Klasaksie teen die GEPF dan aangehoor

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit se aansoek om die sertifisering van ʼn klasaksie as die eerste stap om die staatsdienspensioenfonds (GEPF) aanspreeklik te hou vir die onregmatige wysiging van die formule waarvolgens amptenare se aktuariële belang by bedanking bereken word, word Woensdag in die Pretoriase Hooggeregshof aangehoor.

Solidariteit doen aansoek om namens meer as 1,2 miljoen staatsamptenare te kan optree om die GEPF gevolglik verantwoordbaar te hou vir die eensydige wysigings wat aan die formule aangebring is.

“Die GEPF-aansoek wat Solidariteit bring, is ’n baie groot hofaksie en waarskynlik die eerste van sy soort. Ons is van mening dat daar nie ʼn behoorlike konsultasieproses gevolg is nie, soos vereis word ingevolge die reëls van die fonds, en daarom sal Solidariteit se hofsaak teen die GEPF tot voordeel van alle staatsdienswerkers wees,” het Johan Kruger, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Volgens Kruger sal staatsamptenare wat beoog om te bedank, of wat reeds bedank het nadat die formule eensydig gewysig is, voordele ter waarde van duisende rande verloor.

“Solidariteit sal verder eis dat persone wat sedert die eensydige aanpassing bedank het, vergoed word asof die vorige formule gegeld het en dat moratore rente hierop betaal word,” het Kruger gesê.

Solidariteit eis ook dat die formuleverandering wat aangebring is om die bedankingswaarde van staatsamptenare se pensioenvoordeel te bereken, hersien moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Christo ·

Teen die tyd wat ek met pension gaan gaan ek nie eens n brood kan koop met my maandelikse pension nie. En dis oor 20 jaar.

Dankbaar ·

Dankie Solidariteit dat jul iets doen. Glo en vertrou dat jul suksesvol sal wees. Hierdie gewetenlose skelms sal aanhou tot ons, wat vir die staat werk, net mooi niks oor het nie.
Ryk ek ‘n Gupta………..invloed?

Jacques Venter ·

Die groot gevaar is dat die PIC gestroop gaan word om die sukkelde SAA te red. As dit nog enigsens moontlik is

snoefie ·

nou waar kom molefe se R30miljien dan vandaan? ek dag as semi staat soveel pensioen vir agtien maande versamel sou volke staatsdiens sn 300% meer wees.

snoefie ·

nou waar kom molefe se R30miljien dan vandaan? ek dag as semi staat soveel pensioen vir agtien maande versamel sou volle staatsdiens sn 300% meer wees.

Ander Annie ·

Dankie Solidariteit. Ek hoop dat die vakbonde saam met julle hande gaan vat. Wat ‘n skande om geld so te “steel”.

Lynette Landman ·

Ek het bedank in 2014 en hulle het my amper R1.2 mil te kort betaal op my pensioen. Het baklei vir 3 Jr. Het eergister N email ontvang van die GEPF se kantore deur te se hulle kan nou Nie N recalculation doen nie, want my geld is reeds uitbetaal en so ook àan SARS. Dit is onaanvaarbaar. Hoofkantoor SAPS het verantwoordelikheid aanvaar dat hulle N fout met my papierwerk gedoen het, maar nou kry ek hierdie antwoord van GEPF se regs afdeling. N mens kan of mag nie telefoon nrs van hulle kry nie en mag ook nie met hulle praat nie. Net N call centre nr is beskikbaar Wat niks beteken nie.
Ek het Alle bewys dat hulle my papierwerk verkeerd hanteer het.
Ek weet nie meer Wat om te doen nie en nog minder kan ek N prokureur bekostig. Hoop dat julle my kan help asb. Ek is ook bereid om as N lid by julle àan te sluit, sodat geregtigheid kan geskied. Dit is my laaste leef geld Wat bele moet word. Daar is Verskriklike baie onreelmatighede.

Janie Monsieur ·

Dagsê Lynette,
Dankie vir jou kommentaar. Solidariteit antwoord so:

“Beste Lynette,
Baie dankie vir die skrywe. Hierdie is beslis ʼn saak wat ons baie na aan die hart lê.
Ons beveg hierdie saak met hand en tand omdat baie mense uiters afhanklik is van hul pensioengeld en dat hul derhalwe uitgelewer is.
Dit is om die rede dat ons die hof genader het om ʼn klasaksie namens al die amptenare van stapel te stuur. Die saak word vandag aangehoor.
Ons teken u besonderhede aan en sal u kontak.
Solidariteit groete”

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

phil smith ·

Geagte Redakteur/Soladariteit Regsverteenwoordiger

Verjeug om kennis van hierdie konstruktiewe stap te neem. Sal u aan my volledige kontak besonderhede stuur met wie daar in die nabye toekoms onderhandel moet word asb. D.i nog honderde pensioentrekkers wat ek graag wil inlig. Baie dankie byvorbaat.

Pieter Nienaber ·

Kan julle ook kyk na mense soos ek wie se pensioen by die dag minder word omdat die vorige huweliksmaats se gedeelte met rente terugbetaal moet word teen prima plus 3 persent. Van die mense gaan aftree met groot skuld aan GEPF.

Jacques Venter ·

n Groot probleem wat pensionarisse betref, is die feit dat wanneer jy afgetree het, behoort jy nie meer aan n unie nie. Ek is nie n regskenner nie, maar ek glo daar is prokureurs wat jou saak op n geen wen geen betaling basis sal vat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.