Klasgelde: ‘Universiteite moet self bepaal’

blade-nzimande

Blade Nzimande. Foto: Flickr/GovernmentZA

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het Maandag gesê universiteite moet self bepaal met hoeveel hulle klasgelde volgende jaar gaan verhoog.

Nzimande het gesê universiteite het tans verskeie ernstige befondsingsuitdagings. Die regering is egter ook bewus van talle Suid-Afrikaners se finansiële uitdagings om toegang tot hoër onderwys te kry, het hy gesê.

“Ons universiteite is tans in ʼn verskriklike moeilike finansiële situasie. Die uitwerking van verlede jaar se moratorium op die verhoging van klasgelde en die bykomende kostes van inkontraktering het bygedra tot hierdie uitdagings.”

Nzimande het gesê die regering het begrip vir studente se bekommernisse oor die bekostigbaarheid van universiteitsonderrig en daarom het die regering R1,9 miljard van die R2,3 miljard-tekort wat ontstaan het weens die moratorium, bygedra.

Die Raad vir Hoër Onderwys het verlede maand ʼn verslag met aanbevelings aan Nzimande verskaf. Volgens Nzimande het hy intussen ook met visekanseliers, studente-organisasies en ander rolspelers vergader.

“Die raad het ʼn VPI-aanpassing vir 2017 voorgestel, terwyl universiteitsleiers meen ʼn 8%-verhoging is noodsaaklik. Ons het al die uitdagings oorweeg en tot die gevolgtrekking gekom dat die beste benadering is om universiteite toe te laat om self die verhoging vas te stel wat hul instansies nodig het om effektief voort te gaan.”

Nzimande het gesê universiteite moet egter verskeie faktore in ag neem, soos bekostigbaarheid en verseker die aanpassings is redelik. “Ons stel voor dat fooie nie met meer as 8% verhoog word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Irene ·

Sluit die unv san kan niemand leer of afbrand nie laar daar privaat klasse soos home schooling word en privaat mense hul leer

Vliegie ·

Wil mos lee beloftes maak…….nou gaan die res van die universiteite afgebrand word want hulle gaan nie die 8% verhoging wil betaal nie…..bose kringloop.

Scalla ·

Tipies, Was dit nie een van hul verkiesings beloftes nie en nou gooi hy die bal na die instansies, verskeie faktore is nie deur hom in ag geneem toe hy die uitlatings gemaak het nie. Swak

Jakes ·

Moet ASB die man nie betwyfel in sy uitsprake en beloftes. Vergewe hom en was sy voete, want hy leef alleen op sy planeet befonds met jou belastinggeld

Kleintjie ·

Ja as dit nie WETLIK verpligtend is nie, kan die studente mos nog steeds toy-toy EN weier om te betaal. Word hulle dan geskors brand hulle net eenvoudig die universiteite.

Kleintjie ·

Wat het geword van “daar was nie vir my geld om universiteit toe te gaan nie, so ek kon nie gaan verder leer nie”.
Ek weet van baie sulke gevalle.

Johannes ·

Kleintjie, daai “gevalle” het nooit durf geweld pleeg, staak, klippe gooi, geboue en biblioteke afbrand nie. Dit was nie in hulle kultuur en aard nie. Ook nie bakhand staan nie. Nee, hard werk en ander planne maak is wat hulle gedoen het. En vandag het baie van daai “gevalle” suksesvolle besighede of eerbare werke om vir hulle gesinne te sorg.

TM ·

Hierdie is die begin van die einde. Die bietjie vreedsaamheid wat nog op universiteite was is nou amptelik verby. Die universiteite kan nie bekostig om nie gelde te vra nie en die probleem studente wil nie betaal nie so al wat voorlê is verwoesting. Baie jammer dat dit tot op hierdie vlak gegaan het. Die meerderheid studente wil graag studeer en hulle beroepslewe begin maar die minderheid probleem studente ontneem nou almal se regte. Hoekom is daar nie strenger opgetree teen die studente toe hierdie ding begin kop uitsteek het nie? Maar hulle wil mos vir almal hulle sin gee behalwe vir die wat die regte ding doen en vreedsaam is.

William ·

Slim van hom want nou kan hulle hom nie blameer. As die universiteite afgebrand word nie sy skuld

GES ·

Lekker grootbek as kritiek gelewer kan word maar ʼnlafaard as hy die besluit moet neem. Lekker manier om weg te kruip en die universiteite voor te stoot. Hoe lank gaan hierdie sirkus nog aanhou?

Wikus ·

Tipies van die regering. Belowe alles terwille van stemme, maar nou dat die popo die fan strike gooi hul dit in n ander se court.

Lee-anne ·

ja, soos ek verstaan is dit die regering se verantwoordelikheid om die geld te verskaf vir die gratis onderrig. Wat die universiteit nodig het om te bly funksioneer, moet van die regering af kom. Hy maak nou of hy nie weet nie, maar die studente het getoitoi vir gratis onderrig: nie omdat die universiteit gratis onderrig moet verskaf nie, maar die REGERING.
En ja, almal in my familie was intelligent genoeg om universiteit toe te gaan 30jaar gelede, maar ons kon nie omdat ons ouers dit nie kon bekostig nie. Wat is nou anders? Ek sit klaar weer met die probleem: my slim kinders sal ook maar molet self potjie krap, want hul ouers gaan dit weer nie regkry om vir universiteitsopleiding te kan betaal nie.

Lee-anne ·

jammer vir die tikfout – uit pure frustrasie het my vinger per ongeluk ‘n ‘l’ ingedruk tussen die ‘e’ en ‘o’ van ‘moet’… ;-)

chrisp ·

Neem foto’s van ons eens puik universiteite so sal julle hulle nie weer sien nie. Brand gaan hulle brand en Wim en sy mede liberale” leiers” op ons kampusse gaan nou dalk(groot dalk)verstaan hoekom ons maar eerder ons eie instellings wil en gaan bou.Hy moet egter nie aansoek doen vir werk hier as sy US vernietig is nie.

Anoniem ·

Ja nee kyk…kom ons wag eers gou ons hande in onskuld….So gaan hul uit haal hul beloftes wil kom….Hier kom groot…………

Johann ·

So wat is volgende op die pass the blade buck? ANC belowe verniet verniet…en die “verskaffers” moet maar opdik? Water…elektrisiteit…medies…kos…..maak maar n lys.

Adoons ·

Vat die kwaadstokers vas met ‘n ystervuis – dis die enigste taal wat hulle verstaan!

Thomas ·

Klink na oorlog, Adoons. Miskien moet die weermag ingeroep word…

hans ·

Volgens berigte gaan groot geldelike toegewings gemaak word. Vertrou dat waar sulke geldelike toegewings toegestaan word die student asook familie se inkomste deeglik ge-oudit (deur onafhanklike ouditeurs) gaan word om kansvatters uitteskakel.

M'Lady ·

Ag universiteit grade deesdae, is in elk geval nie die papier werd, waarop dit gedruk is nie. Het met baie sogenaamde “interns” gewerk met grade . Hulle het absoluut niks geweet van die vakgebied waarin hulle studeer het nie. So “waste of money”. Het ook nie belanggestel om iets te leer nie. Wou net heeldag agter die “computer” sit.

Rynhardt ·

Blade Nzimande met standard4 het sopas gewys met 8% verhoging dat hy en Anc weereens gaan sorg vir groter geweld en moleste wat voorle!Die Anc het gratis ondetwys belowe en het sy eie ondersteuners in die rug gesteek.Op SABC3 het studente dit duidelik gemaak hul wil gratis onderrig he! Anc julle neem SA na ellende!

Karel ·

Hier is Afrika nou op sy beste. Alles moet verniet wees. Ons gaan universiteit toe, kry ‘n graad en wil dan ‘n bestuurs pos hê met ‘n “notebook”, ‘n selfoon en al die ander “perks”. Dan kan ons nie die werk doen nie en konsultante word teen astronomiese fooie aangestel om dit te doen. Maar die regering pluk nou die vrugte wat hy self gesaai het.

dok ·

Wat kan ek se sonder dat Maroela dit verwyder. Blade en Wim kop in een mus. Het nie die integriteit van n dag nie. Wim het mos gese en aangemoedig dat studente moet protesteer. Kry vir julle. Nou ly ander studente met breins daaronder. Wat n patetiese spul. Ek het geen respek vir die twee nie en sonder respek is jy niks.

Prad Bitt ·

Ek gee glad nie om as hulle die universiteite afbrand nie want dit was nog altyd net vir rykes beskore, maar as hulle die NI gaan afblok en die ekonomie gyselaar hou soos hulle beplan, gaan ek my begin vererg.

Thomas ·

Dis nou kortsigtig, Prad. Sonder universiteite sou ons nog op grondpaaie gery het.

popeye ·

Daar is regtig geen oplossing vir hierdie #FeesMustFall – konsep nie. Dit was,is en sal nooit ekonomies haalbaar wees nie. Ek voorsien dat studente nou op mekaar gaan draai; die wat wil doen en die wat wil hê. Universiteite gaan aanvanklik brand, polisie gaan meer kragdadig optree, daar gaan selfs sterftes wees! Ek reken hierdie is nog ‘n bepalende besluit wat die ANC tot val gaan bring. Laat hulle (studente) maar blameer wie en wat hulle wil….hulle gaan hulself uithaal. Intussen broers en susters, stuur ons ons kinders na plekke soos Akademia en diesulkes. Vasbyt; dit gaan nog rowwer raak voordat dit sal beter gaan maar dit sal….!

abba ·

Hulle linkerbreine weet nie wat hulle regterbreine doen nie. Wat n patetiese lot. Dit is nou Blade en Wim. Daar is nie woorde nie.

Dup du Plessis ·

Enige redelike mens weet dat alles jaarliks duurder word……indien nie kan daar ook nie later deur werknemers van universiteite gestaak word vir groter salarisse nie……het dit al hoeveel keer gestel dat daar nie iets soos gratis/verniet is nie…..iemand anders betaal maar net daarvoor……..en is ek spyt dat my kind se geld betaal is met hierdie sirkus wat weer voor die eindeksamens begin

danie ·

My dogter studeer by n privaat instansie, en hulle gee jou die geleentheid om n eenmalige bedrag te betaal en sodoende bly jou kostes die selfde vir 2017. En as jy nie jou studie geld betaal nie, kan jy nie studeer nie, dis hoe eenvoudig dit kan wees.

Marina ·

Brand maar af … dit verhoog net die kanse op werkloosheid of hoe!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.