Klaskamers by Noordwes-skool verwoes in brand

Argieffoto

Argieffoto

Vier klaskamers by Itumeleng Primary School in Letlhabile naby Brits is in ʼn brand verwoes, het die departement van onderwys in Noordwes, Woensdag gesê.

George Marindi, waarnemende woordvoerder, het gesê die klaskamers het Maandagaand afgebrand en die plafonne, mure, kaste, swartborde, boeke, handboeke, lêers en dokumente is beskadig.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Sello Lehari, provinsiale LUR vir onderwys en sportontwikkeling, het die polisie gemaan om die ondersoek na die oorsaak van die brand te bespoedig. “Dit is ontstellend. Ons hoop dat ʼn verslag so gou as moontlik beskikbaar gemaak sal word. Ek is dankbaar vir die lede van die gemeenskap wat dadelik owerhede in kennis gestel het en self ingespring het om die brand te blus,” het Lehari gesê. “Dit is die tipe gemeenskap en ouerbetrokkenheid wat ons graag in alle buurte sal wil sien. Hulle het eienaarskap geneem vir hul skool.”

Die stoor, rekenaarlaboratorium en skoolsaal sal intussen vir klasse gebruik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lance ·

Die leiers van more brand alles ….blink toekoms vir almal

John ·

Onderrigsentrums smeul noord, suid, oos en wes. Dit lyk tog of baie leerders en studente verkies om onder bome onderrig te ontvang… sonder biblioteke in die omtrek. Baie boeke gee party mense skynbaar die ritteltits en angsaanvalle. Onthou tog die Afrika-son skroei… as iemand dit dalk dit sou oorweeg om die boomklaskamer se dak af te brand… Bome vat maklik 30 jaar om ‘n goeie skaduwee te gooi.

Jean ·

Toe die skole in die apartheidsjare gebrand het was dit INTERNASIONALE nuus, nou is dit maar net nog ‘n berig, en ek is seker as jy die hoeveelheid skole tel wat in die afgelope jaar gebrand het en die hoeveelheid wat in die apartheidsjare gebrand het, oorskry laasgenoemde beslis eersgenoemde. Waar is die buiteland nou? Waar is die redes vir die afbrand van skole? Toe dit teen Afrikaans uitgebrand is was dit ‘geoorloof’ en almal het simpatie gehad, nou dat dit vir geen rede uitgebrand word nie, word daar nie videos gemaak en die wereld ingestuur nie, waar is die fotos van die klipgooiende brandende massas nou? Haal dit darem BBC nuus?

Jean ·

Jammer, ek bedoel die hoeveelheid skole wat nou afgebrand word oorskry die hoeveelheid skole wat in die apartheidsjare afgebrand is ..

Janice ·

Ouers moet begin verantwoordelikheid vat vir hulle kinders se dade. As jou kind ‘n klas brand moet jy maar betaal daarvoor. Daar is geen gevolge vir hierdie nie. As jy iets brand kry jy net ‘n waarskuwing. Dit is nonsens.

Alida ·

Los uit laat hulle brand en stuur die kinders huistoe. Wat anders kan mens doen. Hulle WIL nie leer nie. Laat die wat wil leer tuis onderrig ontvang by die baie blanke onderwysers wat by die huis sit sonder werk agv hul velkleur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.