Klasse gestaak toe gemeenskap skool bestorm

Die Intuthuko Senior Secondary School. Foto: ANA.

Skoolaktiwiteite is Vrydag by die Intuthuko Senior Secondary School in die Maphotla-nedersetting naby Siyabuswa in Mpumalanga ontwrig toe ʼn groep lede van die gemeenskap die skool se perseel bestorm en die afdanking van die hoof geëis het.

Hulle beweer hy het nie sy pligte nagekom nie.

Jasper Zwane, provinsiale woordvoerder van die departement van onderwys, het aan African News Agency gesê die skoolaktiwiteite is ook Donderdag ontwrig.

“Die departement het ʼn lys van griewe vervat in ʼn memorandum van die gemeenskap ontvang en ondersoek tans die geloofwaardigheid van die aantygings wat teen die hoof gemaak is,”’ het Zwane gesê.

Zwane het gesê die departement sal die gemeenskap inlig omtrent die bevindings sodra die ondersoek afgehandel is. Hulle verwag ook dat skoolaktiwiteite sonder ontwrigtings Maandag sal voortgaan.

Hy het nie onmiddellik die naam van die hoof of die aard van die gemeenskap se bekommernisse bekend gemaak nie.

Toe ANA Vrydag by die skool opdaag was daar sowat tien lede van die gemeenskap op die perseel asook kinders wat daar rondgeloop het terwyl ander op pad was huis toe.

Sifiso Mgidi, leier van die groep, het gesê die hoof het verlede jaar geweier om met lede van die gemeenskap te vergader om kwessies rondom die skool te bespreek.

“Sommige ouers het goeie idees gehad wat gebruik kon word om die skool te verbeter, maar die hoof het hulle nie kans gegee om daardie idees te deel nie. Hy was sedert Woensdag nog nie eens by die skool om die leerders terug te verwelkom nie, het Mgidi gesê.

Een van hul griewe is glo dat die hoof gedurig kinders huis toe stuur en hulle aansê om die volgende dag saam met hul ouers terug te keer skool toe vir vergaderings – selfs al het hulle niks verkeerd gedoen nie.

ʼn Gr.12-leerder het gesê sy vrees dat sy nie die jaar gaan slaag nie.

Die hoof kon nie bereik word vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

PJC ·

Baie van die skoolhoofde is daar as gevolg van kaderontplooiing deur die ANC maar nog steeds stem die gemeenskap vir hulle so ek voel nou moet hulle maar die gevolge van hulle onnosele besluite verduur. Dit is seker maar soos dit werk in die lewe want die Afrikaners het hulle ook in die gemors ingestem waarin hulle vandag verkeer.

What a joke! ·

Ja dan kom dring hul weer aan dat afrikaanse skole na engles verander moet word…

Daan ·

Dit gaan net oor opvoeding en dissipline en in hierdie geval blyk daar geen te wees so die land is op n afwaartse kurwe

Dawid ·

Glad nie! Maar ons het die mense gewaarsku voor 92 al. En hulle het gedink dit sal NOOIT gebeer nie. En nou??

Jacques venter ·

Mense is so slim. Hulle kan met die minimum inligting n komplekste situasie ontleed en dit reduseer tot n enkele oorsaak.
Geniaal sou ek sê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.