanoggend van Duitsland af aan. Haar broer moet vanoggend teruggaan skool toe en sal al die kinders moet sien wat oor niks anders praat nie.

“Ek kyk na al die blomme in die huis, maar ek soek net een blom in my arms. My Klara. My liefste, liefste kosbare Klara.

“Die pyn is ondraaglik. Ek sou my lewe gegee het sodat sy kon leef. Hulle kon my bene en arms geamputeer het, my hart uitgehaal  het – ek sou dit alles gee om te kon sien hoe sy ʼn vol lewe leef.”

Klara se begrafnis word Saterdag om 14:00 vanuit die NG gemeente Aasvoëlkop in Northcliff, Johannesburg, gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

bets ·

Kom ons herinner ons aan al die mooi dinge wat was, en nie wat sou gewees het vir more en oormore nie, vir wat jy nog kon doen om haar by jou te he nie. Dis hard, die lewe is hard, ons treur saam met jou vir nog ‘n lewetjie wat in hierdie wrede wereld weggeneem is. Stap saam ‘n pad met God elke dag en Hy sal julle hartseer en pyn ligter maak. Sterkte vir julle almal, julle sal in ons gebede opgeneem word. Dank God dat Hy haar vir 14 jaar vir julle geleen het. Klara kyk af en glimlag vir julle en “se moenie huil nie, moenie treur nie, ek is veilig in Jesus se arms”

LADYBUG ·

my hart sink as ek hier lees van ‘n moeder se smart oor haar kind … ek kan myself nie indink hoe dit moet voel nie …

Susan ·

ek kan myself nie indink deur watse pyn hierdie moeder en familie moet gaan nie. Weet net dat ons gebede jul wereldwyd dra. Ek is n ouma van vyf tienders en dit kan met enige een gebeur. Baie sterkte en seen deur hierdie moeilike tyd. Mag ons Hemelse Vader julle dra.

sproetjies ·

My hart huil saam met hierdie Mamma oor haar pragtige meisiekind. Die gemis in jou hart en huis kan deur niks gevul wnie. Mag ons Hemelse Vader julle dag vir dag omring met Sy Liefde en Genade.

Verstaan ·

En die krag gee om deur elke dag te kom totdat die seer net so bietjie minder diep diep in jul menswees sny! Dankie Sproetjies,jy stel dit so mooi,die stukkie kort in afsluiting!.

Lizelle ·

Ai my hart bloei vir julle. Mag die Here julle vertroosting gee, sy is nou kommervry langs haar hemelse Vader. Ek weet niks wat enige iemand gaan sê gaan die pyn en verlange wegvat nie. Julle in ons gebede. Liefde

Lizelle ·

Ai my hart bloei vir julle. Mag die Here julle vertroosting gee, sy is nou kommervry langs haar hemelse Vader. Ek weet niks wat enige iemand gaan sê gaan die pyn en verlange wegvat nie. Julle in ons gebede. Liefde

Yvonne ·

Liesl my hart breek vir julle. Ek weet nou is die moeilikste seerste tyd vir julle. Maar onse Hemelse Vader hou jou styf vas teen sy bors, hy droog elke liewe traan op wat rol oor jou wange. Laat Hy jou troos en jou lei waar jou voete nou nie eers self kan gaan nie. Onse Vader sal jou nie alleen laat nie. My Vader heel asb hierdie stukkende harte, dra hulle deur hierdie moeilike tyd. Dankie my Vader x x x

Ella ·

Ek plaas elke jong kind en tiener vandag voor God se voete en pleit die bloed van Jesus oor hulle. Ek verbreek hierdie gees van selfmoord wat oor die kinders van Suid Afrika is in die naam van Jesus!!!

Jessica ·

My hart goes out to Liesl, i have a 13 year old little girl and she is my life, i cannot imagine my life without her, so i would do the same to give my everything to her, i feel so sorry and empty for you and your family, may God bless you and give you strength in this very difficult time, i understand no message or words can bring her back, but she is in the garden the beautiful garden of God, let her rest in peace and remember all the good wonderful times of little Klara. may god bless you Klara where you are know, only God knows why you did this.

Ek was self ook daar ·

Die tweede laaste paragraaf is hoe elke ma voel wat haar kind so aan die dood moes afstaan – ek weet…

Mandy ·

Aan Klara se ouers en kinders die seer wat julle nou deur gaan is baie erg ek is so jammer oor wat gebeur het die vrae hoekom waarom al wat ek kan se wees kalm bid die Here sal met julle wees in die tyd van seer dit sal beter raak na jare maar jy sal altyd aan haar dink en nooit van haar vergeet nie my dogter Chanel het aan bruinkanker gester toe sy 14 jaar oud na 15 jaar dink ek nog steeds elke dag aan haar sy was net so pratig so Klara en ook net skielik baie siek geword en 1 jaar later is sy oorlede die mis en seer bly maar by n ouer ek bid vir julle en weet dit sal beter raak sy is nou veilig by Jesus wees sterk Amen

Wilma ·

Ai my hart is stukkend oor die mooie meisiekind! Die trane loop sommer oor my wange terwyl ek die berig lees! Ek dra die familie op aan ons Abba Vader!

pop ·

Ella dis al wat ons kan doen, Bid vir haar. Ek leef elke dag saam met die pyn van n kind se dood. Jare sal dit nie wegvat nie, Met God se genade leer leef jy daarmee saam. Dis al genade wat jy kry.

Sandra ·

ek voel baie jammer vir die gesin wat nou met al die vra moet sukkel en geen antwoorde kry nie. maar daar is net by Een wat julle sal vertroosting kry, slaan jul oe op en vra Hom om die hartseer ligter te maak. sterkte aan die gesin, familie en ook haar vriende

Joa ·

Ek voel saammet daai ouers want ek weet hoe dit voel om ‘n kind te verloor. Dit is jare se hartseer en pyn wat voorle. Ek het so bietjie gaan lees oor “parkour” en wonder tog of sy nie iets op haar eie wou probeer en dat dit skeef geloop het nie.

DEON ·

My hart gaan uit na julle as familie met jul groot verlies. Ek het ook my dogterjie Nicola aan die dood afgestaan en wil ek net se moet nooit vra waarom of hoekom nie want daaris nooit antwoorde nie. U as ma en pa gaan weer eendag jul blom kan pluk in dit gaan in die Paradys van GOD wees. Dis my vertroosting deur te weet dat as ek sterwe gaan ek my blommetjie pluk in die Tuin ek Eden. Hou altyd jul geloof en as man en vrou moet jul sterk wees, want vir n pa is dit net so hart as die moeder en het n pa ook daai ondersteuning nodig. Daai van “cowboys dont cry”. werk nie in die werklike lewe nie.

ELani ·

Liesl, ek wil vir jou sterkte toewens. Dit is iets wat moeilik is, geen ouer moet ooit ‘n kind begrawe nie. Dit voel nie so nou nie, maar die seer gaan ligter raak met tyd. Vat jou tyd om te rou, en huil as jy so voel. Sterkte vir jou en jou gesin, en vir haar boetie veral, ek dink aan julle

Alice ·

My hart gaan uit na die geliefdes en ouers van liewe Klara. My hart voel julle intense pyn. Is verlede jaar self daardeur, maar of jou kind nou 34 of 14 jr oud is, dit bly oneindig seer. Gun julle self om oor haar te treur, maar ook om die mooi te onthou van hierdie pragtige kind van julle. My gebede van vertroosting vergesel julle in hierdie baie moeilike en hartseer tyd. Met baie omgee en liefde van n mamma wat weet. xx

MM ·

Ek kry die ouers verskriklik jammer, want dit moet baie erg wees as jy jou kind verloor, maar ek wonder net hulle praat net van die ma, waar is die pa. Kry hy nie ook baie swaar in die moeilike tyd nie????

Toetsie ·

Johann sy was ‘n tienermeisie. Moenie nou skuld op die ma hoop nie, dis die allerlaaste ding wat sy nodig het.

Marelize ·

Ek het 2 dogters. Een praat met my oor alles en die ander een is toe soos n boek. Ek maak hulle dieselfde groot, so hoekom praat die een nie graag oor haar gevoelens nie? Maak dit my n ma wat nie weet wat in haar lewe aangaan nie? Jy weet heel duidelik nie hoe die mens se brein werk nie. Tieners is klein grootmensies wat emosies beleef wat hulle nie verstaan nie. Hulle weet hoe om voortegee hulle is ok. Moenie die mamma verkwalik nie. Ek is seker sy verdien dit nie.

CHRISTA ·

Liesl, net ons liewe HERE kan julle tydens hierdie bitter hartseer tyd in sy liefde toevou. Ek bid julle sy vertroosting, genade en liefde toe!! Hou net aan Hom vas en Hy sal julle bystaan – ELKE DAG!!

CL ·

Ek wou se die Ma het darem maar baie om te se in die Media, veral vreemde beweringe. Die polisie het die saak darem reguit gestel met die feite wat hulle het. Sy deel seker maar so met die pyn om te (veel) praat.

Frik ·

Dit is n ouer se grootste vrees dat sy kinders iets sal oorkom So onbeskryflik hartseer As dit my so hartseer maak wat haar nie eers geken het nie hoe moet haar ouers en gesin nie voel nie Mag Jesus julle styf in Sy hande vashou Sterkte en God se seen (Waarom moet daar altyd mense wees wat n klip wil optel)

Wilna Geel ·

Dis baie swaar om’n kind aandie dood af te staan. Baie sterkte in hierdie moeilike tyd.

Verteenwoordig Vrede ·

Nee man, ek skaam my dood vir jou: JohannC! Hoe kan jy so iets sê? Nie alle mense is dieselfde nie! Ons leef nie meer in die donkie jare waar alles nog piekfyn was en toe kinders se grootste worry was ‘dat hulle fiets se wiel ‘n puncture het’, nie, hoor! Die jeug van vandag het honderde meer issues om mee te deal, as wat die jeug van die 1900’s gehad het. Nie almal is dieselfde nie. Nie almal kan praat oor alles wat hul pla nie. Sommiges verkies maar om hul battles alleen te fight. Sommiges ervaar innerlike konflik waar deur hul kan werk, en ander sukkel om dit te verwerk. Nee man, jy kan nie sulke selsugtige kommentaar hier wil staan en rondgooi nie. ‘n Meisie het haar lewe verloor, en al waaroor jy worry is ‘Wie om te blameer’. Sies. Dis swak.

Sies Johan ·

Aan almal thanks dat julle n ongevoelige Johan uitsorteer,nie net ongevoelig nie,maar ook slim op n gebied waarvan hy regtig niks weet. Kinders verskil,myne het ook&ek dank die Vader elke dag dat Hy my die beker gespaar het,die 1 van verlies aan n kind moes ek ongelukkig deurgaan,liewe gesin,familielede&vriende, baie liefde&vrede word jul toegebid! Mag die pyn met tyd leefbaar raak!

wvv ·

Geen ouer verdien sulke seer nie en een ding wat ek vir julle almal nou kan sê sonder om daarin te twyvul is dat kinders/tieners van vandag meer na selfmoord toe gedryf word deur boelies ander kinders en insluitend onderwysers wat hulle so erg aftakel dat hul dit nie meer dit kan hanteer nie dat hul voel selfmoord is die enigste uit weg om ontslae te raak van hierdie boelies en weet julle wat is die ergste van alles wat ek al met my eie oë beleef het is waar ‘n seun ‘n meisie so sleg hoe vet sy is en hoe lelik sy is en dit voor ‘n hele skool en weet julle wat se daardie skoolhoof vir die arme meisie sy IS SENSITIEF EN OORREAGEER NET En dat dit sy manier is om die feit dat sy ma op sterwe le te verwerk!! Dis vir my so ongelooflik erg hoe dit in die skool gaan deesdae my hart gaan rerig uit na elke liewe siel wat hul eie lewe geneem het deur boelies.

Eish! ·

Die krulhare laat my dink aan my eie kleinwees. Die gespot wat ek moes verduur omdat ek krulhare gehad het. Die kinders se geterg ens. Niemand in my huis het daarvan geweet nie. Vandag met die regte sjampoo en conditioner is dit iets van die verlede en glomy almal beny my, my krulle. Was nooit kroeskrul nie, maar soos die meisiekind sin. Iets se vir my dit is weer groepsdruk, gespot en terg van die cool groep wat die meisiekind se depressive veroorsaak het. As die coolkids tog net besef dat dit nie vir hul is om te oordeel en te spot nie. Vir hul sal God geen genade toon nie. Onthou ons is almal deur God geskep, ja jy ook wat dink jy is beter as die ander kids wat nie soveel het soos jy nie.

Cornette ·

Johann, ek het vir jou ‘n paar vrae… Was jy al waar daardie kind was???? Is jy ‘n ouer van ‘n tienerjarige? Indien jy ja kan antwoord op albei vrae kan jy hierdie kommentaar lewer anders bly eerder stil!!!! Ek was waar daardie kind was…. was net een van die gelukkiges wat dit oorleef het en ek het WONDERLIKE ouers gehad…. Op 17 het ek self nie verstaan wat met my gebeur nie, hoe moes ek met my ouers daaroor praat… Na alles is ek gediagnoseer, maar nie ek of my ouers het geweet wat aangaan voor dit amper te laat was nie. Vandag is dit steeds ‘n daaglikse stryd. Ek het self 2 tieners 14 en 13. Ek en my kinders het ‘n lang paadjie gestap en veral ek en my oudste is ongelooflik na aan mekaar en groot maats. Aan liefde is daar geen tekort in ons huis nie en my kinders word daagliks vertel hoe geliefd hulle is en dat hulle die rede is waarom my lewe draai. En tog, gisteraand toe ek my oudste weereens herinner en hom direk vertel dat hy nooit mag dink enige van ons is beteraf sonder hom nie, het my pragtige seun se oë vol trane geskiet en het hy my voete onder my uitgeslaan met die volgende vraag…. “Mamma, was Mamma op my foon?” Ek het heelnag gelê en worstel met vrae soos hoekom het ek nie dit gesien nie – ek ken tog die tekens, ken die swart monster en weet wat dit doen….. maar daar is nie tekens nie, daar is nie waarskuwings nie…. Ek hoop en bid net dat jy Johann wat nou in oordeel staan nooit ooit hierdeur hoef te gaan nie… Nooit hierdie mamma wat haar kind moet begrawe se selfverwyt en vrae aan haarself (al was dit nie haar skuld nie) moet ervaar nie.

Knersus D ·

Baie tragies – sy is ‘n lifelike kind. Parkour plaas jou in beheer van jou omgewing, en ek hoop regtig (naiewelik) dat hierdie net ‘n ongeluk was en nie selfmoord nie. Geen kind/mens verdien om gedryf te word om sy/haar eie lewe te neem nie.

Mariaan Oosthuizen ·

Die dood van ‘n kind is die seerste seer. Dis ‘n letsel oor ‘n wond wat nooit van binne genees nie. Die gemis en verlange is deel van jou elke dag se bestaan.

Jax van Niekerj ·

Ongeag hoe goed n oue r dink hy/sy ken hulle kind, of wil glo dat hulle alles weet wat in hulle kind se lewe aangaan, jy weet net wat daardie kind jou vertel of jou wys wat hulle glo jy wil sien. Ek het n vdn wat agt maande gelede haar 18 jarige seun verloor het , weliswaar onder ander omstandighede en ek kan nie eens begin om te besef waardeur sy gaan nie. Vir n ouer is dit n stuk wat uit hom of haar weggeskeur is. Niks en niemand kan daardie plek inneem nie. Met elke selfmoord kom daar nog n 1000 vrae by en dit treiter jou tot jy die dag jou kop neerle.

Weet nie wie Johan is nie. Maak ook nie saak nie. Dis onbelangrik. Hy is onbelangrik en dalk is dit sý probleem

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.