Klasaksie teen GEPF namens 1,2 miljoen staatsamptenare

Argieffoto: Pixabay.com

Argieffoto: Pixabay.com

Die vakbond Solidariteit het vandag tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat hy hofstukke teen die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) by die hooggeregshof beteken het.

Dit volg nadat die GEPF glo sonder ’n konsultasieproses die formule waarvolgens amptenare se aktuariële belang by bedanking bereken word, onregmatig gewysig het.

Volgens Johan Kruger, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, het staatsamptenare wat beoog om, of wat reeds bedank het nadat die formule eensydig gewysig is, voordele ter waarde van duisende rande verloor.

Solidariteit het onder meer ’n groepsgeding namens meer as 1,2 miljoen staatsamptenare geregistreer en sal die GEPF gevolglik verantwoordbaar hou vir die eensydige wysigings wat aan die formule aangebring is. “Die GEPF-aansoek wat Solidariteit bring is ’n baie groot hofaksie en waarskynlik die eerste van sy soort. Ons is van mening dat daar nie ʼn behoorlike konsultasieproses soos vereis ingevolge die reëls van die fonds gevolg is nie en daarom sal Solidariteit se hofsaak teen die GEPF tot voordeel van alle staatsdienswerkers wees,” het Kruger gesê.

“Solidariteit sal verder eis dat persone wat sedert die eensydige aanpassing bedank het, vergoed word asof die vorige formule gegeld het en dat moratore rente hierop betaal word,” het Kruger gesê.

Solidariteit eis ook dat die formuleverandering wat aangebring is om die bedankingswaarde van staatsamptenare se pensioenvoordeel te bereken, hersien moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

mariette ·

Solidariteit — ek sal ook graag wil navrae doen rakende die uitbetalings na egskeidings as iemand my dalk kan nader sal ek bly wees

Landi Slatter ·

Dagsê Mariette

Dankie vir jou navraag. Stuur gerus ‘n e-pos na [email protected] om direk met Solidariteit in verbinding te tree.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Pensioene ·

Pensioene moet onaantasbaar wees!!!!! Jy mors met mense wat nie meer kan werk nie se geld. Regtig hul kan nie meer werk en het hul werks leeftyd heeltyd gewerk, dit is onmenslik en ek hoop regtig sogenaamde mense regte kyk hierna.

m ·

Daar word altyd vir ons gese ons pensioene is so veilig en nou?????? teen die tyd wat mens aftree gaan jy baie minder kry as waarop jy geregtig is.. Dis baie scary!!!!!!!

John ·

Afgetrede spoorwegwerkers het eerstehandse ervaring van hierdie nimmer eindigende nagmerrie. Nou is dit ander staatsamptenare… en een van die dae gaan die res van die aftredende bevolking maandeliks, as hulle vreeslik gelukkig is, drupsgewys ietsie kry. Wie gaan die beleggings hanteer wanneer pensioengeld teruggehou word, ‘vir die bes van die werkers as hulle eendag aftree? ‘ Rampspoed en ellende wag sowaar, want ‘n verkeerde keuse vir die pos van minister van finansies maak maklik ‘n groot gat in die geldpot. Wie gaan mnr Gordhan bv opvolg?

Lottie ·

Ek het Januarie 2015 bedank by die SAPS. en lank gewag vir my pensioen om te betaal. Het toe ook nie eers nastenby uit gekry soos die GEPF kantore gesè het ek sal kry nie.

Jaco ·

Ek het bedank en my geld by Allen gray bele. Jy sal verbaas wees hoe jou geld groei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.