Klasse by Fort Hare opgeskort

Die Universiteit van Fort Hare. Foto: Twitter via @SAgovnews

Lesings is by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap opgeskort weens voortgesette gewelddadige betogings.

Philly Mapulane, voorsitter van die portefeuljekomitee oor hoër onderwys en opleiding, het gesê die komitee is baie besorg oor die verwikkelings. “Dit is teenstrydig met die gesprekke in die parlement op 3 Maart 2020 tussen die bestuur van die universiteit en studenteleierskap. Ons is ook besorg dat studente uit koshuise ontruim is. Dié besluit deur die universiteit stel studente bloot aan verdere veiligheidsrisiko’s buite die universiteit se perseel.”

Die komitee doen ʼn beroep op prof. Loyiso Nongxa, administrateur van die universiteit, om “beslissende leierskap” te toon om die situasie te takel.

Die portefeuljekomitee respekteer die reg van studente om te betoog, maar veroordeel die geweld, aggressie en vandalisme by talle universiteitskampusse die afgelope paar weke.

Mapulane maan die Universiteit van KwaZulu-Natal om sy registrasieperiode te verleng om seker te maak die 3% van studente, wat nog nie geregistreer het nie, word ook geakkommodeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lorna ·

Eerste eksamen vraestel ……….
Hoe om n plakkie te klap

Dries ·

Die studente word uit koshuise verwyder juis om eiendom te beskerm, hulle het dan reeds gewys hulle sal enige iets vandaliseer om ‘n punt te bewys. So die ‘komitee’ moet darem rerig wakker skrik.

Moedeloos ·

En wie ly hieronder. Die ouers en kinders wat rerig wil studeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.